Gereformeerde kerk Kimberley

Die Gereformeerde kerk Kimberley is die vierde grootste gemeente in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes en die vyfde oudste van die 18 gemeentes.

Gereformeerde Kerk
Kimberley
Sluit in Kimberley
Klassis Griekwaland-Wes
Huidige predikant(e) H.J. Briel
Belydende lidmate 224
Dooplidmate 46
AdresOrtleppstraat 2
Monumenthoogte
Welkom
Geskiedenis
Stigtingsdatum 1936
Afgestig van Postmasburg
Eerste predikant Dr. J. Postma 1946–1949
Die gemeente se huidige kerkgebou.

Stigtingwysig

Die ou Anglikaanse kerk St. John was die gemeente se tuiste van 1939 tot 1973.

Van 1894 tot 1936, toe Kimberley as konsulentsgemeente van De Aar gestig is, is die enkele Gereformeerdes in die Diamantstad deur besoekende predikante besoek en dienste in verskeie huise en sale gehou, onder meer die Templar Hall en die Lutherse kerk. In 1933 breek ’n beter dag vir die plaaslike Doppers aan toe ds. J.H. Kruger van die Gereformeerde kerk Postmasburg, ten spyte van die afstand van 200 km tussen die twee plekke, aanbied om die lidmate gratis te bedien mits hulle ’n eie kerkgebou oprig. Twee lidmate, ene Aucamp en Muir, het die De Beers-maatskappy om grond en ’n skenking genader, wat toegestaan is.

Eerste en tweede kerkgebouwysig

Die tweede kerkgebou, einde 2017.

Op ’n erf in Bultfonteinweg is ’n gebou opgerig wat op 22 Februarie 1936 in gebruik geneem is, die stigtingsdag van die gemeente. Die Aucamp-gesin het ’n traporreltjie geskenk. Die gemeente het vinnig gegroei en op 30 Julie 1939 is besluit om die St. John-kerkgebou van die Anglikaanse Kerk aan te koop. In 1950 is dié gebou met ’n konsistorie vergroot en van nuwe banke voorsien.

Derde kerkgebouwysig

Ná sowat 30 jaar het ook dié gebou te klein geword. Eers het die kerkraad beplan om ’n galery aan te bring, maar dit sou net tydelik help. Daar is toe besluit om ’n nuwe kerkgebou op te rig en wel op ’n erf wat vir dié doel aangekoop is in die woonbuurt Monumenthoogte. Hans Koorts van Bloemfontein is as die argitek aangestel en W. van Rensburg as bouaannemer. Die ou gebou is verkoop, maar die orrel is wel daaruit na die nuwe gebou oorgeplaas. Die nuwe kerk is op 8 September 1973 in gebruik geneem.

Lidmaattalwysig

Kimberley se sieletal het van 467 in die GKSA se eeufeesjaar (1959) tot 455 einde 2014 afgeneem, maar dié geringe afname is net te wyte aan die krimpende kindertal, want die dooplidmate was destyds 187, maar 55 jaar later net 98, terwyl die belydende lidmate toegeneem het van 280 tot 357. Die sieletal het intussen wel by minstens 700 gaan draai, want in 1997 was hier 521 belydende en 187 dooplidmate. Die gemeente het dan ook meerdere bediening (meer as een predikant) gehad van 1980 tot 2003.

Predikantewysig

  1. Postma, dr. Johannes, 1946 – 1949
  2. Van Wyk, Rudolf Stefanus Jacobus, 1949 – 1953
  3. Du Plessis, Willem Jacobus Ignatius Michael, 1956 – 1965
  4. Van der Walt, dr. Jan Jacobus, 1966 – 1975
  5. Ras, dr. Jan Louis, 1976 – 2003 (aanvaar sy emeritaat)
  6. Aucamp, Lourens Daniël, 1980 – 1984
  7. Verhoef, Gabriël Cornelis, 1985 – 1992
  8. Jordaan, Johan Henry, 1998 – 2008
  9. Noëth, Johannes Georg, 2010 – 2013
  10. Venter, Lourens Johannes Erasmus, 2014 – 2019
  11. Briel, Hendrik Johannes, 26 Januarie 2020 – hede

Galerywysig

Bronnewysig

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media