Frans Maritz

Ds. Francois (Frans) Maritz (13 April 1946 in Harare23 Februarie 2003 tussen Beatrice en Harare) was leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Hy was 'n leier in die Sinode van Midde-Afrika en ’n sleutelfiguur in laasgenoemde se inskakeling in 2003 by die Sinode van Noord-Transvaal (nou Noordelike Sinode). Ook was hy ’n steunpilaar vir al die lidmate in Zimbabwe in die moeilike tye wat hulle in die jare voor sy dood beleef het. Dat hy so skielik deur ’n motorongeluk weggeruk is, was ’n uiters gevoelige slag vir die kerk.

Kinderjarewysig

Maritz is op 13 April 1946 in Harare gebore, een van die min leraars in Midde-Afrika wat binne die sinodale gebied gebore is. Sy vader was Solomon Ignatius Maritz, ’n telefooningenieur, en sy moeder Johanna Sophia van der Walt, ’n onderwyseres. Hy ontvang sy skoolopleiding aan die Laerskool Hillside Bulawayo (1952-1956), Fort Victoria (1956-1959) en die Hamiltonskool in Bulawayo (1959-1964). Op skool het hy in debat en drama uitgeblink en was redakteur van die skoolblad in sy laaste jaar.

Opleidingwysig

Vir sy teologiese studie gaan hy van 1965 tot 1972 na die Kweekskool op Stellenbosch. Hy behaal die grade B.A. (1967), B.A. (Hons.) (in Klassieke Tale (1969), B.Th. (1971) en ’n Lisensiaat Teologie (1972). In 1985 voltooi hy die M.Th.-graad. Sy verhandeling het gegaan oor "Die boodskap van die Hebreërs". As student het hy opgetree as tydelike dosent in Klassieke Tale aan Universiteit Stellenbosch (1968) en Wes-Kaapland (1969-'71) en later by die Universiteit van Fort Hare (1976),

Predikantwysig

Maritz is in 1973 gelegitimeer en sy eerste gemeente was Cradock waar hy in 1973 georden en bevestig is. Hier het hy die gevolge van die Visriviervloed van Maart 1974 beleef (hy was met verlof in Zimbabwe toe dit gebeur het) en moes hy die pastorie ontruim. Twee maande later is sy medeleraar, ds. J.L. Nel, oorlede en moes hy vir meer as 'n jaar die groot gemeente alleen bedien.

Op 30 Desember 1971 tree hy in die huwelik met Jessie Anne Yeld, wat dosent in Latyn en Klassieke Kultuur aan die Universiteit van Stellenbosch was. Hulle het tussen 1973 en 1982 drie dogters en twee seuns gehad. Vanaf 1984 tot 2006 was sy dosent aan die Universiteit van Zimbabwe waar sy in 2000 haar D.Phil. verwerf het.

In Zimbabwewysig

In 1976 keer Maritz met sy vrou en drie dogters na Zimbabwe terug toe hy leraar word van die pasgestigte Que Que. Hier beleef hy die uittig van lidmate in die aanloop tot die land se onafhanklikwording in 1980. In 1982 word hy benoem as saakgelastigde van die Sinode van Midde-Afrika en was hy ook die Sinode se ex officio skriba. In dié amp is hy by talle sinode-kommissies betrek, byvoorbeeld die Kerkkantoorkommissie, skriba van die Moderatuur en die Sinodale Kommissie, Beheerraad van Huis Vergesig (enigste NG tehuis vir bejaardes in Midde-Afrika), Argiefkommissie van Transvaal en Midde-Afrika, lid en tesourier van die Raad van die Bybelgenootskap van Zimbabwe, dagbestuur van die Zimbabwiese Raad van Kerke, lid van die Subkommissie vir Geregtigheid, Vrede en Versoening en lid van die Algemene Fondsekommissie en Algemene Sinodale Kommissie van die Algemene Sinode. Hy was ook ’n flukse medewerkers van die Kerkbode, o.a. by die Wereld Raad van Kerke se vergadering in Harare, en het oral in Zimbabwe preekbeurte waargeneem.

Afsterwewysig

Dit was juis in Februarie 2003 op pad terug van ’n diens op Beatrice (suid van Harare) saam met sy vrou ná hy ’n nagmaaldiens daar waargeneem het dat ’n bus van voor gekom het, ’n ander bus wou verbysteek en hulle motor getref het. Hy is op slag dood. Jessie het ernstige harsingskudding opgedoen, maar oorleef. Sy het genoegsaam herstel om sy begrafnis by te woon, waaraan die hele gesin deelgeneem het.

Hy is in die Pioneer Cemetery in Remembrance Drive in Harare begrawe. Die diens is waargeneem deur ds. Dion van Dyk, moderator van Midde-Afrika, en deelnemingsboodskappe is van die hele ekumeniese gemeenskap in die land oorgedra. Van Dyk het daarop gewys dat Maritz, buiten sy praktiese dienslewering as saakgelastigde, die Here met sy hele lewe verheerlik het. Hy het steeds probeer om horisonne te verbreed en deur grense te breek, omdat hy geglo het dat almal een is in God. Hy het ’n oop hart vir andere gehad.

Bronwysig

  • Gaum, Frits, 2003. Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 2004. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die Nederduitse Gereformeerde Kerke.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media