Gereformeerde kerk Tsumeb

Die Gereformeerde kerk Tsumeb is ’n Gereformeerde gemeente op die Namibiese dorp Tsumeb, maar dit sluit ook die dorpe Oshakati (waar die plaaslike Gereformeerde gemeente net van 1988 tot 1990 bestaan het), Ruacana en Namutoni in.

Gereformeerde kerk
Tsumeb
Sluit in Namutoni
Oshakati
Ruacana
Tsumeb
Klassis Etosha
Huidige predikant(e) vakant
Belydende lidmate 141
Dooplidmate 61
AdresVyfde Laan
Tsumeb
Namibië
Geskiedenis
Stigtingsdatum 26 Maart 1955
Eerste predikant M.W. van der Walt
1956–1958
Die Gereformeerde kerk Tsumeb, in gebruik geneem op 4 Maart 1967.
Die kerk pas nadat dit voltooi is.
Ds. Landman Vogel, leraar van 1977 tot '84.
Dr. Kobus van Tonder, leraar van 1984 tot 1990.

Die Gereformeerde kerk Tsumeb is op 26 Maart 1955 gestig, in dieselfde jaar as die gemeentes Otjiwarongo en Biermanskool (destyds bekend as Vanjaarsveld). Eers is eredienste in die laerskoolsaal gehou, terwyl die sportterrein benut is as kampeerplek vir kerklike aktiwiteite. In 1957 het die kerkraad ’n erf by die plaaslike myn, die Tsumeb Corporation, aangekoop vir die nominale bedrag van £1. Eredienste is in daardie stadium in die Hervormde gemeente, wat op 2 Desember 1950 gestig is, se kerkgebou gehou. Die plan van Nelspruit se kerk is as bouplan vir ’n saal/kerk voorgestel, maar die gemeente het nie toe al tot bou gekom nie. In 1960 is ’n vergadering gehou om te sluit of die gebou ’n saal of kerk sou wees, maar ’n finale besluit is nie geneem nie.

In 1962 het die gemeente weer aandag aan kerkbou gegee en J.P. van Graan, ’n myningenieur, het die plan opgestel, waarna die munisipaliteit dit goedgekeur het, maar nog twee jaar sou verloop voor die bouwerk eindelik begin het. Weens dié tydsverloop moes ’n nuwe plan opgestel en goedgekeur word. ’n Lidmaat, B. Hurter, was die argitek, terwyl Van Zyl en Schwalm as bouaannemer aangestel is.

Die gebou wat die gemeente eindelik gekry het, is ’n A-raam-tipe met ’n staalraam en lae vensters, sonder ’n toring. Nog ’n lidmaat, ene Strydom, was verantwoordelik vir die maak van die banke. Die kerkerf is in 1966 geproklameer en op 4 Maart 1967 is die kerkgebou in gebruik geneem. Op daardie dag het dit so gereën, die amptelike seremonie waartydens die deur oopgesluit sou word, kon nie plaasvind nie.

In 1978 het die gemeente besluit om die kerkgebou te vergroot. ’n Orrel, soortgelyk aan Grootfontein s’n, is uit Suid-Afrika bestel, nes die nuwe kerkbanke. Die orrel wat later afgelewer is, was tweedehands. Die kerkraad het dit aanvaar, maar daar is vergeet om die swelkas saam te stuur. Reëlings moes toe getref word om dit met ’n militêre vliegtuig tot op Grootfontein te bring. Dié eienaardige voorwerp het heelwat konsternasie onder die weermag veroorsaak omdat dit (vir hulle) na ’n Russiese militêre voorwerp gelyk het. Ná heelwat mooipraat kon die gemeente darem toe hul orrel se swelkas kry.

Predikantewysig

  1. Du Plessis, Pieter Johannes Lodewyk, 1966–1970
  2. Venter, Jurie Johannes, 1972–1976 (in kombinasie met Otjiwarongo)
  3. Vogel, Landman van der Merwe, 1977–1984
  4. Van Tonder, dr. Jacobus Machiel, 1984–1990
  5. Du Plessis, Lourens Stephanus Daniël, 1991–1999
  6. Kruger, Izak Jacobus Vorster, 2000–2008 (aanvaar sy emeritaat)
  7. Du Plessis, Jan Barend, 2008–2013 (in kombinasie met Grootfontein; aanvaar sy emeritaat)
  8. Van Jaarsveld, Ernst Jacobus (Janre), 2015–2021

Bronnewysig

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media