Gereformeerde kerk Secunda-Oos

Die Gereformeerde kerk Secunda-Oos was die tweede gemeente van die GKSA op die nywerheidsdorp Secunda in Mpumalanga en het, buiten die oostelike dele van die dorp, ook Trichardt en Charl Cilliers ingesluit.

Die gemeente het in 1981 afgestig van die Gereformeerde kerk Secunda, wat self net twee jaar vantevore uit die Gereformeerde kerk Evander ontstaan het. Secunda-Oos het nooit haar eie kerkgebou gehad nie, maar steeds die kerkgebou van die moedergemeente op die hoek van Goedehoop- en Bosjesspruitstraat op Secunda gedeel, die eerste kerkgebou op die dorp. Die twee gemeentes het saam aanddiens gehou, maar Secunda se oggenddiens was byvoorbeeld in 1997 om 08:30 en Secunda-Oos s’n 10:15.

Nadat Secunda-Oos in 2006 by Secunda ingelyf is, moes die kerkgebou vergroot word deur die aanbring van ’n galery om al die kerkgangers tydens die gesamentlike oggenddiens te huisves. In 2016 het die saamgestelde gemeente twee predikante gehad wat in elk van die voormalige gemeentes se pastorie gewoon het. Evander het omstreeks dieselfde tyd as Secunda-Oos deel van Secunda geword.

Die verdeling tussen Secunda-Oos en Secunda was blykbaar deurentyd baie gelykop: In 1997 het Secunda-Oos 'n sieletal van 543 gehad en Secunda 560; in 2001 was dit 541 en 517.

Predikantewysig

  1. Grové, dr. Andreas Hendrik, 1981 – 1990
  2. Tiemensma, Eduard Jacob, 1990 – 1999
  3. Oosthuizen, Ockert Almero,1999 – 2005

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media