Galápagos-eilande

(Aangestuur vanaf Galápagos Eilande)
Galápagos-eilande
Islas Galápagos
(Spaans)
(Vlag van die Galápagos-eilande)(Wapen van die Galápagos-eilande)
Nasionale leuse:
La Paz y el Bienestar, la Gloria y el Triunfo
(Spaans vir: "Die Vrede, Welsyn, die Glorie en die Oorwinning")
Ligging van die Galápagos-eilande in Ecuador
Ligging van die Galápagos-eilande in Ecuador
Kaart van die Galápagos-eilande
Kaart van die Galápagos-eilande
Amptelike taleSpaans
HoofstadPuerto Baquerizo Moreno
Grootste stadPuerto Ayora
Oppervlakte
 - Totaal
7 880 vk km
Bevolking
 - Totaal
 - Bevolkingsdigtheid
19 185 (2009)
2,43/vk km
GeldeenheidVS-Dollar ($) (USD)
TydsoneUTC: UTC -6
VolksliedSalve, Oh Patria

Die Galápagos-eilande (Spaans: Islas Galápagos [ˈislas gaˈlapaɣos], van galápago, "saal"—na die doppe van die Galápagos-skilpaaie, amptelik Archipiélago de Colón) is 'n argipel bestaande uit vulkaniese eilande wat om die ewenaar versprei is, 906 kilometer (563 myl) wes van kontinentale Ecuador in die Stille Oseaan (0° O, 91° W). Die groep bestaan uit 13 hoofeilande, ses kleiner eilande, 107 rotse en baie klein eilande.

Satellietbeeld van die Galápagos-eilande.
'n Geanimeerde toer na die Galápagos-eilande.

Die Galápagos-eilande is geleë op 'n geologiese "hot spot": 'n plek waar die aarde se kors van benede deur 'n opwelling van abnormaal warme rots binne-in die aarde se mantel gesmelt word en vulkane gevorm word. Daar word gereken dat die oudste eiland tussen 5 en 10 miljoen jaar gelede gevorm is. Die jongste eilande, Isabella-eiland en Fernandina-eiland, is steeds besig om gevorm te word, met die mees onlangse vulkaniese uitbarsting in 2005.

Die Galápagos-argipel vorm 'n provinsie van Ecuador, 'n land in Noordwes-Suid-Amerika en die eilande is almal deel van Ecuador se nasionale parkstelsel.

Die eilande is beroemd vir hulle tallose endemiese spesies en die studies deur Charles Darwin wat tydens die reistog van die Beagle daar uitgevoer is. Dié studies het bygedra tot die vorming van Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie. Die Galápagos-eilande is in 1978 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Eilandewysig

Groter Eilandewysig

Ligging van die Galápagos-eilande in die Stille Oseaan
Kaart van die Galápagos-eilande se drie kantonne

Eilande met 'n oppervlakte van meer as een vierkante kilometer:

EilandeOu naamArgipelKantonBergHogte
m
Oppervlakte
km²
IsabelaAlbemarleWesIsabelaWolf1 7074 640
Santa CruzIndefatigableSentraalSanta CruzCerro Crocker864986
FernandinaNarboroughWesIsabelaLa Cumbre1 476643
San Salvador (Santiago)JamesSentraalSanta CruzCerro Pelado907585
San CristóbalChathamOosSan CristóbalCerro Pajas640558
Floreana (Santa María)CharlesOosSan CristóbalCerro San Joaquín730173
MarchenaBindloeNoordSanta Cruz 343130
EspañolaHoodOosSan Cristóbal 20661
PintaAbingtonNoordSanta Cruz 77759
BaltraSouth SeymourSentraalSanta Cruz ...27
Santa FeBarringtonSentraalSan Cristóbal ...24
PinzónDuncanSentraalSanta Cruz 45818
GenovesaTowerNoordSan Cristóbal 6414
RábidaJervisSentraalSanta Cruz ...5
Seymour NorteNorth SeymourSentraalSanta Cruz ...2
TortugaBrattleWesIsabela ...1,3
WolfWenman Isabela 2531,3
BartoloméBartholomewSentraalSanta Cruz 1141,2
DarwinCulpepper Isabela 1651,1
GalapagosColón  Wolf1 7078 010

Kleiner Eilandewysig

EilandBevolkingHoofstadGemeente
Isabela950Puerto VillamilTomás de Berlanga
Santa Cruz15 000Puerto AyoraBellavista
San Cristóbal56 00Puerto Baquerizo MorenoProgreso
Floreana (Santa María)100Puerto Velasco Ibarra-
Baltra...Seymour Airport-
Galapagos21 700Puerto Baquerizo Moreno

Administrasiewysig

Die Galápagos-provinsie bestaan uit drie kantonne:

Kanton
Bevolking
(2006[1])
Oppervlakte
(km²)
Hoofstad
Eilande
Isabela1 7805 368Puerto VillamilDarwin, Fernandina, Isabela, Wolf
San Cristóbal6 142849Puerto Baquerizo MorenoEspañola, Floreana, Genovesa, San Cristóbal, Santa Fe
Santa Cruz11 2641 794Puerto Isidro AyoraBaltra, Bartolomé, Marchena, Seymour Nord, Pinta, Pinzón, Rábida, Santa Cruz, Santiago
Totaal19 1848 011Puerto Baquerizo Moreno

Verwysingswysig

  1. Censo de Población y Vivienda, Galápagos 2006 Geargiveer 19 September 2009 op Wayback Machine. Instituto Nacional de Estadistica y Censos (INEC).

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media