Firth of Forth

Die Firth of Forth (Skots-Gaelies Abhainn Dhubh, letterlik "Swart Rivier") is die monding (firth) van die Skotse rivier Forth. Die rivier mond hier tussen Fife in die noorde en West Lothian, Edinburgh en East Lothian in die suide in die Noordsee uit. Getye kom tot by Stirling in en uit, maar in die algemeen word die Kincardine-brug as die grenspunt van die monding se binnelandse gedeelte beskou.

Die Firth of Forth
Die padbrug oor die Forth

'n Groot aantal stede en dorpe lê langs die oewers van die Firth, asook die petrochemiese aanleg van Grangemouth, die skeepsdokke van Leith, die olieplatform-konstruksieterrein van Methil, die skeepsslopery van Inverkeithing en die Britse Vloot se dokke in Rosyth. Talle ander nywerheidsones lê in die gebied, soos byvoorbeeld Forth Bridgehead, Burntisland, Kirkcaldy, Bo'ness en Leven.

Die Kincardine-brug en die beroemde Forth-padbrug en Forth-spoorwegbrug is die belangrikste verbindings oor die Firth.

Die binnelandse gedeelte van die monding tussen die Kincardine- en Forth-brûe het sowat die helfte van die gebied, wat vroeër deur die getye geraak is, as gevolg van landaanwinningsprojekte kwytgeraak. Hier het landbou- en nywerheidsterreine ontstaan, maar veral uitgestrekte asstrandmere om die oorskot van die Longannet-steenkoolkragsentrale naby Kincardine.

Die Firth speel ook 'n belangrike rol as natuurbewaringsgebied. Die riviermonding is 'n broeiplek vir jaarliks sowat 90 000 seevoëls. Daar is 'n uitkykpunt vir voëlliefhebbers op die May-eiland.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media