Frik du Preez

Suid-Afrikaanse rugbyspeler

Frederik Christoffel Hendrik "Frik" du Preez (gebore 28 November 1935) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat Noord-Transvaal en die Springbokke verteenwoordig het. Hy is op 'n plaas naby Rustenburg gebore en het by Hoërskool Parys in Parys (Oranje-Vrystaat) skoolgegaan. Du Preez het meestal in die flank- of slotposisies gespeel.

Frik du PreezRugbyportaal
Volle naamFrederik Christoffel Hendrik du Preez
Geboortedatum28 November 1935 (1935-11-28) (88 jaar oud)
GeboorteplekDistrik Rustenburg, Suid-Afrika
SkoolStanderton & Parys Hoërskole
BeroepLugmag, Boer
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Slot, flank
Amateurspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
Weermag
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
Noord Transvaal
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
1960-1971Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika38(3)

Du Preez het sy toetsbuiging vir die Springbokke op 7 Januarie 1961 in die flankposisie teen Engeland op Twickenham gemaak. Hy speel sy laaste toets op 7 Augustus 1971 op die ouderdom van 35 as 'n slot teen Australië op die Sydney-krieketveld.

Du Preez was 'n uitstekende veelsydige rugbyspeler, en soos die Australiese slot John Eales was hy daardie seldsame verskynsel: 'n slot wat pale toe kon skop en selfs skepskop. Alhoewel hy nie besonder lank was nie, was hy 'n toring van krag in die lynstaan. Boonop het hy fantastiese spoed en fyn hardloopvaardighede met bal in die hand gehad, soos hy gewys het in die drie wat hy in 1968 teen die Britse Leeusgedruk het.

As 'n uitdrukking van die agting wat hy deur Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers geniet, is Du Preez aangewys as die land se rugbyspeler van die 20ste eeu.

Persoonlik lewewysig

Hy het skoolgegaan aan die Hoërskole Standerton en Parys. Hy het in die Lugmag begin werk en later in die Bray-omgewing geboer.

Provinsiale loopbaanwysig

Hy het sy provinsiale rugby vir die destydse Noord-Transvaal as flank en slot gespeel.

Internasionale loopbaanwysig

Sy internasionale rugbyloopbaan het vanaf 1960 tot 1971 gestrek. Hy verteenwoordig Suid-Afrika in 38 toetse, 'n Suid-Afrikaanse rekord vir daardie tyd. Hy het een toetsdrie gedruk.[1]

Verwysingswysig

  1. 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995. ISBN 0-7981-3411-9

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media