Friedrich Hölderlin

Johann Christian Friedrich Hölderlin (20 Maart 17707 Junie 1843) was 'n Duitse digter en filosoof. Hy is deur Norbert von Hellingrath beskryf as "die mees Duits van alle Duitsers". Hy was 'n sleutelfiguur in die Duitse Romantiek.[1]

Friedrich Hölderlin (portret uit 1792)

Veral as gevolg van sy vroeëre verbintenis met, en filosofiese invloed op, Hegel en Schelling, was hy ook 'n belangrike denker in die ontwikkeling van Duitse idealisme.[2][3][4][5]

Hölderlin is gebore in Lauffen am Neckar. Sy jeug was gekenmerk deur ontbering. Sy moeder wou gehad het dat hy die Lutherse bediening moes betree. Hy het die Tübinger Stift bygewoon waar hy vriende met Hegel en Schelling was. Hy het in 1793 gegradueer, maar kon hom nie aan die Christelike geloof wy nie. Hy het pleks daarvan 'n tutor geword. Twee jaar later het hy vlugtig die Universiteit van Jena bygewoon waar hy gemeng het met Fichte en Novalis, voordat hy voortgegaan het met sy loopbaan as tutor. Hy het gesukkel om homself as digter te vestig, en was geteister deur geestesongesteldheid. Hy is in 1806 na 'n kliniek gestuur waar sy toestand as ongeneeslik gediagnoseer is. Hy is blyplek deur 'n timmerman, Ernst Zimmer, gegee. Hy het die finale ses-en-dertig jaar van sy lewe in Zimmer se woning gebly, en in 1843 op die ouderdom van drie-en-sewentig jaar beswyk. Hölderlin het gevolg in die voetspore en tradisie van Goethe en Schiller, as synde 'n bewonderaar van die Griekse mitologie en antieke Griekse digters soos Pindar en Sophokles, en het Christelike en Hellenistiese temas in sy werke versmelt. Martin Heidegger, op wie Hölderlin 'n reuse invloed uitgeoefen het, het gesê: "Hölderlin is een van ons grootste, dit wil sê, mees indringende denkers, want hy is ons grootste digter."[6]

Hölderlin het die Tübinger Stift van 1788 tot 1793 bygewoon.
Die eerste vloer van die geel toring (nou bekend as die Hölderlinturm) was van 1807 tot en met sy dood in 1843 Hölderlin se woonplek gewees.

Geselekteerde werkewysig

  • Friedrich Hölderlins Sämtliche Werke. Red. Gotthold Friedrich Stäudlin (Berlyn: Cotta, 1846).
  • Sämtliche Werke. Red. Norbert von Hellingrath, Ludwig von Pigenot en Friedrich Seebass. 6 vols. (Berlyn: Propyläen, 1913–23 en 1943).
  • Sämtliche Werke. Große Stuttgarter Ausgabe. Red. Friedrich Beißner (werke) en Adolf Beck (briewe en dokumente). 8 vols in 16 dele. (Stuttgart: Cotta, 1943–1985).
  • Sämtliche Werke. Bekend as die "Kleine Stuttgarter Ausgabe". Red. Friedrich Beißner. 6 vols. (Stuttgart: Cotta, 1944/1946–1962).
  • Sämtliche Werke. Frankfurter Ausgabe. Red. D.E. Sattler. 20 vols. (Frankfurt am Main: Stroemfeld, 1975–2003).
  • Sämtliche Werke und Briefe in drei Bänden. Red. Jochen Schmidt. 3 vols. (Frankfurt am Main: Deutscher Klassiker Verlag, 1992–94).
  • Sämtliche Werke und Briefe. Red. Michael Knaupp. 3 vols. (München: Hanser, 1992–1993).
  • Gesammelte Werke. Red. Hans-Jürgen Balmes. Frankfurt: Fischer, 2008.

Engelse vertalingswysig

Hyperion
  • Some Poems of Friedrich Holderlin. Vert. Frederic Prokosch. (Norfolk, CT: New Directions, 1943).
  • Alcaic Poems. Vert. Elizabeth Henderson. (Londen: Wolf, 1962; New York: Unger, 1963). ISBN 0-85496-303-0
  • Friedrich Hölderlin: Poems & Fragments. Trans. Michael Hamburger. (Londen: Routledge & Kegan Paul, 1966; 4de uitg. Londen: Anvil Press, 2004). ISBN 0-85646-245-4
  • Friedrich Hölderlin, Eduard Mörike: Selected Poems. Vert. Christopher Middleton (Chicago: Universiteit van Chicago, 1972). ISBN 0-226-34934-9
  • Poems of Friedrich Holderlin: The Fire of the Gods Drives Us to Set Forth by Day and by Night. Vert. James Mitchell. (San Francisco: Hoddypodge, 1978; 2ed San Francisco: Ithuriel's Spear, 2004). ISBN 0-9749502-9-7
  • Hymns and Fragments. Vert. Richard Sieburth. (Princeton: Princeton-universiteit, 1984). ISBN 0-691-01412-4
  • Friedrich Hölderlin: Essays and Letters on Theory. Vert. Thomas Pfau. (Albany, NY: Staatsuniversiteit van New York, 1988). ISBN 0-88706-558-9
  • Hyperion and Selected Poems. The German Library vol.22. Red. Eric L. Santner. Vert. C. Middleton, R. Sieburth, M. Hamburger. (New York: Continuum, 1990). ISBN 0-8264-0334-4
  • Friedrich Hölderlin: Selected Poems. Vert. David Constantine. (Newcastle upon Tyne: Bloodaxe, 1990; 2ed 1996) ISBN 1-85224-378-3
  • Friedrich Hölderlin: Selected Poems and Fragments. Red. Jeremy Adler. Vert. Michael Hamburger. (Londen: Penguin, 1996). ISBN 978-0-14-042416-4
  • What I Own: Versions of Hölderlin and Mandelshtam. Vert. John Riley en Tim Longville. (Manchester: Carcanet, 1998). ISBN 1-85754-175-8
  • Holderlin's Sophocles: Oedipus and Antigone. Vert. David Constantine. (Newcastle upon Tyne: Bloodaxe, 2001). ISBN 1-85224-543-3
  • Odes and Elegies. Vert. Nick Hoff. (Middletown, CT: Wesleyan Press, 2008). ISBN 0-8195-6890-2
  • Hyperion. Vert. Ross Benjamin. (Brooklyn, NY: Archipelago Books, 2008) ISBN 978-0-9793330-2-6
  • Selected Poems of Friedrich Hölderlin. Vert. Maxine Chernoff en Paul Hoover. (Richmond, CA: Omnidawn, 2008). ISBN 978-1-890650-35-3
  • Essays and Letters. Vert. Jeremy Adler en Charlie Louth. (Londen: Penguin, 2009). ISBN 978-0-14-044708-8
  • The Death of Empedocles: A Mourning-Play. Vert. David Farrell Krell. (Albany, NY: Staatsuniversiteit van New York, 2009). ISBN 0-7914-7648-0
  • Poems at the Window / Poèmes à la Fenêtre, Hölderlin se laat kontemplatiewe gedigte, Engels en Frans-gerymde vertalings deur Claude Neuman, drietalige Duits-Engels-Franse uitgawe, Uitgawes www.ressouvenances.fr, 2017
  • Aeolic Odes / Odes éoliennes, Engelse en Franse vertalings deur Claude Neuman, drietalige Duits-Engels-Franse uitgawe, Uitgawes www.ressouvenances.fr, 2019

Bibliografiewysig

  • Internationale Hölderlin-Bibliographie (IHB). Hrsg. vom Hölderlin-Archiv der Württembergischen Landesbibliothek Stuttgart. 1804–1983. Bearb. Von Maria Kohler. Stuttgart 1985.
  • Internationale Hölderlin-Bibliographie (IHB). Hrsg. vom Hölderlin-Archiv der Württembergischen Landesbibliothek Stuttgart. Bearb. Von Werner Paul Sohnle und Marianne Schütz, online 1984 ff (after 1.1.2001: IHB online).
  • Homepage of Hölderlin-Archiv

Verdere leeswerkwysig

  • Theodor W. Adorno, "Parataxis: On Hölderlin's Late Poetry." In Notes to Literature, Volume II. Red. Rolf Tiedemann. Vert. Shierry Weber Nicholson. New York: Columbia University Press, 1992. pp. 109–149.
  • Francesco Alfieri, "Il Parmenide e lo Hölderlin di Heidegger. L’“altro inizio” come alternativa al dominio della soggettività", in Aquinas 60 (2017), pp. 151–163.
  • David Constantine, Hölderlin. Oxford: Clarendon Press 1988, gekorrigeer 1990. ISBN 0-19-815169-1.
  • Aris Fioretos (ed.) The Solid Letter: Readings of Friedrich Hölderlin. Stanford: Stanford-universiteit, 1999. ISBN 0-8047-2942-5.
  • Annemarie Gethmann-Siefert, "Heidegger and Hölderlin: The Over-Usage of "Poets in an Impoverished Time"", Heidegger Studies (1990). bl. 59–88.
  • Jennifer Anna Gosetti-Ferencei, Heidegger, Hölderlin, and the Subject of Poetic Language. New York: Fordham-universiteit, 2004. ISBN 0-8232-2360-4.
  • Dieter Henrich, Der Gang des Andenkens: Beobachtungen und Gedanken zu Hölderlins Gedicht. Stuttgart: Cotta, 1986; The Course of Remembrance and Other Essays on Hölderlin. Ed. Eckart Förster. Stanford: Stanford University, 1997. ISBN 0-8047-2739-2.
  • Martin Heidegger, Erläuterungen zu Hölderlins Dichtung. Frankfurt am Main: Klostermann, 1944; Elucidations of Hölderlin's Poetry. Vert. Keith Hoeller. Amherst, NY: Humanity Books, 2000.
  • Martin Heidegger, Hölderlins Hymne >>Der Ister<<. Frankfurt am Main: Klostermann, 1984; Hölderlin's Hymn "The Ister". Vert. William McNeill and Julia Davis. Bloomington, IN: Indiana University, 1996.
  • Josephson-Storm, Jason (2017). "Chapter 3: The Myth of Absence". The Myth of Disenchantment: Magic, Modernity, and the Birth of the Human Sciences. Chicago: University of Chicago Press. ISBN 978-0-226-40336-6. – 'n hoofstuk gewy aan die analise van Hölderlin se verhouding tot die Duitse idealisme en sy oogpunte betreffende towerkuns, mite en die Heidendom.
  • David Michael Kleinberg-Levin, Gestures of Ethical Life: Reading Hölderlin's Question of Measure After Heidegger. Stanford: Stanford-universiteit, 2005. ISBN 0-8047-5087-4.
  • Jean Laplanche, Hölderlin and the Question of the Father (fr: Hölderlin et la question du père, 1961), Vertaling: Luke Carson, Victoria, BC: ELS Editions, 2007. ISBN 978-1-55058-379-3.
  • Gert Lernout, The poet as thinker: Hölderlin in France. Columbia: Camden House, 1994.
  • James Luchte, Mortal Thought: Hölderlin and Philosophy. New York & Londen: Bloomsbury Publishing, 2016.
  • Paul de Man, “Heidegger’s Exegeses of Hölderlin.” Blindness and Insight. 2de Uitgawe Minneapolis: Universiteit van Minnesota, 1983, pp. 246–266.
  • Andrzej Warminski, Readings in Interpretation: Hölderlin, Hegel, Heidegger. Minneapolis: Universiteit van Minnesota, 1987.
  • J.M. Coetzee, Late Essays 2006-2017, ISBN 978-0-73522-392-9 - 'n hoofstuk gewy aan die vertaling van Hölderlin se werke, met die klem op die vertaalwerk van Michael Hamburger

Eksterne skakelswysig

Notaswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysingswysig

  1. Warminski, Andrzej (1987). Readings in Interpretation: Hölderlin, Hegel, Heidegger. Theory and History of Literature. Vol. 26. U of Minnesota Press. p. 209.
  2. Beiser, Frederick C., red. (1993). The Cambridge Companion to Hegel. Cambridge University Press. p. 419. ISBN 1-13982495-3.
  3. "As gevolg van sy filosofies minuskule uitset is dit belangrik om aan te dui op watter wyse Hölderlin se idees sy tydgenote en latere denkers beïnvloed het. Dit was die idees van Hölderlin wat aan Hegel aangedui het dat hy nie kon voortgaan om te werk aan die toepassing van filosofie tot die politiek, sonder om ten eerste sekere teoretiese kwessies aan te spreek, nie. In 1801 het dit daartoe gelei dat Hegel na Jena getrek het waar hy die Fenomologie van die Gees sou skryf....Schelling se vroeëre werk kom neer op 'n ontwikkeling van Hölderlin se begrip van "Bewustheid" in terme van die idee van 'n vorige identiteit van gedagte en objekte in sy Filosofie van Identiteit." Christian J. Onof, "Johann Christian Friedrich Hölderlin", Internet Encyclopedia of Philosophy. Besoek op 15 Januarie 2011.
  4. "Hegel is heeltemal afhanklik van Hölderlin – op sy vroeë pogings om op spekulatiewe wyse die gang van die menslike lewe en die eenheid van sy konflikte te begryp; op die helderheid waarmee Hölderlin se vriende sy insigte ten volle oortuigend gemaak het; en sekerlik ook op die integriteit waarmee Hölderlin gepoog het om van dié insig gebruik te maak om sy eie inwaarts-gekeerde, geskeurde lewe te preserveer." Dieter Henrich, The Course of Remembrance and Other Essays on Hölderlin, Red. Eckart Förster (Stanford: Stanford University, 1997) bl. 139.
  5. "Die Piëtistiese Horison het inderdaad vir generasies gestrek, tot en met, en insluitende die tyd toe Hegel, saam met sy vriende Hölderlin en Schelling, ure spandeer het langs die oewers van die Neckar en die teologiese opvoeding ontvang het wat hulle uiteindelik sou uitdaag en transformeer by wyse van die tradisie wat nou bekend staan as die Duitse idealisme." Alan Olson, Hegel and the Spirit. (Cambridge: Cambridge University Press, 1992), bl. 39.
  6. Dallmayr, Fred Reinhard (1989). Margins of Political Discourse. SUNY Press. p. 213.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media