Gereformeerde kerk Vaalwater

Die Gereformeerde kerk Vaalwater is die negende oudste gemeente in die GKSA se Klassis Waterberg. Einde 2015, toe hier 134 belydende en 44 dooplidmate was, was dit die naaskleinste van die Suid-Afrikaanse gemeentes in die klassis waartoe ook vyf Namibiese gemeentes behoort. Die middelpunt van die gemeente is op die nedersetting Vaalwater in Limpopo.

Gereformeerde Kerk
Vaalwater
Sluit in Alma
Bulgerivier
Melkrivier
Vaalwater (dorp)
en omgewing
Klassis Waterberg
Huidige predikant(e) vakant
Belydende lidmate 122
Dooplidmate 34
AdresH.v. Bosman- en
Kirkmanstraat
Vaalwater
Geskiedenis
Stigtingsdatum 6 Desember 1958
Afgestig van Waterberg
Eerste predikant J.T.C. Snyman 1959–1961
Die Gereformeerde kerk op Vaalwater.
Ds. Lood Snyman, leraar van 1975 tot 1991, toe hy sy emeritaat aanvaar.

Die dorpie Vaalwater lê aan die oewer van die Mogolrivier, noordwes van Modimolle. Op 6 Desember 1958 het die gemeente van die Gereformeerde kerk Waterberg afgestig. Net ’n jaar later het die jong gemeente besluit om ’n kerk te bou.

In Maart 1960 het die boukommissie die terrein besoek en ds. J.T.C. Snyman die eerste pen ingeslaan. Die gemeente sou self onder leiding van oudl. J. Bekker bou. Daar is beplan vir ’n gebou met sitplek vir 160 kerkgangers. Dit is binne vyf maande voltooi en op 9 Julie 1960 in gebruik geneem as die eerste kerkgebou op Vaalwater.

Die losstaande toring is iets besonders: Bo-op ’n A-vormige spitsdakkie is nie die gebruiklike weerhaan nie, maar ’n troffel, ’n simbool van bouwerk.

Predikantewysig

  1. Snyman, Johannes Lodewikus Jakobus, 1975 – 1991 (aanvaar sy emeritaat)
  2. Van der Walt, Marthinus Johannes, 1991 – 1998 (verlaat die bediening)
  3. Berg, Jan Albert, 2003 – 2017
  4. Vogt, E.J. (Ernest), 10 Junie 2017 – Maart 2024

Bronnewysig

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media