Gefedereerde State van Mikronesië

Die Gefedereerde State van Mikronesië (Engels: Federated States of Micronesia, kort FSM) is 'n eilandnasie in die Stille Oseaan en Oseanië net noord van die ewenaar. Dit beslaan 'n oppervlakte van 702 km² en het 'n bevolking van 104 468 in 2019 gehad. Die naam "Mikronesië" is afgelei van Grieks μικρός, mikrós vir "klein" en νῆσος, nêsos vir "eiland", letterlik: "klein eilande". Die Gefedereerde State van Mikronesië bestaan uit sowat 600 eilande van die Karoline-eilande; die aangrensende Palau beslaan die ander deel van dié argipel.[5]

Gefedereerde State van Mikronesië
Federated States of Micronesia (Engels)
Vlag van die Gefedereerde State van MikronesiëSeël van die Gefedereerde State van Mikronesië
VlagSeël
Nasionale leuse: Peace, Unity, Liberty
(Engels vir: "Vrede, Eenheid, Vryheid")
Volkslied: Patriots of Micronesia
(Engels vir: "Patriotte van Mikronesië")
Ligging van die Gefedereerde State van Mikronesië
HoofstadPalikir

6°55′N 158°11′O / 6.917°N 158.183°O / 6.917; 158.183

Grootste stadWeno
Amptelike taleEngels
Regering


President
• Adjunkpresident
Federale parlementêre
republiek onder 'n
onpartydige demokrasie
Wesley Simina
Aren Palik
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• Verdrag oor vrye assosiasie
van die Verenigde State
10 Mei 1979
3 November 1986
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
702 km2  (177ste)
271 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2019-skatting
 - Digtheid
 
104 468[1] (181ste)
158,1 / km2 (75ste)
409,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$413 miljoen[2]
$3 931[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$456 miljoen[2]
$4 336[2]

MOI (2021) 0,628[3] (134ste)  –  medium
Gini (2013)40,1[4] –  medium
GeldeenheidAmerikaanse dollar ($) (USD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+10 en +11)
nie toegepas nie (UTC+10 en +11)
Internet-TLD.fm
Skakelkode+691
Kaart van die Gefedereerde State van Mikronesië

Die Gefedereerde State van Mikronesië is in die ooste van Palau en die Filippyne, in die suide van die Noordelike Mariana-eilande, in die suidweste van die Marshalleilande, in die weste van Kiribati, in die noordweste van Nauru en in die noorde van Papoea-Nieu-Guinee en die Salomonseilande geleë. Die hoofstad is Palikir en die grootste stad is Weno.

As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Oorlog is die argipel in 1899 deur Spanje aan die Duitse Keiserryk verkoop en by Duits-Nieu-Guinee ingelyf. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur Japan beset en het na die oorlog 'n Volkebond-mandaat geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Verenigde State beset en het in 1947 'n trougebied van die Verenigde Nasies geword. Op 10 Mei 1979 het vier van die trougebied se distrikte 'n nuwe grondwet aanvaar en het die Gefedereerde State van Mikronesië geword. Die Marshalleilande, Palau en die Noordelike Mariana-eilande het besluit om nie deel te word nie. Die Gefedereerde State van Mikronesië het op 3 November 1986 'n Verdrag oor vrye assosiasie met die Verenigde State onderteken, waarmee dit 'n onafhanklike land geword het. Die Verenigde State is nog steeds vir die verdediging van die Gefedereerde State van Mikronesië verantwoordelik.[6]

Deelstatewysig

Kaart van die Gefedereerde State van Mikronesië se vier deelstate

Die Gefedereerde State van Mikronesië is onderverdeel in vier deelstate:

VlagDeelstaatHoofstadHuidige GoewerneurLandBevolking[7]Bevolkingsdigtheid
km²[8]myl²per km²[7]per myl²
ChuukWenoJohnson Elimo12749,254 5954201088
KosraeTofolLyndon Jackson11042,69 68666170
PohnpeiKoloniaJohn Ehsa345133,234 68598255
YapColoniaTony Ganangyan11845,616 43694243

Verwysingswysig

  1. (en) "NA". FSM Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2020. Besoek op 10 Junie 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Micronesia". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 14 Mei 2023.
  3. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 14 Mei 2023.
  4. (en) "Gini Index – Micronesia, Fed. Sts". Wêreldbank. Besoek op 14 Mei 2023.
  5. (en) "Micronesia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2023.
  6. (en) "Micronesia, Federated States of". Central Intelligence Agency. Besoek op 14 Mei 2023.
  7. 7,0 7,1 (en) "Population". Regering van die Gefedereerde State van Mikronesië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2012. Besoek op 17 April 2016.
  8. (en) "Geography". Regering van die Gefedereerde State van Mikronesië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 17 April 2016.

Bronnelyswysig

Algemeen

Eksterne skakelswysig


Verenigde State van Amerika
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media