Gametofiet

’n Gametofiet is die stadium in die generasiewisseling-lewensiklus van plante en alge wat die gamete vorm. Dit het net een stel chromosome (n) en is dus haploïed. Dit ontwikkel deur mitose uit ’n spoor, wat weer deur meiose ontstaan uit ’n sporofiet (met twee stelle chromosome, dus 2n of diploïed).

’n Diagram wat die generasiewisseling wys tussen ’n diploïede sporofiet (onder) en ’n haploïede gametofiet (bo).
’n Plant met verskeie gametofiete.

Die generasiewisseling sorg dus vir ’n kringloop waar gametofiete en sporofiete om die beurt bestaan.

Werkingwysig

Die diploïede sporofiet (2n) vervaardig haploïede spore (n) deur meiose. Dié spore ontwikkel in ’n gametofiet. Die gametofiet vervaardig manlike of vroulike gamete (of albei) deur mitose. Die samesmelting van ’n manlike en vroulike gameet vorm ’n sigoot (2n), wat weer in ’n sporofiet ontwikkel.

By saadplante (bedeksadiges en naaksadiges) is die vroulike gametofiet die embriosak in die saadknop. Die manlike gametofiet is die stuifmeelkorrel aan die helmknop van die meeldraad.

By spoorvormende plante soos varings vervaardig die ontkiemde spore die gametofiet en die varing self is die sporofiet. By mosse is die groen plantjie die gametofiet en by seewier die wier self.

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media