Gereformeerde kerk Viljoenskroon

Die Gereformeerde kerk Viljoenskroon is die sewende oudste gemeente in die GKSA se Klassis Noord-Vrystaat. Einde 2015, toe hier net 22 belydende en een dooplidmaat was, was dit die kleinste van die 22 gemeentes in dié Klassis. In 1960 het die belydende lidmate 114 getel en die dooplidmate 108 en in 2001 onderskeidelik 55 en 15.

Gereformeerde kerk
Viljoenskroon
Sluit in Vierfontein
Viljoenskroon
Denominasie Gereformeerd
Klassis Noord-Vrystaat
Huidige predikant(e) N.G. (Nic) Laubscher (huldiens)
Belydende lidmate 22
Dooplidmate 2
AdresPiet Retiefstraat 52
Viljoenskroon
Geskiedenis
Stigtingsdatum 1940
Afgestig van Parys
Eerste predikant G.H.J. Kruger (1940–'45)
Die Gereformeerde kerk Viljoenskroon se hoeksteen is op 15 Mei 1937 gelê.
Ds. Flippie Snyman, die leraar van 1970 tot 1976.
Ds. Jan Hendrik Boneschans,leraar van 1953 tot 1955, sy laaste gemeente.
Dr. Dion Kempff, die leraar van 1957 tot 1963.
Ds. J.J. Venter, die leraar van 1963 tot 1966, waarna hy die bediening verlaat het.
Ds. P.C. Snyman, leraar van 1967 tot 1969.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog is ’n predikant van die Gereformeerde Kerk beroep om die dorpe Vredefort, Parys, Bothaville en Hoopstad te bedien. Eers in 1920 is die dorp Viljoenskroon gestig en het dit ’n wyk van die Gereformeerde kerk Parys geword. Danksy enkele lidmate in die omgewing is ’n kerkgebou op Viljoenskroon gebou. Oudl. J.C. Naudé het die hoeksteen van dié gebou op 15 Mei 1937 gelê. Omdat dit destyds nie meer regverdig geblyk het om eredienste op Vredefort te hou nie, is die preekstoel, banke, Nagmaaltafels en stoele daarvandaan na Viljoenskroon oorgeplaas.

In 1940 het die wyk Viljoenskroon van die Gereformeerde kerk Parys afgestig as die Gereformeerde kerk Viljoenskroon. In 1985 is die kerkgebou opgeknap en die ou banke vervang. ’n Elektroniese orrel is aangekoop. Tussen die banke in die kerk met sy uitsonderlike, vierkantige toring, is nog gehoorstukke uit vergange se dae.

Predikantewysig

  1. Boneschans, Jan Hendrik, 1953 – 1955 (aanvaar sy emeritaat)
  2. Kempff, dr. Dionysius, 1957 – 1963
  3. Venter, Jacobus Johannes, 1963 – 1966
  4. Snyman, Philippus Christoffel, 1967 – 1969
  5. Snyman, Philippus, 1970 – 1976
  6. Coetzee, dr. Carel Frederick Christoffel, 1976 – 1982 (in kombinasie met Bothaville)
  7. Jordaan, dr. Gert Johannes Cornelis, 1982 – 1986 (in kombinasie met Bothaville)
  8. Du Plessis, dr. Wynand Petrus, 1986 – 1992 (in kombinasie met Bothaville)
  9. Franck, Jules Edgard, 1992 – 2000 (in kombinasie met Bothaville)

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media