Film

Vel plastiek bedek met ligsensitiewe chemikalieë

(Aangestuur vanaf Fotografiese film)
Hierdie artikel handel oor fotografiese film; sien rolprent vir 'n artikel oor die vermaaklikheidsvorm.

Film is 'n vel plastiek (poliëster, nitrosellulose, of sellulose-asetaat), wat met 'n emulsie gedek is wat lig-sensitiewe silwer halogeniedsout (wat met gelatien gebind is) bevat met veranderlike kristalgroottes wat die sensitiwiteit, kontras en resolusie van die film bepaal. Wanneer die emulsie aan genoeg lig blootgestel word (of ander vorms van elektromagnetiese straling, soos X-strale), vorm dit 'n onsigbare beeld. Chemiese prosesse kan dan op die film uitgevoer word om 'n sigbare beeld te skep; die proses heet "filmontwikkeling", of slegs "ontwikkeling".

Onontwikkelde Arista swart-en-wit film.

In swart-en-wit fotografie is daar gewoonlik slegs een laag silwersout. Wanneer die blootgestelde korrels ontwikkel, word die silwersout omgesit in metaalsilwer, dít blokkeer lig en verskyn as die swart deel van 'n film se negatief.

Kleurfilm gebruik ten minste drie lae. Kleurstowwe, wat aan die oppervlak van die silwersout adsorbeer, maak die kristalle sensitief vir die verskillende kleure. Daar is tipies 'n blou-sensitiewe laag bo-op, gevolg deur 'n laag wat sensitief vir groen is en dan een vir rooi. Tydens ontwikkeling word die blootgestelde silwersout omgesit in metaalsilwer, net soos film wat vir swart-en-wit fotografie gebruik word. In die geval van kleurfilm kombineer die neweprodukte van die ontwikkelingsreaksie terselfdertyd met die chemikalieë wat bekend staan as kleurkoppelaars. Hierdie kleurkoppelaars word óf in die film self ingesluit of in die ontwikkelingsoplossing waarmee die kleurstowwe gemaak word. Omdat hierdie neweprodukte in direkte verhouding met die hoeveelheid blootstelling en ontwikkeling geskep word, word die kleurwolke ook in direkte verhouding met die blootstelling en ontwikkel gevorm. Na die ontwikkeling word die silwer weereens omgesit na silwersout, deur middel van 'n bleikproses. In die laaste stappe van ontwikkeling word dit van die film verwyder, waarna slegs die gevormde kleurstowwe oorbly, wat kombineer om die gekleurde, sigbare beeld te vorm.

Nuwer kleurfilms, soos die Kodacolor II, het tot 12 emulsielae, met meer as 20 verskillende chemikalieë in elke laag.

Omdat fotografiese film wyd gebruik word in die vervaardiging van rolprente, of flieks, staan hulle ook as "films" bekend.

Eksterne skakelswysig


Fotografie

BeeldsensorBeligtingDaguerreotipeDigitale kameraDonkerkamerEF-lenspassingEnkellensreflekskameraF-nommerFilmFilmspoedFokusFokusafstandIntreepupilKameraLensopeningLensopeningprioriteitPentaprismaProfessionele videokameraReël van derdesRGB-kleurmodelSluiterprioriteitSluiterspoedTelefotolensVeelvoudige beligtingVelddiepteWyehoeklens

GeomerkingGroeperingHolografieNatuurfotografieSelfieSnelreeksfotografieWildfotografie

35 mm ekwivalente fokuslengte• CMYK-kleurmodel• Kleurtemperatuur• Rooi-oogeffek• Swart-en-wit• Zoemlens

Wysig hierdie sjabloon


🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media