Gereformeerde kerk Chinhoyi

Die Gereformeerde kerk Chinhoyi (voorheen Sinoia) is die laaste Afrikaanse gemeente van die GKSA buite Suid-Afrika of Namibië nadat die volgende kerke almal ontbind het: Skeurvallei (Kenia, 1950–1963), Goedgegun (Swaziland, 1926–1964), Stegi (Swaziland, 1926–1965), Eldoret (Kenia, 1909–1966), Nkana/Koperstreek (Zambië, 1949–1969), Ghanzi (Botswana, 1948–1973), Lusaka (Zambië, 1919–1980), Bulawayo (Zimbabwe, 1952–1981), Fort Victoria-Nuanetsi (Zimbabwe, 1972–1981), Gwelo-Gatooma (Zimbabwe, 1972–1981), Harare (Zimbabwe, 1914–1984), Humpata (Angola, 1881–1928) en Que (Angola, 1906–1928). Al beslaan Chinhoyi ’n groot deel van Zimbabwe, was hier in 2015 net 14 belydende en vyf dooplidmate, vergeleke met 40 en 17 in 1997. Einde 2016 was die syfers onderskeidelik 14 en ses.

Gereformeerde Kerk
Chinhoyi
Sluit in Zimbabwe
Klassis Limpopo
Huidige predikant(e) Vakant
Belydende lidmate 10
Dooplidmate 6
AdresErf 771, Umzarilaan
Chinhoyi, Zimbabwe
Geskiedenis
Stigtingsdatum 1972
Eerste predikant I.L Bekker

Die Gereformeerde kerk Chinhoyi is in 1972 gestig in ’n tyd toe Gereformeerdes blykbaar hoopvol oor hul toekoms in die destydse Rhodesië was, want Fort Victoria-Nuanetsi en Gwelo-Gatooma het in dieselfde jaar tot stand gekom. Die kerkgebou op Chinhoyi staan op ’n groot erf aan die kant van dié dorp in die noordweste van Zimbabwe. Dit is in 1975 opgerig. Dr. I.L. Bekker, destyds die predikant, het die hoeksteen op 30 Augustus 1975 gelê. Die kerkgebou is doelmatig ontwerp en het ’n moederskamer, konsistorie en kombuis. Die gemaklike, gestoffeerde opwipstoele in die kerk kom uit ’n voormalige bioskoop. Langs die kerk is ’n afdak waar lidmate gesellig kan verkeer. Die kerktoring is aan die oostekant van die kerkgebou.

Die orrel is oorspronklik deur die Gereformeerde kerk Eldoret in Kenia gebruik. Daarna is dit die Gereformeerde kerk Salisbury gebring en mettertyd het dit ’n staanplek in Chinhoyi gekry. Al het net ’n handjie vol lidmate oorgebly, word die kerk steeds gebruik wanneer ’n besoekende predikant hier ’n erediens kom hou.

Predikantewysig

  1. Bekker, dr. Izak Lukas, 1973 – 1977
  2. Boshoff, Marthinus Christoffel, 1979 – 1982 (in kombinasie met Salisbury)
  3. Boy, Neville, 1993 – 1999

Bronnewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media