Gereformeerde kerk Graaff-Reinet

Die Gereformeerde kerk Graaff-Reinet is die jongste en naaskleinste van die 12 gemeentes in die GKSA se Klassis Karoo-Kei.

Gereformeerde kerk
Graaff-Reinet
Sluit in Aberdeen
Jansenville
Nieu-Bethesda
Pearston
Klassis Karoo-Kei
Huidige predikant(e) G.M. (Marnix) Boersema
Belydende lidmate 40
Dooplidmate 8
AdresBourkestraat 78
Graaff-Reinet
Geskiedenis
Stigtingsdatum 2009
Afgestig van Middelburg, Kaap
Eerste predikant G.M. Boersema (sedert 2016)
Die Gereformeerde kerk Graaff-Reinet.
Mev. (ds.). P.K. Albertyn, eggenote van die medeleraar van die NG gemeente Graaff-Reinet van 1909–'21, het die gebou se hoeksteen op 9 Julie 1913 gelê.
Hierdie gedenksteen gedenk blykbaar die oorname van die gebou op 21 Mei 2006 deur die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap, waarvan Graaff-Reinet destyds nog deel was.

Die gemeente het in 2009 van die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap, afgestig en sluit buite die hoofdorp, Graaff-Reinet (wie se plaaslike NG moedergemeente reeds in 1792 gestig is), ook die dorpe Aberdeen (plaaslike NG gemeente in 1855 gestig), Jansenville (ook in 1855), Nieu-Bethesda (1878) en Pearston (1859) in.

Terwyl Middelburg, Kaap, se belydende lidmate van 2011 tot 2016 afgeneem het van 122 tot 104 en die dooplidmate van 25 tot 18, het Graaff-Reinet se belydende lidmate toegeneem van 28 tot 40 (43 in 2015) en sy dooplidmate van vyf tot agt (ses in 2015). So was dit vir die gemeente in 2016 moontlik om ’n eie leraar te beroep en het prop. G.M. (Marnix) Boersema die beroep middel Januarie aanvaar nadat prop. B.A. (Banie) van der Walt die beroep op hom uitgebring sowat ’n week vantevore, bedank het.

Op Sondag 13 Augustus 2017 was Bernhard Maurits Boersema, ds. Marnix en mev. Clarinda Boersema, se eersteling die eerste baba wat in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet gedoop is sedert die kerk 'n selfstandige gemeente geword het. Sy pa het hom gedoop.

Die gemeente se geskiedkundige kerkgebou is geleë by Bourkestraat 78, Graaff-Reinet.

Predikantwysig

  1. Boersema, Guido Marnix, 2016 – hede

Bronnewysig

Eksterne skakelwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media