Frida Kahlo
Magdalena del Carmen Frieda Kahlo y Calderón (* 6 Julie 1907 in Coyoacán, Meksikostad; † 13 Julie 1954 in Coyoacán, Meksikostad) was 'n Meksikaanse skilderes. Sy word by die beduidendste verteenwoordigers van volksverbonde surrealisme gereken, alhoewel haar werke soms ook elemente van Nuwe Saaklikheid toon.
Frida Kahlo | |
---|---|
![]() Malú Block (links), Frida Kahlo (middel) en Diego Rivera (regs) in Manhattan, 1932 Foto: Carl van Vechten, uit die Amerikaanse Library of Congress se Van Vechten Collection | |
Geboortenaam | Magdalena Carmen Frieda Kahlo y Calderón |
Gebore | Coyoacán, Meksikostad, Meksiko | 6 Julie 1907
Sterf | 13 Julie 1954 (op 47) Coyoacán, Meksikostad, Meksiko |
Nasionaliteit | ![]() |
Veld | Skildery |
Opleiding | Self-onderrig |
Beweging | Surrealisme, Magiese realisme |
Werke | in Museums: Albright–Knox Art Gallery Fundación Proa, Buenos Aires Frida Kahlo Museum, Coyoacán Harry Ransom Center Madison Museum of Contemporary Art Museo Dolores Olmedo Museo de Arte Moderno, Instituto Nacional de Bellas Artes, Meksikostad Museum of Modern Art Phoenix Art Museum San Francisco Museum of Modern Art |
Frida Kahlo het met haar skilderye dikwels na Meksiko se vroeë Asteekse en Maya-kuns verwys en daarnaas ook die Europese kunsgeskiedenis gereflekteer. Haar werke behandel eweneens sosiale en politieke kwelvrae. Haar betekenis as kunstenares word bevestig deur haar indrukwekkende verwerking van haar persoonlike lyde, veral haar chroniese siekte, maar ook haar huweliksprobleme. 55 van haar 143 skilderye is selfportrette.
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekCarles PuigdemontGetalSpesiaal:Onlangse wysigingsSelfstandige naamwoordAntoniemCleopatra VII2023Lika BerningIntensiewe vormByvoeglike naamwoordFotosinteseSuid-AfrikaMaselsTrappe van vergelykingVersamelnaamKlankInsekWiskundige terminologieSeksGordelroosKategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeuSeksposisieLiefling (die movie)PriemgetalHutsmerkGeldLeeuTradisieSinoniemSelVoornaamwoordSwangerskapAfrikaansMeervoudOlifantLêer:Bilgine-sor.jpgMites, Mitologie en gode