Gereformeerde kerk Pretoria-Meintjeskop

Die Gereformeerde kerk Pretoria-Meintjeskop is die derde jongste gemeente in die Gereformeerde Kerk (GKSA) se Klassis Pretoria-Moot.

Gereformeerde Kerk
Pretoria-Meintjeskop
Sluit in Riviera, Queenswood, Kilnerpark, TUT- en Tukkies mediese koshuise
Klassis Pretoria-Moot
Huidige predikant(e) Vakant
Belydende lidmate 156
Dooplidmate 33
AdresRosestraat 39, Riviera, Pretoria
Geskiedenis
Stigtingsdatum April 1963
Afgestig van Pretoria
Eerste predikant J.P. Coetzee (1963–1999)

Dié gemeente, net noord van Meintjeskop en van die Uniegebou, is in April 1963 gestig. Anders as die NG gemeente Meintjeskop (1964), wat ’n baie beperkte geografiese gebied rondom Arcadia beslaan het en dan ook weens demografiese verskuiwings in die omgewing by Arcadia ingelyf is, sluit die Gereformeerde kerk Pretoria-Meintjeskop heelwat meer voorstede of buurte in: Riviera, Rietondale, Queenswood, Kilnerpark, en gedeeltes van Arcadia, Capital Park, Prinshof en Villieria. Ten spyte van dié betreklik groot gebied vir ’n stedelike gemeente het Pretoria-Meintjeskop in 2020 net 178 belydende en 31 dooplidmate gehad, vergeleke met 270 en 65 sowat 20 jaar tevore.

Aanvanklik is die gemeente se eredienste in die SA Vrouefederasie se Saamstaansaal gehou. Daarna was die skoolsaal van die Laerskool Riviera by Rosestraat 11 jaar lank die gemeente se kerkplek. Wes van die saal, aan Voortrekkersweg, staan vandag nog ’n mooi voorbeeld van die Art Deco-boustyl wat jare lank die tuiste van die Paul Kruger-kinderhuis was. Die Deputate Diakonale Sake, eienaar van die kinderhuis se eiendom, het toestemming verleen dat die gemeente ’n kerk op die grond mag bou, maar daar was min belangstelling.

Later is effens verder oos, in Rosestraat, twee erwe gekoop en die huise daarop gesloop. Hier het ’n interessante, ronde ontwerp met ’n koepeldak verrys. Die argitek was Cor Swart, ’n lidmaat van die gemeente wat in die omgewing grootgeword het. Die SA Orrelbouers-orrel is teenoor die preekstoel op die galery geplaas. Die kerk, met sy suiwer lyne en geverfde, gekurfde mure, toon ooreenkomste met Le Corbusier se Notre Dame du Haut. Die gemeente het as eienaarbouer opgetree terwyl die firma Knoessen en Gerber verantwoordelik was vir die uitdagende betonkonstruksie.

Dié kerkgebou, wat om die een of ander rede nie ’n hoeksteen gekry het nie, is in Mei 1975 in gebruik geneem. Dis net 'n straatblok of wat vanaf die NG kerk Riviera-Jakaranda. Die buurte waaruit die Gereformeerde kerk Meintjeskop bestaan, stem min of meer ooreen met dié van die Nederduitsch Hervormde Kerk se moedergemeente Pretoria.

Predikantewysig

  1. Coetzee, Johannes Petrus, 1963–1999 (aanvaar sy emeritaat)
  2. De Beer, Hendrik Johannes Petrus, 1999–2010
  3. Smit, Barend Christiaan, 2010 – 31 Maart 2024

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media