Federasie

'n Federasie (Latyn: federare van foedus verbond) is 'n vereniging van state onder 'n federale bestuur wat gemeenskaplike belange soos verdediging, buitelandse sake en dergelike behartig, maar waarby die state hulle soewereiniteit behou.

Federasies in die wêreld

Staatsvormwysig

’n Federasie is ’n staatsvorm waarby die sentrale gesag as minder belangrik beskou word, terwyl die afsonderlike state ’n groot mate van onafhanklikheid gegun word. Die deelstate staan onder gesag van die federale regering. Die belangrikste funksies van die federale regering is die formulering van buitelandse beleid en die gesamentlike verdediging van die deelstate. Omdat die deelstate sterk van mekaar kan verskil word die magsewewig in ’n federale grondwet vasgelê.

Die deelstate het eie parlemente met omvattende bevoegdhede. Deelstate het ook eie grondwette en eie wette wat per deelstaat (sterk) van mekaar kan verskil op die gebied van taalerkenning, godsdiens, kultuur, ekonomie, ens. Die Federale staatsvorm van Indië is die grootste en mees uitgebreide federasie in die wêreld. Die regering van ’n deelstaat word ’n deelregering genoem.

’n Federale en konfederale staatsvorm verskil in die praktyk nouliks. By ’n federale staatsvorm word deelstate saamgebind deur ’n federale grondwet en staan deelstate onder gesag van ’n federale regering. By ’n konfederasie word soewereine state saamgebind deur ’n verdrag (en nie ’n grondwet nie). Hierdie verdrag kan maklik opgesê word en bly die state verder soewerein. Die huidige Europese Unie is ’n voorbeeld van ’n konfederale staatsvorm.

Voorbeeldewysig

Voorbeelde van federale state is Argentinië, Australië, België, Duitsland, Indië, Italië, Kanada, Maleisië, Meksiko, Nigerië, Rusland, Spanje, Switserland, Oostenryk, Venezuela, die Verenigde State van Amerika en die Verenigde Arabiese Emirate.

Verenigingwysig

Die term federasie word ook gebruik vir die samewerking tussen selfstandige vereniginge in 'n vaste verband met 'n gemeenskaplike doel soos Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge FAK.

Bronnewysig

  • HAT Verklarende Handwoordeboek Van Die Afrikaanse Taal (F.F. Odendahl/R.H. Gouws) Kaapstad 2005
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media