Gereformeerde kerk Bethal

Die Gereformeerde kerk Bethal is 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy setel op die dorp Bethal in die provinsie Mpumalanga.

Gereformeerde kerk
Bethal
Sluit in Bethal
Davel
Morgenzon
Klassis Piet Retief
Huidige predikant(e) Dr. J.S. (Fanie) Swanepoel
Belydende lidmate 141
Dooplidmate 36
AdresSibitso Sibanyonistraat 63
Bethal, Mpumalanga
Geskiedenis
Stigtingsdatum 1890
Eerste predikant Johannes Christiaan van der Walt
1916-1919
Bethal se Gereformeerde kerk tydens 'n sneeuval.
Nagmaal op die kerkplein voor die kerk, 1924.
Dr. Stephanus du Toit was van 1930 tot 1936 leraar van Bethal, in kombinasie met Standerton en Volksrust. Daarna was professor aan die Teologiese Skool Potchefstroom tot 1970. Hy is op 2 Februarie 1980 oorlede. Hy was die oudste seun van Totius en 'n kleinseun van sowel ds. Dirk Postma as ds. S.J. du Toit.
Ds. Johannes Christiaan van der Walt was Bethal, sy eerste gemeente, se leraar van 1916 tot 1919. Sy vyfde en laaste gemeente was Colesberg, waar hy sy emeritaat in 1959 aanvaar het. Hy is op 7 September 1962 oorlede.
Ds. P.J.J. Delport, leraar van 1937 tot 1954, sy enigste gemeente.

Bethal is die tweede oudste gemeente in die klassis naas Piet Retief, wat in 1875 gestig is, 15 jaar voor Bethal. Met 'n totaal van 205 belydende en dooplidmate in 2014, wat Bethal die tweede grootste gemeente in die klassis naas Secunda met 'n totaal van 840. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Sibitso Sibayoni- en Wockestraat en in 2014 was die leraar dr. Fanie Swanepoel. Die gemeente sluit ook Davel en Morgenzon in.

Vroeë jarewysig

Die plaaslike NG gemeente is op 25 April 1889 gestig en die Gereformeerde gemeente die jaar daarna. Die plaaslike gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk het eers op 25 Mei 1918 aan die beurt gekom. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het die gemeente eise by die Imperiale regering ingedien vir die ruïnering van die kerk en pastorie deur die Engelse soldate. As vergoeding het die gemeente £400 ontvang. Ná die Driejarige Oorlog was ds. J.A. van Rooy Bethal se konsulent en ná hom ds. Petrus Postma, predikant van Pretoria van 1882 tot 1904.

In 1910 het die kerkraad besluit om 'n nuwe kerkgebou op te rig. Hulle koop 12 erwe teen £25 stuks in 'n ander deel van die dorp as waar die ou kerk geleë was. Tenders vir die bou van die nuwe kerk is aanvaar en in Oktober 1914 is dit amptelik in gebruik geneem.

Verskeie kombinasieswysig

In Oktober 1916 is prop. J.C. van der Walt in die kombinasie Germiston beroep. Later vertrek hy na Piet Retief en 'n tydperk van konsulentsbediening volg. In 1925 gaan die gemeente 'n kombinasie aan met Johannesburg-Oos, wat die jaar vantevore van die gemeente Johannesburg afgestig het, en ds. T.T. Spoelstra word in 1927 vervang deur ds. P.J.S. de Klerk. In 1928 word ds. Willem Johannes de Klerk, toe leraar van Johannesburg, die konsulent.

Op 5 April 1930 beroep die kombinasie Bethal-Standerton-Volksrust prop. Fanus du Toit as predikant. Hy vestig hom op Bethal. In Augustus neem die gemeente tydens 'n gesamentlik fees met die ander Afrikaanse kerke op die dorp die Afrikaanse Bybel in gebruik. In 1935 word ds. Du Toit tot senior lektor benoem.

Einde 1936 beroep die gemeente in kombinasie met Eendracht (gestig in 1934) en Standerton (gestig in 1905) ds. P.J. Delport. Hy arbei met vrug tot in 1954. In dié tydperk het die gemeente met groot dankbaarheid sy 50-jarige bestaan op 17 November 1940 gevier.

Prop. Johannes Petrus Coetzee is die volgende predikant. Hy arbei agt jaar lank (1955 tot 1963) met groot vrug in die gemeente. In 1963 bereik die gemeente nog 'n mylpaal toe die kerkraad 'n gerieflike en mooi pastorie laat bou. In dieselfde jaar verlaat ds. Coetzee die gemeente en gaan na Pretoria-Meintjeskop, waar hy predikant bly tot sy aftrede in 1999. Hy is oorlede op 24 Julie 2005.

In Maart 1964 aanvaar ds. C.M.J. van Vuuren die beroep. Hy het met groot ywer in die gemeente sowel as op die gebied van die onderwys gewerk.

Leraarswysig

  1. Johannes Christiaan van der Walt, 1916-1919
  2. Tjibbe Thomas Spoelstra, 1925
  3. P.J.S. de Klerk, 1927 - 1928
  4. Stephanus du Toit, 1930 - 1936
  5. Petrus Jacobus Johannes Delport, 1937-1954
  6. Johannes Petrus Coetzee, 1955 - 1963
  7. Cornelius Marthinus Janse van Vuuren, 1964-1991
  8. Venter, Hermanus Johannes, 1991–1999
  9. Venter, Jan Hendrik, 2000 – 2004 (aanvaar sy emeritaat om mediese redes)
  10. Petrus Cornelius van Rooy, 2004-2008
  11. Jacobus Stephanus Swanepoel, 2009 -

Bronnewysig

  • (af) Bothma, G.P. 1980. Bethal 1880-1980. Bethal: Stadsraad.

Sien ookwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media