Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant

Die Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant is die vierde jongste van die 11 gemeentes in die Gereformeerde Kerk se Klassis Oostelike Pretoria. In dié klassis was dit einde 2014 die derde grootste gemeente met 462 belydende en 91 dooplidmate, vergeleke met 681 en 132 einde 2001. Die sieletal het dus binne die eerste 13 jaar van die 21ste eeu met amper ’n derde afgeneem.

Gereformeerde Kerk
Pretoria-Alkantrant
Sluit in Alphen Park
Ashlea Gardens
Constantiapark
Faerie Glen (nie uitbreidings)
Hazelwood
Lynnwood Glen
Lynnwood Park
Maroelana
Menlyn
Newlands
Waterkloof Glen
Klassis Oostelike Pretoria
Huidige predikant(e) Dirk Kotzee (sedert Nov. 2015)
Belydende lidmate 377
Dooplidmate 85
AdresKoelmanweg 168
Ashlea Gardens
Pretoria
Geskiedenis
Stigtingsdatum 3 November 1974
Afgestig van Pretoria-Brooklyn
Eerste predikant A. Le Roux du Plooy (1975–1986)

Die gegoede voorstede en woonbuurte binne die gemeente se grense is onder meer Alphen Park, Ashlea Gardens, Constantiapark, Faerie Glen (sonder sy uitbreidings), Hazelwood, Lynnwood Glen, Lynnwood Park, Menlyn, Newlands en Waterkloof Glen.

Pretoria-Alkantrant het op 3 November 1974 uit die oostelike wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn afgestig. As bruidskat het die nuwe gemeente twee erwe in die woonbuurt Ashlea Gardens ontvang wat geskenk is deur Harm Oost en die familie Koelman. Oudl. Koelman was juis die eerste lidmaat wat uit die kerk begrawe is en die straat waarin die kerk opgerig is, is dan ook na hom genoem. Eers is eredienste in skoolsale gehou en in April 1978 het die kerkraad ’n tender vir die oprigting van die kerk aanvaar.

Daar was geen sprake van simboliek in die plan, wat ontwerp is deur die firma Hartman, Van der Walt en Vermooten, nie. Dit bied sitplek aan sowat 500 kerkgangers, maar wanneer die konsistorie se skuifdeure oopgemaak word, is daar plek vir nog 80. Daar was voorheen ’n skaapkraal op wat die kerkperseel geword het, iets wat voordelig was vir die ontwikkeling van die tuin.

Ds. A. Le R. du Plooy het die kerkgebou se hoeksteen op 23 September 1978 gelê en sewe maande later kon die gebou in gebruik geneem word. Ná aanbouing kon die vergrote saal-konsistorie-kompleks op 30 Junie 1991 ingewy word.

Predikantewysig

  1. Du Plooy, Andries Le Roux, 1975 – 1986
  2. Ligthelm, Nicolaas Willem, 1986 – 2014
  3. Kotzee, Dirk, November 2015 – hede

Bronnewysig

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media