Gereformeerde kerk Warmbad

Die Gereformeerde kerk Warmbad is ’n gemeente in die GKSA se Klassis Waterberg met sy middelpunt op die dorp Bela-Bela, wat eers as Warmbad bekendgestaan het. In 2015 het die gemeente 188 belydende en 45 dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 265 en 220 in 1960.

Gereformeerde Kerk
Warmbad
Sluit in Bela-Bela
Pienaarsrivier
Settlers
Spa Park
Caritas-versorgingsoord
St. Vincent-hospitaal
Bela-Bela-hospitaal
Rusoord-ouetehuis
Negester (Klein-Kariba)
Klassis Waterberg
Huidige predikant(e) Bernard Hattingh
Belydende lidmate 180
Dooplidmate 34
AdresH.v. Kwaggaweg en
Oosthuizenstraat
Bela-Bela
Geskiedenis
Stigtingsdatum 6 Februarie 1954
Afgestig van Waterberg
Eerste predikant Dirk van der Walt 1956 – 1966
Ds. Dirk van der Walt en sy gesin. Hy was die leraar van 1956 tot 1966.
Ds. Lood Snyman, leraar van 1966 tot 1975.
Ds. Hennie Venter, leraar van 1975 tot sy dood in 1978.

Eerste kerkiewysig

Het Bad, later Warmbad genoem, was eers ’n wyk van die Gereformeerde kerk Waterberg, wat in 1859 gestig is maar so ’n groot gebied beslaan het dat Nylstroom (Modimolle) eers baie jare later as die gemeente se middelpunt aangewys is. In 1943 het die ou moedergemeente se kerkraad besluit om ’n gebou op Warmbad op te rig waarin eredienste gehou kon word. Bouwerk het in April 1945 begin en so verrys ’n geboutjie van rooi bakstene met ’n grasdak wat eindelik net oor die £713 gekos het. Ds. H.J. Venter van die moedergemeente het die hoeksteen gelê en op 28 Julie 1945 is die kerkie in gebruik geneem. Op 6 Februarie 1954 het die wyke op en om Warmbad van Waterberg afgestig en ontvang Warmbad die kerkie as bruidskat.

Tweede kerkwysig

In September 1962 het die gemeente besluit om ’n groter, meerdoelige gebou op te rig. Smit en Viljoen is as argitekte aangestel en Kense en Clasquin as bouaannemers. Die hoeksteen is op 28 April 1964 gelê en in Augustus van die volgende jaar is die gebou in gebruik geneem. W. Groothof het die Kanselbybel geskenk.

Hierdie kruiskerk se ontwerp bestaan uit vier A-vorm-fasades in elke windrigting en ’n losstaande toring. Aan die begin was daar nie ’n orrel nie, want dié is eers ’n jaar later agter in die kerk ingebou. Destyds het die gemeente die ou gebou vir vergaderings gebruik, maar talle pogings om dit tot nasionale gedenkwaardigheid te laat verklaar, het misluk. Eindelik is dit toe verkoop en omstreeks 2010 is dit as ’n woonhuis gebruik.

Predikantewysig

  1. Van der Walt, Dirk Jacobus, 1956 – 1966
  2. Snyman, Johannes Lodewikus Jakobus, 1966 – 1975
  3. Venter, Hendrik Johannes Stephanus, 1975 – 23 Desember 1978 (oorlede in die amp)
  4. Aucamp, dr. Marius, 1979 – 1985
  5. De Villiers, Izak Jacobus Johannes, 1986- 1990
  6. Nel, Petrus Johannes, 1990 – 2005
  7. Hattingh, Hermanus Bernardus, 2006 – hede

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media