Gedomestikeerde jak

Die gedomestikeerde jak (Bos grunniens) is 'n mak horingdraer met lang hare. Jakke word in die Himalajas van suidelike Sentraal-Asië, die Tibetaanse plato en so ver noord as Mongolië en Rusland aangetref. Dit is 'n afstammeling van die wilde jak, Bos mutus.[1]

Jak
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Bos
Spesie:
B. grunniens
Binomiale naam
Bos grunniens
Jakke word dikwels deur hulle eienaars versier en vereer.
'n Tien dae oue kalfie.
'n Jak-resies.

Jakke is swaargeboude diere met 'n stewige raam, stewige bene en afgeronde, gesplete hoewe. Hulle het 'n lang, digte pels wat laer as die maag afhang. Wilde jakke is oor die algemeen donker van kleur, met 'n swarterige bruin pels. Daarteenoor toon gedomestikeerde jakke groter kleurverskille, dikwels met roesbruin en room kolle.

Hulle het klein oortjies en 'n wye voorkop, met gladde horings wat oor die algemeen donker van kleur is. Die bulle se horings strek van die kante van die kop waarna dit vorentoe kurwe, en wissel gewoonlik van 48 tot 99 cm (19-39 duim) in lengte. Die koeie se horings is kleiner, 27 tot 64 cm (11-25 duim) in lengte, en het 'n meer regop vorm. Beide geslagte het 'n kort nek met 'n merkbare bult oor die skouers, maar dit is meer prominent by bulle.

Die bulle weeg 350 tot 580 kg (770 tot 1280 pond), en die koeie 225 tot 255 kg (496-562 pond). Wilde jakke kan aansienlik swaarder wees, waar bulle tot 1000 kilogram (2200 pond) swaar kan weeg.

Beide geslagte het lang hare met 'n digte wollerige onderlaag oor die bors, flanke, en dye om hulle teen die koue te beskerm. Dit kan 'n lang "romp" vorm wat tot op die grond kan hang, veral by bulle. Die stert is lank en meer soos die van 'n perd as die van vee of bisons.

Verwysingswysig

  1. Grubb, P. (2005). "Order Artiodactyla". In Wilson, D.E.; Reeder, D.M. Mammal Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference (3rd ed.). Johns Hopkins University Press. p. 691. ISBN 978-0-8018-8221-0. OCLC 62265494.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media