Gereformeerde kerk Pretoria-Montanapoort

Die Gereformeerde kerk Pretoria-Montanapoort is die jongste van die agt gemeentes in die Gereformeerde Kerk se Klassis Trans-Magalies, wat die noordelike dele van die stad Pretoria beslaan. Dit was einde 2014 met ’n sieletal 512 die derde grootste gemeente in die klassis.

Gereformeerde Kerk
Pretoria-Montanapoort
Sluit in Montana
Montana-hoewes (deels)
Sinoville (deels)
Kenley-hoewes
Doornpoort (deels)
Klassis Trans-Magalies/
Trans Mogale
Huidige predikant(e) Pieter Heystek
Belydende lidmate 351
Dooplidmate 94
AdresHoewe 83
Stephanweg 655
Montana-landbouhoewes
Geskiedenis
Stigtingsdatum 30 Mei 1999
Afgestig van Pretoria-Magalieskruin
Eerste predikant P.H. Heystek (1999–hede)
Die kerkgebou was Pretoria-Magalieskruin met Pretoria-Magalieskruin deel.

Pretoria-Montanapoort het op 30 Mei 1999 van die Gereformeerde kerk Pretoria-Magalieskruin afgestig, wat op sy beurt op 28 Mei 1977 van die Gereformeerde kerk Pretoria-Annlin afgestig het. Die gemeentes het ooreengekom dat albei die Magalieskruin-kerkkompleks sou gebruik en dit gelykop sou besit. Op die oomblik (2017) hou Magalieskruin hul eredienste om 10:00 en 19:00 en Montanapoort om 08:00 en 17:30.

Magalieskruin het kort ná afstigting besluit om ’n kerkgebou op te rig en drie jaar later is die hoeksteen gelê. Die kerk is op 14 Februarie 1981 in gebruik geneem. Die argiteksfirma Hartman en Van der Walt het die plan opgestel en die bouaannemer was ’n lidmaat, Johan van Dyk, maar gemeentelede het baie van die werk self gedoen, byvoorbeeld die maak van die preekstoel, die groot skuifdeure en die tuin se uitleg. Die gebou bied sitplek aan 415 mense en, wanneer die skuifdeure tussen die kerk en saal oopgeskuif word, nog 300. Op die galery is plek vir nog 85 vir ’n totaal van 800. SA Orrelbouers het die orrel uit verskeie ander orrels opgebou.

Montanapoort beslaan onder meer die woonbuurte Montana, Montana-kleinhoewes, ’n gedeelte van Sinoville en ’n gedeelte van Doornpoort. Voor die afstigting van Montanapoort het Magalieskruin 'n sieletal van 1 054 gehad. Einde 2001 was Magalieskruin se sieletal 467 en Montanapoort s'n 586 ('n totaal van 1 053). Einde 2014 was Magalieskruin se sieletal 528 en Montanapoort s'n 512, vir 'n totaal van 1 040.

Predikantwysig

  1. Heystek, dr. Pieter Hendrik, 1999 – hede (oorgekom vanaf die moedergemeente, Pretoria-Magalieskruin, waar hy leraar was sedert 1989)

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media