Günter Grass

Günter Wilhelm Grass (16 Oktober 1927 in Danzig-Langfuhr – 13 April 2015 in Lübeck) was 'n Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar. Grass was 'n lid van die literêre Gruppe 47 en word as een van die beduidendste Duitse na-oorlogse skrywers beskou. Sy werk is in 1999 met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon.[1]

Günter Grass
Günter Grass in 2006
Gebore
Günter Wilhelm Grass

16 Oktober 1927
Danzig-Langfuhr, Vrystaat Danzig (tans Pole)
Sterf13 April 2015 (op 87)
NasionaliteitVlag van Duitsland Duitsland
BeroepRomanskrywer, digter, dramaturg, beeldhouer, grafiese ontwerper
Bekend virDie Blechtrommel
Katz und Maus
Hundejahre
Im Krebsgang
Was gesagt werden muss
Politieke partySosiaal-Demokratiese Party
Ouer(s)Wilhelm Grass
Helene Grass, née Knoff
Handtekening

Belangrikste prestasieswysig

Günter Grass, die man wat Die bliktrom (1959) geskryf het, het in 1999 die Nobelprys vir letterkunde ontvang. Hy word allerweë as een van Duitsland se grootse skrywers beskou en een van die invloedrykste figure van die 20ste eeu. Sy briljante literêre tegniek en intense sosiale en politieke gewete het Grass ná die Tweede Wêreldoorlog 'n besonder invloedryke figuur in Duitsland gemaak.

Sy eerste roman, Die Blechtrommel (Die bliktrom), is in verskeie tale vertaal en was onmiddellik 'n kommersiële sukses. Sy taalgebruik, ontsaglike woordeskat tesame met sy menslikheid en deernis, het lesers beïndruk. Die bliktrom sal een van die blywende literêre werke van die 20ste eeu bly. Die roman het in 1957, voordat dit nog gepubliseer is, die Gruppe 47-prys gewen. Grass was slegs 32. Die publikasie het gemengde reaksie ontlok en hoewel die roman gekies is vir die jaarlikse Bremenstadsprys, het die plaaslike owerheid dit verwerp weens die uitlokkende inhoud.

Grass het die Buchnerprys vir Hundesjahre (Hondjare, in 1963 gepubliseer) in 1965 ontvang en in 1980 het Volker Schlöndorff se verwerking van Die bliktrom, The Tin Drum, 'n Oscar vir die beste buitelandse film verower.

Lewensgeskiedeniswysig

Günter Grass se vooroorlogse huis in Gdańsk tydens 'n klein storm
Günter Grass saam met die Wes-Duitse kanselier Willy Brandt in 1972

Günter Grass is van Pools-Duitse afkoms en in 1927 gebore in die Baltiese stad Danzig (Gdansk) waar hy skoolgaan en wat ook die agtergrond vorm vir die Nobelprys-roman.

Hy was lid van die Hitler-jeugbeweging en is deur die weermag opgeroep toe hy 16 was. Hy is gewond en gevange geneem en het 'n tydperk as krygsgevangene deurgebring voordat hy in 1946 deur die Amerikaners vrygelaat is. Hy het vir 'n tydjie as plaasarbeider gewerk voordat hy in 1947 'n vakleerling by 'n klipmesselaar geword het.

Van 1949 af studeer hy beeldhoukuns in Frankfurt am Main en aan die Düsseldorfse Kunstakademie, terwyl hy aan Die bliktrom werk. Hierna bly hy vier jaar in Parys. Hy publiseer 'n bundel surrealistiese gedigte wat hy self illustreer in Die Vorzüge der Windhühner (1956) en volg dit op met 'n reeks groteske toneelstukke in die tydperk van 1956 tot 1957.

Daar word gesê dat Grass die groot nabetragter van die 20ste-eeuse geskiedenis is en Die bliktrom oor kontemporêre geskiedenis besin deur die slagoffers, die verloorders en die leuens waarin mense eens geglo het op te roep. Dit verbreek die bande van realisme wanneer die protagonis, 'n hoogs intelligente driejarige dwerg, Oskar Matzerath, die verhaal jare later vanuit sy hospitaalbed in 'n geestesinrigting vertel. Die dwerg, skynbaar alleen, sien die verraderlike opkoms van die Nazi's.

In die sestigerjare het Grass baie toere onderneem, hoewel hy hom in die Verenigde Koninkryk gevestig het. In daardie jare het hy poësie, dramas en romans gepubliseer. Dit sluit in Hondjare (1963), wat saam met Die bliktrom en Kat en muis die Danzig-trilogie vorm. Namate die sestigerjare vorder, raak hy aktief by politiek, die vredesbeweging en omgewingsbewustheid betrokke. Grass was 'n toegewyde sosiaal-demokraat.

Sy roman Der Butt (Die Worstelaar) beeld die ontwikkeling van die beskawing uit as 'n stryd tussen die man se destruktiewe drome van grootsheid en vroulike bekwaamheid, en is 'n getuienis van Grass se ywer dat rede oor ideologie en fanatisme moet seëvier.

Grass se laaste roman, My eeu, wat 'n deurlopende kommentaar oor die 20ste eeu is, ondersoek die verstrengeling van die wortels van goed en kwaad. In Hondjare, sy modernistiesste roman, lewer hy die volgende kommentaar: "Toe God nog op skool op die hemelse speelterrein was, het die idee by hom ontstaan om die wêreld te skep saam met sy skoolmaat, die talentvolle klein duiwel."

Günter Grass het op 13 April 2015 in Lübeck aan 'n infeksie gesterf.

Verwysingswysig

  1. "The Nobel Prize in Literature 1999" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media