Floraryk

'n Floraryk is 'n fitogeografiese indeling van die (land)oppervlak van die aarde. Dit beteken dat dié indeling net op die verspreiding van plante oor die planeet gebaseer is, en nie op die (soögeografiese) verspreiding van die fauna nie.

Die floraryke
Die WWF-ekosones
Die floraryke aan die grens van die Karboon en die Perm

Gewoonlik word ses floraryke onderskei:

  • Holarctis
  • Paleotropis
  • Neotropis
  • Capensis
  • Australis
  • Antarctis

Die indeling na plante verskil van die soögeografiese indeling. Byvoorbeeld die plante van die ryk Holarctis het groot ooreenkomste in 'n baie groot gebied, maar die diere in Noord-Amerika is verskillend van dié in Asië en Europa. In 'n soögeografiese indeling word gewoonlik Holarctis verdeel in 'n Palearktiese- en Nearktiese gebied. Die omgekeerde situasie word in Suid-Afrika aangetref. Die plantewêreld van die Kaap verskil baie van die res van Afrika. Fitogegrafies spreek mens van die floraryk Capensis, maar die diere is baie minder verskillend.[1]

Daar is nóg verskille. Byvoorbeeld eilande soos Nieu-Guinea en die eilande van die Stille Oseaan word fitogeografies by Paleotropis gereken, maar die WWF-indeling, wat 'n sintese van fito- en soögeografiese indelings is, reken dit by die Australasiatiese en Oseaniese ekosones. Die suide van Suid-Amerika en die Suideiland van Nieu-Seeland word gewoonlik by die floraryk Antarctis gereken, maar nie by die Antarktiese ekosone nie.

Paleorykewysig

In die aarde se lang geskiedenis het floraryke verskil van die huidige en paleontoloë probeer om uit die fossiele gegewens en die kennis van die plaattektoniek die vroër omstandighede te herkonstrueer. Aan die begin van die Perm het byvoorbeeld 'n Gondwaniese, Euroamerikaanse, Angoraanse en Cathayse floraryk bestaan.

Verwysingswysig

  1. The SAGE Handbook of Biogeography Andrew Millington, Mark Blumler, Udo Schickhoff, SAGE, 2011, ISBN 1-4462-5445-3, ISBN 978-1-4462-5445-5, bls. 77
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media