Fred le Roux

Fred Jacobus le Roux (28 Maart 1913, Stormsvlei - 20 April 1984, Stellenbosch) was ’n Afrikaanse joernalis en eerste redakteur van die tydskrif Sarie, waarna hy professor en hoof van die Departement Drama aan die Universiteit van Stellenbosch word. Met sy letterkundige rubrieke onder die skuilnaam Kees Konyn en sy vertalings van dramas en wetenskaplike boeke maak hy ook ’n groot bydrae tot Afrikaans.

Lewe en werkwysig

Hy matrikuleer aan die Hoërskool De Villiers Graaff, waarna hy vanaf 1931 verder studeer aan die Universiteit van Kaapstad. Hier doen hy gelyktydige kursusse vir die B.A.-graad en B.Sc.-graad en behaal in 1934 die B.A.-graad met onderskeiding in Afrikaans-Nederlands. In 1935 verwerf hy die Senior Onderwysdiploma met onderskeiding, waarna hy vir twee jaar onderwys gee op Steytlerville.

Hierna sluit hy vir etlike jare aan by die redaksie van Die Huisgenoot en is dan vanaf die stigting van die tydskrif Sarie Marais (later net Sarie) in 1948 tot 1968 die redakteur daarvan. Vir ’n ruk is hy terselfdertyd mede-hoofredakteur van Fair Lady. Hy lewer in hierdie tyd ook teaterresensies vir Die Burger. Kort na die stigting van die letterkundige tydskrif Standpunte begin hy help met die redaksie, maar hy word eers in  Desember 1950 amptelik lid van die redaksie, ’n posisie wat hy beklee tot Junie 1970.

Hy is op 24 Desember 1935 met spesiale lisensie in Vereeniging getroud met Truida Pohl, maar hulle gaan beide aan met hulle onderskeie onderwysposte en sien mekaar slegs vakansies en sommige naweke. Hulle vertel aanvanklik ook nie eers hulle ouers dat hulle getroud is nie[1]Die huwelik hou egter nie lank nie en hulle skei in Junie 1938, waarna Truida met N.P. van Wyk Louw getroud is. Hy trou hierna met die aktrise Johanna Maria (Ria) Olivier (4 November 19158 September 2005)[2] en hulle het twee kinders.

As akteur maak hy groot naam vir homself, en speel reeds in die dertigerjare in opvoerings van die Kaapstadse Amateur Toneelvereniging. Hy vertolk onder andere belangrike rolle in die opvoering van D.J. Opperman se drie versdramas, Periandros van Korinthe, Vergelegen en Voëlvry, terwyl hy ook in Germanicus en Die pluimsaad waai ver van N.P. van Wyk Louw, Koopman van Venesië van William Shakespeare en Die vroue van Troje van Euripides speel[3]

In Junie 1968 word hy hoof van die Departement van Drama aan die Universiteit van Stellenbosch, ’n pos wat hy beklee tot 1978. Na sy aftrede vertaal hy veral wetenskaplike werke in Afrikaans.

Hy is op Vrydag 20 April 1984 in sy huis op Stellenbosch oorlede[4]

Skryfwerkwysig

In die veertigerjare voer hy saam met Jan Greshoff onder die skuilnaam Kees Konyn in die tydskrif Trek ’n skrikbewind onder die middelmatige skrywers en boeke wat wil voorgee om vernaam te wees[5] ’n Keur uit hierdie artikels van hom word deur J.C. Kannemeyer versamel en onder die titel[6] Die koléperas van Kees Konyn[7] gepubliseer. Saam met D.J. Opperman stel hy die bundels[8] Stiebeuel [9]en Stiebeuel 2 saam, waarin ongepubliseerde digters die kans kry om te publiseer. Hy vertel in Waar die pad eindig ’n aantal heldedade uit die geskiedenis van die Zoeloes.

As vertaler van dramas en wetenskaplike werke maak hy ’n baie groot bydrae. John van Druten se drama I remember Mama vertaal hy as Ek onthou vir Mamma en dit word in die veertigerjare opgevoer deur die Akademie vir Dramakuns, waarna dit deur Dalro gepubliseer word. Dalro publiseer ook sy vertalings van Die reënmaker van Richard Nash (wat suksesvol deur TRUK opgevoer word), Die stasiebevelvoerder van Georges Courteline en Ses personasies op soek na ’n skrywer van Luigi Pirandello. Sy vertaling van Twis onder die geleerdes van Pieter Langendijk word ook gepubliseer.

Ander dramas wat hy vertaal sluit in The glass menagerie van Tennessee Williams as Speelgoed van glas (wat onder andere in 2010 by die Woordfees opgevoer word), Die dubbelbed van Jan de Hartog, Piekniek op die slagveld van die Spaanse dramaturg Fernando Arrabal Terán en Stemme van die Amerikaner Susan Griffin[10]

Vakkundige boeke wat hy vertaal sluit in Die aard van die heelal van Fred Hoyle, Die hart van die Christendom van C.S. Lewis, Die groot stryd: hoe kanker oorwin kan word van Ronald J. Glasser, Die proteas van Suider-Afrika van John P. Rourke en 'n Eeu van onreg van F.W. Reitz.

Publikasieswysig

JaarPublikasies
1959Berge van Afrika (saam met T.V. Bulpin)
Langs Afrika se strande (saam met T.V. Bulpin)
1975Waar die pad eindig
1982Die koléperas van Kees Konyn (saam met Jan Greshoff)
Samesteller
1946Stiebeuel (saam met D.J. Opperman)
1963Polfyntjies vir die proe – C. Louis Leipoldt
1965Stiebeuel 2 (saam met D.J. Opperman)
Vertaler
1939Twis onder die geleerdes – Pieter Langendijk
1957Die aard van die heelal – Fred Hoyle
1958Briewe aan Alet – Gladys Denney Shultz
1961Die geheim van Kalkoenberg – Eda en Richard Crist
Seepbelle en die kragte wat hulle vorm – C.V. Boys
Die verhaal van die neutron – Donald J. Hughes
Die walvisjagtertjie – Peter Freuchen
1962Dis tyd dat jy weet – Gladys Denney Shultz
1964Die hart van die Christendom – C.S. Lewis
1969Ek onthou vir Mamma – John van Druten
1972Die reënmaker – Richard Nash
1978Die groot stryd: Hoe kanker oorwin kan word – Ronald Joel Glasser
1980Ons nuwe wêreld – L.L. Hattingh
Die proteas van Suider-Afrika – John P. Rourke
Wonders van die wetenskap in volkleur: die aarde, plante en diere, die

menslike liggaam, wetenskap en tegnologie – Mark Lambert en Linda Moore

1981Eet gesond, leef gesond – Boris R. Chaitow
Geboorteverslag – Sylvia Close
Wie die roede spaar – James C. Dobson
1982As ek weer kon begin – John M. Drescher
Die G-kol: plus nuwe bevindinge oor seksualiteit – Alice Kahn Landas,
Beverley Whippie en John D. Perry
1983My naam is Legio – William Peter Blatty
1984Die wonder van die lewe: nuwe foto's van lewe voor die geboorte en die

jongste raad vir verwagtende moeders – Mirjam Furuhjam, Axel

Ingelman-Sundberg en Claes Wirsén

1985’n Eeu van onreg – F.W. Reitz
1987Die A-Z van tuinmaak in Suid-Afrika – W.G. Sheat
1990Die stasiebevelvoerder – Georges Courteline
2005Ses personasies op soek na ’n skrywer – Luigi Pirandello

Bronnelyswysig

Boekewysig

  • Botha, Danie “Voetligte en applous!” Protea Boekhuis Pretoria Eerste uitgawe Eerste druk 2006
  • Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
  • Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
  • Steyn, J.C. “Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal Deel I” Tafelberg-uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998

Tydskrifte en koerantewysig

  • Anoniem “Prof. Fred le Roux sterf op 71” “Die Burger” 23 April 1984
  • Elferink, Rita “’n Ware Renaissance-mens” “Die Burger” 24 April 1984
  • Elferink, Rita “Le Roux se afsterwe laat leemte” “Beeld” 25 April 1984
  • Bertyn, L.I. “Lig die hoed vir Kees Konyn” “Die Burger” 30 September 1982

Internetwysig

Resensieswysig

  1. Sien J.C. Steyn se “Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal Deel I” bladsye 177-179
  2. Eggsa-webwerf: http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=620376
  3. Esat-webwerf: http://esat.sun.ac.za/index.php/Fred_le_Roux
  4. Artikel in Die Burger van 23 April 1984
  5. J.C. Kannemeyer se “Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur 1”, bladsy 289
  6. Van Coller, H.P. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 21 no. 3, Augustus 1983
  7. Van Reenen, Rykie “Die Burger” 27 Januarie 1983
  8. Louw, W.E.G. “Van die stiebeuel in die saal” “Standpunte” Jaargang 2, no. 1, 1946
  9. Antonissen, Rob “Spitsberaad” Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966
  10. J.C. Kannemeyer se “Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur 1”, bladsy 289
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media