Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord

Die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord is een van twee oorwegend Afrikaanse gemeentes van die GKSA in die stad Polokwane, Limpopo. Dis die oudste van die drie. Einde 2015 was hier 304 belydende en 63 dooplidmate.

Gereformeerde kerk
Pietersburg-Noord
Sluit in Bendorpark
Eduanpark
Ladanna
Welgelegen
Provinsiale hospitaal
Hoërskool Noorderland
Hoërskool Tom Naudé
Militêre basis
Klassis Limpopo
Huidige predikant(e) J.N. Hibbert
Belydende lidmate 269
Dooplidmate 72
AdresAndrewstraat 219
Eduanpark
Polokwane
Geskiedenis
Stigtingsdatum November 1966
Afgestig van Pietersburg
Eerste predikant G.A. Hattingh 1967–1974
Die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord is moontlik deur Johan de Ridder ontwerp.
Ds. H.B. van der Walt as student in 1961. Hy was die leraar alhier van 1985 tot 2000.
Ds. Faan en mev. Magda Smit met hul kinders: (agter) Hendrikus en Mandi, (middel) Lisa, (voor) Faan jr. Hulle was die leraarspaar van 2008 tot 2013.
Dr. D.R. Fouché in sy laaste jaar aan die TSP, 1971. Hy was predikant hier van 1980 tot 1985, sy derde gemeente, waarvan 1983 tot 1985 in kombinasie met Dendron.

Die noordelike wyke van die Gereformeerde kerk Pietersburg het in November 1966 as die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord afgestig. Aanvanklik is eredienste in die Hoër Handelskool se saal gehou, maar kort voor lank het die gemeente planne beraam om ’n eie kerk op te rig. Die firma Hartman en Van der Walt sou die plan opstel en Ferreira en Seuns van Naboomspruit is as bouaannemer aangestel. (Volgens 'n ander bron was die argitek Johan de Ridder.)

Ses jaar nadat die gemeente gestig is en wel op 18 November 1972 is die hoeksteen gelê. Ses maande later, op 12 Mei 1973, is die gebou feestelik in gebruik geneem. Aan die begin het die gemeente ’n klok in die toring gebruik, maar nadat bewoners van die omliggende huise beswaargemaak het, het die kerkraad in opdrag van die stadsraad besluit om dit nie meer te lui nie. Dieselfde lot het ook die NG gemeente Pietersburg-Noord, gestig in 1950, getref.

In Maart 1974 het die gemeente ’n pyporrel van die firma Ferhle en Kie in gebruik geneem en 15 jaar nadat die hoeksteen gelê is (1987), is die saalkompleks in gebruik geneem. Dit vorm ’n binnehof met die kerkgebou, waarvan die hoofingang aan die binnehof front.

Predikantewysig

  1. Hattingh, Gerhardus Arnoldus, 1967 – 1974
  2. Aucamp, Lourens Daniël, 1975 – 1980 (in kombinasie met Dendron)
  3. Fouché Daniël dr. Rudolph, 1980 – 1983 (in kombinasie met Dendron; 1983 – 1985
  4. Van der Walt, Hendrik Bernardus, 1985 – 2000
  5. Buys, dr. Abraham Lodewikus Adriaan, 2001 – 2010
  6. Smit, Stephanus Johannes Marthinus Swanepoel, 2008 – 2013
  7. Lee, Johannes Lodewikus 2015 – 15 Julie 2018
  8. Hibbert, ds Josef Nienaber, November 2018 -

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media