Ferdinand Hartzenberg

Politikus

(Aangestuur vanaf Ferdi Hartzenberg)

Ferdinand Hartzenberg (8 Januarie 1936 - 12 Maart 2021) was 'n regse Suid-Afrikaanse politikus en die tweede en laaste leier van die Konserwatiewe Party in Suid-Afrika tussen 1993 tot sy samesmelting met die Vryheidsfront in 2004.

Ferdi Hartzenberg

Minister van Onderwys en Opleiding
Ampstermyn
1979 – 1982
PresidentP.W. Botha

Adjunkminister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling
Ampstermyn
1978 – 1979

Leier van die Konserwatiewe Party
Ampstermyn
April 1993 – 2003
Voorafgegaan deurDr. Andries Treurnicht
Opgevolg deurAmp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore8 Januarie 1936
Lichtenburg, Suid-Afrika
Sterf12 Maart 2021 (op 85)
Lichtenburg
Politieke partyNP (1959–1982)
KP (1982–2003)
VF+ (2003 - )
Alma materUniversiteit van Pretoria

Hartzenberg is in 1936 in Lichtenburg gebore en het skool gegaan op Sannieshof Primêre Skool en die Hoër Volkskool in Potchefstroom. Aan die Universiteit van Pretoria verwerf hy die volgende grade: B.Sc. (Landbou), M.Sc. (Landbou), D.Sc. (Landbou). Hy het ’n aktiewe rol gespeel op die Verteenwoordigende Studenteraad en die Afrikaanse Studentebond en het vir die Nasionale Party (NP) tydens verkiesingsveldtogte gewerk.

Vanaf 1959–1960 dien hy as sekretaris van die NP-streeksraad vir Rissik en later op die Afdelingsraad vir Lichtenburg. In 1964 is hy in die Transvaalse Provinsiale Raad benoem. In 1970 het hy LV vir Lichtenburg geword.

In 1976 is hy aangestel as adjunkminister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling en is in 1979 bevorder tot Minister van Onderwys en Opleiding in die regering van P.W. Botha, 'n pos wat hy tot Maart 1982 beklee het. As een van die meer konserwatiewe lede van die regerende Nasionale Party (NP) was hy ontevrede oor die beleid van magsdeling wat Botha voorgestaan het in terme van ’n parlement waarin Blankes, Indiërs en Kleurlinge sou deelneem. Saam met dr. Andries Treurnicht en ander NP-lede, het hy die NP in 1982 verlaat om die Konserwatiewe Party (KP) te stig. Hartzenberg is as adjunkleier van die nuwe party verkies.

Hartzenberg het die leier van die KP geword na Treurnicht se dood in April 1993. Hy het dus die hoof van die amptelike opposisie in die Blanke kamer van die Suid-Afrikaanse Parlement geword, ’n posisie wat hy beklee het tot die eerste demokratiese verkiesing in April 1994.

Die Konserwatiewe Party het geweier om aan die algemene verkiesing van 1994, deel te neem en het daarmee hul parlementêre verteenwoordiging verloor. Sonder enige parlementêre verteenwoordiging het die KP vinnig sy steunbasis verloor, met die konserwatiewes wat deur genl. Constand Viljoen van die Vryheidsfront verteenwoordig is. Aan die einde van 2003 het die KP saamgesmelt met die Vryheidsfront en die Afrikaner Eenheidsbeweging om ’n nuwe party bekend as die Vryheidsfront Plus (VF+) te stig. Hartzenberg het egter op daardie stadium uit die aktiewe politiek getree.

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media