Gereformeerde kerk Middelburg-Noord

Die Gereformeerde kerk Middelburg-Noord was die tweede gemeente van die GKSA op die dorp Middelburg, Mpumalanga. Dis die tweede jongste van die 16 gemeentes in die Klassis Lydenburg. Einde 2015 was hier 220 belydende en 69 dooplidmate, vergeleke met 220 en 67 vier jaar vantevore.

Gereformeerde kerk
Middelburg-Noord
Sluit in Gedeelte van
Middelburg, Mpumalanga
Klassis Lydenburg
Huidige predikant(e) Zander van 't Zand (laaste)
Belydende lidmate 162
Dooplidmate 48
AdresH.v. Dahlialaan- en
Kameeldoringstraat
Middelburg, Mpumalanga
Geskiedenis
Stigtingsdatum 1982
Afgestig van Middelburg, Tvl.
Eerste predikant Dr. S.F. Kruger
(1982–2015)
Datum ontbind 22 November 2020

Die Gereformeerde kerk Middelburg-Noord het op 16 Mei 1983 van die toe 93 jaar oue Middelburg, Tvl., afgestig. In April daardie jaar het die kerkraad van die nuwe gemeente met die stadsraad ooreengekom dat hulle ’n 9 000 m2-deel van die park aan Dahlialaan vir die gemeente sou afsny en dit dan aan hulle te koop sou aanbied vir die oprigting van ’n kerkgebou. Hierdie plan is in Augustus 1985 afgehandel en die kerkterrein aangekoop vir R26 000.

Die eerste gemeentevergadering is op 12 Junie 1983 gehou waarop die bou van ’n eie kerkgebou in die vooruitsig gestel is. Begin 1985 is ’n argitek aangestel, by name Koos Reyneke. In April 1985 is elke lidmaat individueel besoek en was die meeste ten gunste van kerkbou. Tydens dié besoeke het gemeentelede altesaam R15 000 vir kerkbou bygedra. In Februarie 1986 is tenders vir die oprigting van die kerk ontvang en daarna volg nog ’n gemeentevergadering waarna die kerkraad op 28 Mei 1986 saam met die diakonie vergader. Op voorstel van oudl. Gert Eloff word daar besluit om wel met kerkbou voort te gaan.

’n Sooispitgeleentheid is op 14 Junie 1986 gehou waartydens elke lidmaat teenwoordig ’n sooi gespit het. Einde September 1986 was die mure dakhoogte en in Desember was die dak reeds op. In die daaropvolgende maand het ’n fratswind die toring omgewaai, maar dit is gou weer opgerig. Die banke en matte is in April ingesit en op 10 Mei 1987 kom die lidmate vir oulaas in die skoolsaal bymekaar, want op Saterdag 16 Mei 1987 is die kerkgebou in gebruik geneem, tot op die dag vyf jaar ná die gemeente se stigting.

’n Rekenaarorrel is geïnstalleer en Willem Luitingh het as orrelis opgetree. Die kerkgebou het R350 000 gekos nadat lidmate ruim geskenk het, byvoorbeeld sand en sement. ’n Lening van R300 000 is dus aangegaan.

Tydens die beplanning van die kerkgebou is sekere beginsels in gedagte gehou: geen luukses nie, niks onnodigs nie, heelwat meerdoelige lokale en die gebou moes voorsiening maak vir alle vorme van gemeentelike aktiwiteite.

Predikantewysig

  1. Kruger, dr. Stephanus Francois, 1982 – 2015
  2. Van 't Zand, Zander, 2016 – hede

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media