Falun

Stad in die provinsie Dalarnas län (Sentraal-Swede)

Falun [ˈfɑːlʉn] is 'n stad in die provinsie Dalarnas län (Sentraal-Swede) met 36 447 inwoners. Die stad is die administratiewe setel van die gelyknamige munisipaliteit met 55 000 inwoners en vorm saam met die buurstad Borlänge 'n metropolitaanse gebied met 'n bevolking van naastenby 100 000.

Falun

Ligging in SwedeWapen
Ligging in Dalarna
 Land Swede
 Provinsie Dalarnas län
 Koördinate60°36′N 15°37′O / 60.600°N 15.617°O / 60.600; 15.617
 StigtingVoor 1100
 Stadstatus1641
 Oppervlakte: 
 - Totaal26,4 vk km
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2006)36 447
 - Bevolkingsdigtheid1 381/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET) Somertyd: +2
 MunisipaliteitFalun (Falu kommun)
 Amptelike Webwerfwww.falun.se

Falun het vanweë sy kopermyne 'n belangrike rol in die ekonomiese geskiedenis van Swede gespeel en is nog steeds 'n beduidende nywerheidsstad en dienstesentrum, alhoewel die plaaslike myn in 1992 gesluit is. Falun se kopermyn, werkerskwartiere en nywerheidsgebiede in 2001 deur die UNESCO tot wêrelderfenisgebied verklaar. 18de eeuse kantoorgeboue op die mynterrein huisves tans die Stora Kopparberget Museum wat modelle van die myn asook versamelings van minerale en kopermunte vertoon.

Falun was vroeër die hoofkwartier van die Sweedse maatskappy Stora of Stora Kopparberget - die oudste industriële sakeonderneming ter wêreld waarvan die voorloper reeds in 'n biskoplike dokument uit die jaar 1288 en 'n koninklike oktrooi van 1347 genoem word. Stora Kopparberget het in 1888 'n beperkte maatskappy geword (met houtverwerking en metale as sy hoofbelange) en in 1998 met die Finse maatskappy Enso saamgesmelt tot Stora Enso.[1]

Tradisionele nywerhede, wat steeds bewaar gebly het, is die vervaardig van die sogenaamde Falun-rooi Sweeds: Falun rödfärg of faluröd), 'n kleur wat van koperoksied gemaak word. Die fasades van Sweedse houthuise word al eeue lank met hierdie kleur geverf.

Vandag vorm masjienbou, chemiese en tekstielnywerhede die ekonomiese basis van Falun. Die stad is daarnaas 'n gewilde wintersportoord en was 'n kandidaatstad vir die Olimpiese Winterspele in 1988. Die skiwêreldkampioenskap van die jaar 1993 het op Falun se Lugnet-wintersportterrein plaasgevind.

Verwysingswysig

  1. Dittmann, Frank (red.): Nordis Reisehandbuch Skandinavien 2008. Essen: Nordis 2008, bl. 268
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media