Arpitaans

(Aangestuur vanaf Frankoprovensaals)

Arpitaans of Frankoprovensaals (Frans: Arpitan; Francoprovençal) is 'n Romaanse taal, wat in 'n aantal plaaslike dialekte in die sentrale Rhônevallei en Savoie (Oos-Frankryk), in die noordweste van Italië (veral in die Aostavallei) en oorspronklik ook in die grootste deel van die Romandie, die Franstalige gebiede van Wes-Switserland, gepraat word. Arpitaans vorm saam met Oksitaans en die Langues d'oïl van Noord-Frankryk die Galloromaanse taalgroep.

Arpitaans
Arpitan
Gepraat in:Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Italië Italië
Vlag van Switserland Switserland 
Gebied:Aosta-vallei, Piedmont, Foggia, Franche-Comté, Savoie, Bresse, Bugey, Dombes, Beaujolais, Dauphiné, Lyonnais, Forez, Romandy
Totale sprekers:113 400
Taalfamilie:Indo-Europees
 Romaans
  Wes-Romaans
   Galloiberies
    Galloromaans
     Arpitaans 
Skrifstelsel:Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1:-
ISO 639-2:-
ISO 639-3:frp 
Verspreiding van Arpitaans in Europa

Die benaming van die taalwysig

Die taalgebiede van Arpitaans (groen), Noord-Franse dialekte van die Langues d'oïl-groep (blou) en Oksitaanse dialekte (rooi)

Aangesien Arpitaans tans nie oor 'n standaardtaal beskik en sy taalgebied in die moderne geskiedenis ook nie as 'n politieke eenheid bestaan het nie, word daar met verskillende vakterme na die taal verwys.

Die term Frankoprovensaals is in 1873 deur die Italiaanse taalkundige Graziadio-Isaia Ascoli as 'n gemeenskaplike benaming vir 'n aantal Galloromaanse dialekte ingevoer, wat volgens dialektologiese beginsels nóg by die Langues d'oïl nóg by die Langues d'Oc (met onder meer Oksitaans) gereken kan word nie. Alhoewel hulle 'n eie taalgroep vorm en in die Romaanse taalwetenskap nou as Frankoprovensaals bekend staan, bly die gebruik op akademiese kringe beperk. Dit kan deels ook gewyt word aan die verwarring wat dit moontlik skep, aangesien daar ook 'n Provensaalse dialek bestaan wat in die suidooste van Frankryk gepraat word.

Veral in Frankryk word nou dikwels na die Frankoprovensaalse taal as Arpitaans verwys, waarby die term soms vir die hele Frankoprovensaalse taalgebied, soms net vir 'n aantal dialekte in die Alpegebied gebruik word.

Die taalgebiedwysig

Padteken vir Charvex (La Balme-de-Thuy, Haute-Savoie, Frankryk) nadat die naam in die 1990's na die ou Savoy spelling verander is - te vore is die dorpie Charvet genoem

Frankrykwysig

Frankoprovensaalse dialekte word as omgangstaal in die grootste deel van die geweste Rhône-Alpes en Franche-Comté gepraat, onder meer in die départemente Jura (suidelike gebiede), Doubs (suidelike gebiede), Haute-Savoie, Savoie, Isère (met uitsondering van die mees suidelike gebiede), Rhône, Drôme (mees noordelike gebiede), Ardèche (mees noordelike gebiede), Loire, Ain en Saône-et-Loire (mees suidelike gebiede).

Switserlandwysig

Frankoprovensaals is oorspronklik die omgangstaal van die grootste deel van die Romandie of Franstalige gebied van Switserland, met uitsondering van die kanton Jura, die noordelike deel van die kanton Neuchâtel en die Franstalige gebiede van die kanton Bern, waar dialekte van die Langues d'oïl gepraat is. Intussen is die Frankoprovensaalse dialekte deur plaaslike variante van die Franse standaardtaal verdring.

Italiëwysig

Veral die bevolking van die Aostavallei en 'n aantal valleie in die gewes Piëmont (die Val Sangone, die Valle Cenischia, die Val Soana en die Piantonettovallei) praat Frankoprovensaalse dialekte. Daar bestaan ook 'n Frankoprovensaale taaleiland in Apulië (Suid-Italië) met die dorpe Faeto en Celle San Vito.

Eksterne skakelswysig


Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groepOskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
IberoromaansAragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
GalloromaansLangues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
GalloitaliesLombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
RetoromaansRomansch | Ladinies | Friulaans
ItaloromaansDalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-RomaansKorsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
BalkanromaansAroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media