Gereformeerde kerk Olifantshoek

Die Gereformeerde kerk Olifantshoek is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes. Einde 2015, toe hier 89 belydende en 18 dooplidmate was, was dit die agste kleinste van die 15 gemeentes in dié Klassis. Dis ’n geringe toename vergeleke met einde 2001, toe die getalle 80 en 17 was.

Gereformeerde Kerk
Olifantshoek
Sluit in Olifantshoek
Klassis Griekwaland-Wes
Huidige predikant(e) S.F.F. (Steve) van der Walt
In kombinasie met Kathu
Belydende lidmate 80
Dooplidmate 25
AdresVan Riebeeckstraat
Olifantshoek
Geskiedenis
Stigtingsdatum 23 April 1921
Afgestig van Postmasburg
Eerste predikant J.L. van der Merwe (1930–'39)
Vooraansig van die kerkgebou.
Die Gereformeerde kerk Olifantshoek.
Ds. E.W. Meyer (4 September 19203 Augustus 1998) en sy gesin. Hy was die leraar van 1955 tot 1959.

Eredienste is reeds van 1912 af op die plaas Gamyana en later in die pakkamer van Van Druten se winkel op Olifantshoek gehou. Op Saterdag 18 Oktober 1919 is die hoeksteen van die kerkgebou gelê waarop Afrikaanse bewoording vir die eerste keer voorkom: "Dit is van die Here geskied, dis lieflik voor ons oë" (Psalm 118:23). Op 23 April 1921 het die Gereformeerde kerk Olifantshoek dan ook van Postmasburg afgestig.

Verskillende kombinasies is gesluit: eers met Postmasburg op 5 November 1921 en daarna met Kuruman op 11 Oktober 1929. Van 1950 af was Olifantshoek in kombinasie met Daniëlskuil, later met Upington en eindelike met Sishen (later Kathu genoem). Tot in 2001 kon die gemeente hul eie predikant onderhou, maar sedertdien is hulle weer in kombinasie met Kathu.

Ten spyte van die moeilike depressie- en oorlogsjare kon die gemeente mettertyd die bouskuld aflos. Aan die begin was daar net agt eredienste per jaar, maar dit het toegeneem tot ’n erediens elke Sondag van 2008 af met die predikant wat om 09:00 die erediens lei op Kathu en om 11:00 op Olifantshoek. Leesdienste is vir die eerste keer in 1945 ingestel.

In 1963 is die kerkgebou vergroot in ’n tyd toe die sieletal sowat 380 was, vergeleke met die huidige (2015) 107. Hierdie projek is so beplan dat dit geensins afbreuk gedoen het aan die gebou se geskiedkundige voorkoms nie.

Predikantewysig

  1. Van der Merwe, J.L., 1930 – 1939
  2. Snyman, N.T., 1939 – 1943
  3. Van Wyk, R.S.J., 1945 – 1949
  4. Meyer, Ernst Walter, 1955 – 1959
  5. Van der Westhuizen, Willem Jacobus, 1960 – 1964
  6. Du Plooy, Jacobus Stephanus, 1964 – 1976
  7. Laufs, Dirk, 1977 – 1982
  8. Ligthelm, Gysbertus Johannes, 1983 – 2001; 2001 – 2005 (in kombinasie met Kathu; aanvaar sy emeritaat)
  9. Van der Walt, Stephen Francois Flemming, 2005 – hede (in kombinasie met Kathu)

Bronnewysig

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media