Gé Korsten

Suid-Afrikaanse sanger

Gerhard Korsten (Schiedam, 6 Desember 1927 - Wildernis, 29 September 1999) was 'n legendariese Suid-Afrikaanse sanger wat 'n groot stempel op die Afrikaanse kultuur afgedruk het. Vandag nog word sy lied Liefling by rugbywedstryde in Bloemfontein en Pretoria gespeel.

Gé Korsten
Gé Korsten as lt. Pinkerton in Madama Butterfly in 1960.
Agtergrondinligting
Gebore6 Desember 1927
Schiedam, Nederland
Sterf29 September 1999 (op 71)
Wildernis, Suid-Afrika
GenresOpera en ligte Afrikaanse liedies
Beroep(e)Sanger, akteur
Jare aktief1952 - 1999

Biografiewysig

Gé Kortsen trou met Elna Burger, dogter van die leraar van NG gemeente Johannesburg-Noord, ds. Attie Burger.
Gé Kortsen as Canio, sy debuutrol, in die Pretoriase Operagroep se opvoering van "I Pagliacci" in 1957.
Gé Korsten as Canio in "I Pagliacci" in 1957, sy debuutrol.

Korsten is op 6 Desember 1927 in Schiedam, Nederland gebore. Hy was die jongste van agt kinders en het in 1936 as negejarige seun saam met sy ouers na Suid-Afrika geëmigreer. Die immigrantegesin het hulle in Johannesburg-Noord gevestig waar Gé gematrikuleer het aan die latere Highlands North Boys' High School, wat destyds gemeng was. Hy het sy loopbaan as operasanger begin en was reeds op 20-jarige ouderdom lid van die SAUK se kore. Hy het in 1952 stemopleiding ontvang aan die South African College of Music in Kaapstad onder leiding van Adelheid Armhold.

Op 5 Januarie 1952 trou hy in die NG kerk Johannesburg-Noord met Elna Burger, dogter van ds. Attie Burger, wat ook die huweliksbevestiging waarneem. Gé se pa, Kor Korsten, was die bouaannemer van die kerkgebou by Oaklandslaan 17, Norwood, waarvan Elna se pa die hoeksteen op 17 Junie 1950 gelê het en wat op 18 Februarie 1951 ingewy is. Sy is op Maandag 26 Maart 2012 in George oorlede in die ouderdom van 81 jaar.[1][2]

In 1955 het hy na Pretoria verhuis waar hy verdere opleiding onder leiding van Albrecht Lewald ontvang het. Hy was in dieselfde jaar ook een van die stigterslede van die Pretoria-operagroep. Sy operadebuut maak hy in 1956 as Canio in Pagliacci. In 1962 word 'n oorsese studiebeurs aan hom toegeken waarna hy in 1963 in Europa onder Judith Hellwig verdere opleiding ontvang en ook die geleentheid kry om in operas in Europese stede soos Wene en München op te tree. Hy het vir 'n tyd lank ook in Pretoria 'n elektriese kontrakonderneming besit, maar het sy belang in die onderneming in 1970 verkoop om sy tyd voltyds aan musiek te wy. In 1976 het hy die Nederburgprys vir Opera ontvang vir sy hoofrol in Andrea Chénier.

Korsten het in 1965 sy betrokkenheid by ligte musiek begin toe hy sy eerste langspeelplaat Gé Korsten Sing uit die Hart uitgereik het. In 1966 het hy nog vier langspeelplate uitgereik. Sy rolprentdebuut maak hy in 1967 in Kruger Miljoene. Later daardie jaar vertolk hy ook die hoofrol in die baie gewilde fliek Hoor My Lied, ook met Min Shaw, Helga van Wyk en Lindie Roux. Die klankbaan vir hierdie fliek het aan Korsten 'n goue plaat besorg. Drie ander rolprente het gevolg:

  • Lied in My Hart met Mitsi Stander, Min Shaw en Nellie du Toit as gassterre (1969)
  • A New Life saam met Leonore Veenemans (1970)
  • Lokval in Venesië met Dianne Ridler (1972)

Korsten het nege goue plate agter sy naam gehad. Hy het tydens sy loopbaan, wat oor 40 jaar gestrek het, 58 albums opgeneem. Hy het ses Sarie-toekennings ontvang en in 1979 'n Artestoekenning vir sy TV-program Gé Sing. Hy het ook die rol van Walt Vorster in die sepie Egoli gespeel. In 1985 is hy as hoofdirekteur van Kruik in Kaapstad aangestel en het die pos tot in 1989 beklee. Hy het vermoedelik kanker gehad en het in 1999 sy eie lewe geneem. Die Korsten-egpaar het vyf kinders gehad, onder wie die dirigent Gérard Korsten. Ten tyde van Elna se dood in 2012 was daar 13 kleinkinders.

Korsten is op 3 Mei 2008 tydens die 14de Suid-Afrikaanse Musiektoekennings vereer vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.

Diskografiewysig

Korsten se albums:

  • Diamante Versameling - 3CD Super Boksie, 2010 EMI
  • Love Songs 2CD, 2008 GALLO
  • Afrikaanse Goue Stemme, 2008 EMI
  • Rina & Gé / Gé se 20 Treffers 2CD, 2005 EMI
  • Die Onvergeetlike, 2005
  • Gé se 20 Treffers, 2004 DECIBEL/EMI
  • Die Vergete Opnames, 2004 EMI
  • Naby My / Sailing, 2001 DECIBEL/EMI
  • Memory, 2001 EMI
  • The Heart And Soul Of Gé Korsten, GALLO
  • Sacred Songs / Gewyde Liedere, DECIBEL/EMI
  • Rina & Gé, 1993 DECIBEL
  • Grootste Treffers, MUSIC FOR PLEASURE
  • Sacred Songs, GALLO
  • Memory LP, 1982
  • Eendag LP, 1981 EMI
  • Bly By My Heer LP/CD, 1980 MUSIC FOR PLEASURE/GALLO
  • Gé & Susanne, MUSIC FOR PLEASURE/GALLO
  • Jerusalem en ander treffers LP, MUSIC FOR PLEASURE
  • Huistoe LP/CD, 1979 GALLO
  • Thank You for The Music, MUSIC FOR PLEASURE/ GALLO
  • Gé sing: TV Treffers LP/CD, 1978 MUSIC FOR PLEASURE/GALLO
  • Hier Is ´n Mens, GALLO
  • Sonder Jou LP/CD, 1976 MUSIC FOR PLEASURE/BRIGADIERS/EMI
  • Touch The Wind LP, 1974 BRIGADIERS/EMI
  • Liefling LP/CD, 1972 BRIGADIERS/GALLO
  • A New Life LP/CD, 1970 BRIGADIERS/GALLO
  • Die Hartseerwals, GALLO
  • Soet Herinnering, GALLO
  • In My Seemanshart, GALLO
  • vetseunKOOP/BUY
  • Lied In My Hart klankbaan LP (film) KAVALIER FILMS/PRIMEDIA, 1969 BRIGADIERS
  • Lili Marlene LP/CD, 1969 BRIGADIERS/GALLO
  • The Student Prince, GALLO
  • Sing, Seeman, Sing LP/CD, 1972 BRIGADIERS/GALLO
  • Mag Die Heer U Seën LP/CD, BRIGADIERS/GALLO
  • Op Toer/On Tour LP/CD, 1976 BRIGADIERS/GALLO
  • Cara Mia LP, BRIGADIERS
  • Night Of Love LP/CD, 1968 BRIGADIERS/GALLO
  • Seeman LP/CD, BRIGADIERS/GALLO
  • Sing Out LP/CD, BRIGADIERS/GALLO
  • Always LP/CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO
  • Hits from Hear My Song / Treffers uit Hoor My Lied LP/CD/DVD
  • Kruger Miljoene & Kavaliers CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO
  • Kruger Miljoene & Kavaliers LP, 1967 BRIGADIERS
  • Sweethearts LP/CD, 1967 BRIGADIERS/GALLO
  • Born To Sing, BRIGADIERS/GALLO
  • Sing Erika LP/CD, FAK PLATEKLUB/GALLO
  • Granada LP/CD, 1966 BRIGADIERS/GALLO
  • Sing Uit Die Hart LP/CD, 1965/1988 TEAL/BRIGADIERS/GALLO
  • Lieflike Droom LP, 1973 BRIGADIERS/EMI
  • In The Cango Caves / In Die Kango-Grotte LP, 1971 BRIGADIERS/EMI
  • Sing, Seeman, Sing LP/CD, 1969 MUSIC FOR PLEASURE/EMI/GALLO
  • On Tour LP, 1964 BRIGADIERS

Filmografiewysig

Rolprente waarin Korsten gespeel het:

Sien ookwysig

Verwysingswysig

Bronnewysig

  • Inligtingsbaadjie ingesluit by Gedenkalbum getiteld Ter Nagedagtenis aan Gé Korsten - Die 25 Grootste Treffers in 1999 deur Scorpio Music uitgereik

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media