Gereformeerde kerk Dendron

Die Gereformeerde kerk Dendron is die negende oudste van die 25 gemeentes in die GKSA se Klassis Limpopo en einde 2015, toe hier 78 belydende en 25 dooplidmate as, die sesde kleinste.

Gereformeerde kerk
Dendron
Sluit in Blouberg
Brakrivier
Dendron
Kalkbank
Soetdorings
Soutpansberg
Vivo
Klassis Limpopo
Huidige predikant(e) Retief Gouws
In kombinasie met Magalakwin
Belydende lidmate 87
Dooplidmate 27
AdresH.v. Lang- en Dwarsstraat
Dendron
Geskiedenis
Stigtingsdatum 6 Junie 1959
Afgestig van Pietersburg
Eerste predikant P.J.J. van der Walt 1960–1963
Die Gereformeerde kerk Dendron.
Dr. D.R. Fouché in sy laaste jaar aan die TSP, 1971. Hy was predikant hier van 1983 tot 1985 in kombinasie met Pietersburg-Noord.

Die pleknaam Dendron beteken "boom" in Grieks. Dié gemeente is op 6 Junie 1959 afgestig van die Gereformeerde kerk Pietersburg. In 1960 het die belydende lidmate 47 getel en die dooplidmate 33. Aan die begin is net 11 eredienste per jaar gehou en wel in die plaaslike skoolsaal en later ook in die kerksaal van die NG gemeente Dendron, wat in 1946 gestig is en in 2014 99 belydende lidmate en 31 dooplidmate gehad het. Die plaaslike gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk was op Vivo gesetel, wat Dendron ingesluit het. In 2012 het dié gemeente nog 96 belydende en 14 dooplidmate gehad, maar ’n jaar of wat later het dit die kerkverband verlaat.

Ds. Frans Lion Cachet (later professor in teologie) was aan die begin die predikant wat verantwoordelikheid vir Dendron se Gereformeerdes aanvaar het. Op Vivo is ook twee jaar lank ’n erediens gehou in ’n kerkgebou wat al drie die Afrikaanse susterkerke saam besit het. Einde 1974 het die Gereformeerde kerk Dendron sy aandeel in die gebou op Vivo vir R1 000 aan die Hervormde gemeente verkoop. Piet Booysen, die stigter van die dorp Dendron, het die grond geskenk waarop die huidige Gereformeerde kerk staan.

Op 2 Maart 1963 is ’n boukommissie saamgestel. Johan Snyman, ’n Gereformeerde lidmaat van Pietersburg en argitek, het die plan geteken en op 31 Oktober 1964 is dit finaal goedgekeur. Die bouwerk aan die kerk het op 31 Julie 1965 begin. Lidmate het self die boumateriaal aangekoop en op 5 Maart 1966 is berig dat die bouwerk fluks vorder. Die gebou is dan ook op 1 Oktober 1966 in gebruik geneem teen ’n koste van R14 500 toe ds. H.J.S. Venter die hoeksteen onthul het.

Kort nadat die gebou voltooi is, is besluit om die banke te verdeel sodat daar ’n paadjie in die middel van die kerk sou wees. Die paneel agter die preekstoel is terselfdertyd aangebring. Eers vroeg in 1978 is elektrisiteit vir die eerste keer in die kerkgebou geïnstalleer. Kort daarna, op 19 Maart daardie jaar, is die eerste kerkorrel aangekoop.

In 1987 het die gemeente weer ’n bouprojek aangepak en binne vier maande nadat die besluit geneem is, is die moederskamer en saal in Februarie 1988 voltooi net ’n koste van net R50 000.

Predikantewysig

  1. Aucamp, Lourens Daniël, 1975 – 1980 (in kombinasie met Pietersburg-Noord)
  2. Fouché, dr. Daniël Rudolph, 1980 – 1983 (in kombinasie met Pietersburg-Noord)
  3. Nagel, Cornelius Johannes, 1986 – 1992 (in kombinasie met Magalakwin)
  4. De Kock, Jacobus Johannes, 1992 – 2002 (in kombinasie met Magalakwin; aanvaar sy emeritaat)
  5. Venter, Petrus Jacobus, 2002 – 2009 (in kombinasie met Magalakwin)
  6. Booyens, Daniël Jan Andries, 2009 – 2014 (in kombinasie met Magalakwin)
  7. Tredoux, Jacques Gideon, 2015 – 2018 (in kombinasie met Magalakwin)

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media