Gansbaai

Gansbaai is 'n klein dorpie in die Overberg-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, sowat 40 km vanaf Hermanus. Dit lê in dieselfde baai as Hermanus (nl. Walkerbaai), bekend vir sy walvisse, soos die noorkappers, wat vanaf Junie tot November gesien kan word. Die naam is afkomstig van die wilde ganse wat volop in die omgewing was. Die name van die vistreilers wys die verbintenis: Berggans, Sneeugans, Stormgans, Vleigans en Wildegans.

Gansbaai
Die Danger Pointligtoring by Gansbaai.
Die Danger Pointligtoring by Gansbaai.
Gansbaai is in Wes-Kaap
Gansbaai
Gansbaai
 Gansbaai se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°34′58″S 19°21′8″O / 34.58278°S 19.35222°O / -34.58278; 19.35222Koördinate: 34°34′58″S 19°21′8″O / 34.58278°S 19.35222°O / -34.58278; 19.35222
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikOverberg
MunisipaliteitOverstrand
Stigting1881
Oppervlak
 • Totaal12,44 km2 (4,80 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal11 598
 • Digtheid932/km2 (2 410/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense24.5%
 • Indiërs/Asiërs0.3%
 • Bruin mense29.7%
 • Swart mense45.2%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Afrikaans 53.2%
 • Xhosa 39.8%
 • Engels 3.5%
 • Suid-Sotho 1.6%
 • Ander 1.9%
Poskode (strate)
7220
Skakelkode028
Gedenkplaat wat die vergaan van die Birkenhead gedenk.

Geskiedeniswysig

Die dorp se ontstaan gaan saam met die HMS Birkenhead wat 1852 by Danger Point vergaan het. 'n Paar van die oorlewendes het hulle hier gevestig en 'n sukkelbestaan gevoer. Die groot probleem was die groot afstande na die vismark. Daar het verligting gekom tydens die Tweede Wêreldoorlog toe die vraag na vitamien A groot was. Die vaalhaai, wat volop was in Gansbaai, is 'n bron van dié vitamien en 'n verwerkingsfabriek is gebou. Na die oorlog het die aanvraag gedaal en die vissers het weer 'n sukkelbestaan gevoer. In 1952 het die skoolhoof, JR Barnard, gehelp met die vestiging van 'n koöperatiewe vissery. Markte is gevind vir haaivleis en die haaivinne is uitgevoer na die Verre Ooste. Die hawe is ook groter gemaak en 'n vismeelfabriek is in 1963 gebou.

Gansbaai was in die 1960's 'n gewilde ongerepte vakansiebestemming met minimale dienste en grondpaaie.

Wapenwysig

Gansbaai se munisipale raad het in 1963 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer: In blou, in die skildvoet 'n vuurtoring en in die skildhoof 'n vlieënde seemeeu van natuurlike kleur, die kante rond uitgesny van silwer elk belaai met 'n regopgeplaaste rooi vis.[2]

Klimaatwysig

Gansbaai se klimaat is matig. Die gemiddelde temperatuur is 14 °C. Die warmste maand is Desember, 18 °C, en die koudste Julie op 10° C. [3] Die gemiddelde reënval is 864 millimeter per jaar. Die natste maand was Junie, 150 millimeter reën, en die droogste Desember op 14 millimeter.[4]

Sien ookwysig

Bronwysig

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Gansbaai". Sensus 2011.
  2. Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3183 (26 April 1963).
  3. "NASA Earth Observations Data Set Index" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 30 Mei 2016.
  4. "NASA Earth Observations: Rainfall (1 month - TRMM)" (in Engels). NASA/Tropical Rainfall Monitoring Mission. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 30 Mei 2016.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media