Gereformeerde kerk Port Elizabeth

Die Gereformeerde kerk Port Elizabeth is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk in die Oos-Kaapse hawestad Port Elizabeth (nou Gqeberha).

Gereformeerde Kerk
Port Elizabeth
Sluit in Port Elizabeth
Klassis Karoo-Kei
Huidige predikant(e) Karel Steyn
Belydende lidmate 354
Dooplidmate 71
AdresH.v. Southey- en
Brunswickstraat
Adcockvale
Port Elizabeth
Geskiedenis
Stigtingsdatum 21 Desember 1929
Afgestig van Middelburg, Kaap
Eerste predikant J.F. du Plooy 1933–1936
Die Gereformeerde kerk Port Elizabeth.
Ds. en mev. W. Venter, die leraarspaar van 1950 tot 1952.
Dr. Sarel Jacobus du Plessis, leraar van 1946 tot 1947.
Ds. Willem Venter, leraar van 1950 tot 1952.
Ds. Dirk Postma, leraar van 1988 tot 1996, sy vyfde gemeente.

Geskiedeniswysig

Port Elizabeth was eers ’n wyk van die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap, maar het op 21 Desember 1929 van dié gemeente afgestig. Van 1937 af het die gemeente ’n Duitse kerkie in die middedorp gehuur, wat 18 jaar gebruik is vir byeenkomste en eredienste. In 1958 het die gemeente die huidige kerkgebou in Adcockvale in gebruik geneem. Die argitek was Pieter van Rooyen, ’n lidmaat van die gemeente.

Eers in 1973 kon die gemeente ’n orrel in gebruik neem. In 1978 het die ingebruikneming van ’n gemeentesentrum langs die kerkgebou aan die beurt gekom. In 1991 het die kerkraad as bouaannemer opgetree tydens die vergroting van die kerkgebou met twee vleuels.

Lidmaattalwysig

Die jaartal by die onderstaande syfers dui op die jaar waarin dit in die Gereformeerde Kerk se Almanak verskyn het; nie op die jaar waarin die lidmate getel is nie.

JaartalDooplidmateBelydende Lidm.Sieletal
195996141237
1998118417535
200289370459
201298400498
201485401486
201777396473

Predikantewysig

  1. Du Plooy, Jan Frederick, 1933 – 1936 (leraar van Oos-Londen)
  2. Kruger, Herculaas Frederik Venter, 1937 – 1942 (leraar van Oos-Londen)
  3. Du Plessis, dr. Sarel Jacobus, 1946 – 1947
  4. Snyman, Nicolaas Tjaart, 1948 – 1949
  5. Venter, Willem, 1950 – 1952
  6. Venter, dr. Mechiêl, 1954 – 1958
  7. De Bruyn, Frans Roelof Petrus, 1958 – 1964
  8. De Wet, Petrus Johannes, 1964 – 1971
  9. Venter, Petrus Albertus, 1971 – 1981
  10. Kruger, Jan Adriaan, 1981 – 1988
  11. Postma, Dirk, 1988 – 1996
  12. Lion-Cachet, dr. Jan, 1996 – 2002
  13. Van Rooy, Henri Charles, 2002 – 2007
  14. Potgieter, Theunis Johannes, 2008 – 2022
  15. Steyn, Karel, 3 September 2022 – hede

Bronnewysig

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media