Foto na Dans

Foto na Dans of FND was 'n Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse musiekgroep wat gevorm is nadat vyf ouens dit gestig het slegs omdat hulle gevoel het hulle 'n behoefte het om musiek te maak.[1] Dit het die groep omtrent sewe jaar geneem om lede vir die groep te vind wat na hul sin die regte kombinasie sou wees. Ál die lede behalwe Nel was voorheen lede van Trompie is Dood, wat die nasionale hoërskool rockkompetisie Rockspaaider gewen het in 2005. Van die lede van Trompie is Dood het die groep verlaat wat veroorsaak het dat die groep 'n sanger benodig het. Nel kon hierdie gaping vul.

Foto na Dans
Ook bekend asFND
OorsprongBellville, Suid-Afrika
GenresEmo, poppunk, alternatiewe rock, progresiewe rock
InstrumenteKitaar, baskitaar, klavier, trompet
Jare aktief2005 - hede
Webwerffotonadans.co.za
LedeLe-Roi Nel (sang, kitaar)
Neil Basson (kitaar, sang)
John Haveman (baskitaar)
Alex Fourie (trompet, klavier)
Dirkie Uys (tromme)

Die groep word deur groepe soos Muse, Bloc Party, Springbok Nude Girls en Incubus geïnspireer, maar erken dat hul musiek selde ten volle met enige musiekstyl vergelyk kan word.

Foto na Dans is 'n projek wat streef daarna om die genot wat hulle uit musikale sintese put met almal wat belang stel te deel. Hulle noem hulself 'n "Kulturele, musikale/multi-media reis wat oop is vir jou" en meld dat hulle 'n konsekwente visie het wat lui: "'n magdom klanke/visuele as simbool van ons gevoelens/idees/gedagtes".

Die groep se debuutvideo, Huiwerig, het binne 'n paar weke die A-lys op MK89 gehaal. Nadat hul kortspeler in Januarie uitgereik is, het Foto na Dans se optredes begin opslae maak. Die video van Soldaatvolk was drie weke agtereenvolgens nommer een op MK89 se Top-tien. Foto Na Dans het 'n EP vrygestel op 13 Augustus 2008, Pantomime op Herwinbare Klanke. In 2010 het hulle hul laaste CD, Die Vloed vrygestel. Op 18 Januarie 2012 kondig die groep deur sy Facebookblad aan dat hulle na afloop van hul laaste toer vir ’n onbepaalde tyd ’n breuk sou neem.[2]

Diskografiewysig

Ateljeealbumswysig

  • Intervensie (2007)
  • Pantomime op Herwinbare Klanke (2008)
  • Die Vloed (2010)

Intervensie (2007)wysig

Foto na Dans het in Junie/Julie 2007 hul eerste vollengte (12-snit) ateljeealbum, Intervensie, in B-Sharp Studios in Boksburg opgeneem. Hulle sou teen die einde van September 2007 met die album begin toer het.

EP'swysig

  • Foto Na Dans EP (2007)

Enkelsnittewysig

TitelAlbumUitgewer
"Huiwerig"Foto Na Dans EP, 2007Rhythm Records
"Soldaatvolk"Foto Na Dans EP, 2007Rhythm Records
"Vergeet Van My"Intervensie, 2007Rhythm Records
"Hou Jou Hande by Mekaar"Intervensie, 2007Rhythm Records
"Natuurlik Verlig"Pantomime Op Herwinbare Klanke, 2008Rhythm Records
"Die Wals"Intervensie, 2009Rhythm Records

Sien ookwysig

Eksterne skakelswysig

Verwysingswysig

  1. Foto na Dans se MySpace
  2. "Foto na Dans - Die laaste dans" (html). Foto na Dans. 18 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 22 Junie 2012.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media