G.J. Krüger

Suid-Afrikaanse digter

Gert Jacobus Krüger (1 Oktober 1938 – 3 Augustus 2005) was ’n Afrikaanse digter.

Gert Jacobus Krüger, toe hy in die ontleed-afdeling van die Transvaalse Provinsiale Hopistaaldiens in Auckland Park gewerk het. Destyds, in 1968, het sy debuutbundel, Spektrum, reeds verskyn terwyl nog twee bundels op koms was.

Lewe en werkwysig

Gert Jacobus Krüger is op 1 Oktober 1938 op Nylstroom gebore. Hy word op Warmbad groot en voltooi dan sy hoërskoolopleiding in 1955 aan die Hoërskool Nylstroom. Hierna studeer hy aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys waar hy hom in die aptekerswese bekwaam deur in 1960 die B.Sc. (Farmasie)-graad te behaal. Vanweë sy belangstelling in die Afrikaanse taal en letterkunde skryf hy in vir die B.A.-graad by die Universiteit van Suid-Afrika, terwyl hy terselfdertyd apteker in die H.F. Verwoerd-hospitaal in Pretoria is. In 1962 ontvang hy ’n beurs vir verdere studie in farmakologie en aan die einde van daardie jaar behaal hy sy B.Sc. Honneurs Farm.-graad. Hierna word hy aangestel as ontleed-apteker in die Transvaalse Departement van Hospitaaldienste. In 1965 behaal hy sy B.A.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy aanvaar in 1969 ’n pos by Ethnor Laboratorium (Edms.) Bpk. as bestuurder van kwaliteitsbeheer. Op 9 Mei 1964 trou hy met June Elaine Boardman en die egpaar het vier kinders, twee seuns (Johannes – gebore 28 Junie 1965 en Leon – gebore 22 April 1969) en twee dogters (Maria Magdalena – gebore 1 Desember 1966 en Miana – gebore 14 Mei 1977). Hy is op 3 Augustus 2005 op Potchefstroom oorlede.

Skryfwerk wysig

Hy publiseer die bundels “Spektrum” en “Draaispieël”, wat in toonaard nie veel van mekaar verskil nie. Die bundels bevat ’n groot aantal kwatryne en sonnette, wat sy voorliefde vir tradisionele gedigvorme uitbeeld, terwyl hy ook talle woorde en beelde uit die natuurwetenskaplike en mediese wêreld gebruik. Van sy gedigte word opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte” en in vroeë uitgawes van D.J. Opperman se “Groot verseboek”.

Publikasieswysig

JaarPublikasies
1966Spektrum
1969Draaispieël

Bronnelyswysig

Boekewysig

  • Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980
  • Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988
  • Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983

Internetwysig

Ongepubliseerde dokumentewysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media