George McCall Theal

Dr. George McCall Theal (1837 – 1919) was 'n Suid-Afrikaanse historikus. Hy is in 1837 in Nieu-Brunswyk, Kanada gebore en arriveer in 1870 in Suid-Afrika waar hy aansluit by die personeel van die Lovedalesending in Oos-Kaapland. Hy bly daar tot in 1877 tot hy by die Kaapse staatsdiens, by die Departement van Naturellesake aansluit. Hy word as agent na die Gaika-hoofman, Oba, gestuur. Hy was só suksesvol met die hantering van die stamlede dat hy in 1878 in bevel geplaas is van 'n groot gebied in die Oos-Kaapland. Hier word hy geïntereseerd in die geskiedenis van die blankes sowel as die nie-blankes en hy begin skoolboeke skryf, iets wat later ontwikkel het in 'n meer ambisieuse onderneming. In Maart 1879 is hy aangestel as hoof van die Koloniale Argief en het hy begin met die skryf van beroemde boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis asook oor die lewe van swartes.

George McCall Theal
Gebore(1837-04-11)11 April 1837
Sterf17 April 1919 (op 82)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Beroephistorikus, argivaris en genealoog

Vir die doel is hy deur die Regering na Londen, Lissabon, Amsterdam, Rome en ander stede in Europa gestuur om argiewe te besoek. Sy belangrikste werk, die History of South Africa, wat 8 boekdele beslaan, het hom die grootste deel van sy lewe besig gehou. Hy het ook 'n boek oor Suid-Afrika geskryf in die bekende reeks The Story of Nations. Sy ander groot werke sluit in 'n stel van 35 boekdele, Records of Cape Colony, wat 'n massa dokumente bevat wat uit argiewe in Europa vekry is. Nog 'n reeks, Records of South Africa (9 boekdele) is van groot hulp vir historici wat navorsing doen in Portugese geskiedenis. In 1891 is hy deur die Kaapse Regering aangestel as Koloniale Geskiedskrywer, 'n pos wat hy vir die res van sy loopbaan behou het. In 1893-1894 het hy sy invloed gebruik om die uitgee van die driedelige Geslachts-Register der Oude Kaapsche Familiën deur C.C.de Villiers deur die Kaapse Regering te laat borg, 'n werk wat Theal self voltooi en persklaar gemaak het. Hy het erelidmaatskap van verskeie oorsese liggame verkry, insluitende die Nederlandse Koninklike Akademie vir Wetenskap en Kuns. Ten spyte van swak gesondheid het hy sy werk voortgesit tot sy dood in 1919.

Bronwysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media