FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966

Die agtste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: World Cup 1966 – England) is vanaf 11 tot 30 Julie 1966 aangebied in Engeland, die “tuiste van sokker”. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Engeland aangebied is en die vyfde in Europa. Buitendien was dit die eerste wêreldbekertoernooi in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat in dié land aangebied is; later sou nog ’n aantal krieketwêreldbeker- en rugbywêreldbekertoernooie volg.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
World Cup 1966 – England
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Engeland Engeland
Datums 11 Julie – 30 Julie
Spanne 16 (van 5 konfederasies)
Stadions (in 7 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Engeland Engeland (1 titel)
Tweede plek Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland
Derde plek Vlag van Portugal Portugal
Vierde plek Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 32
Doele 89 (2.78 per wedstryd)
Bywoning 1 563 135 (48 848 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Portugal Eusébio (9 doele)[1]
Beste speler Vlag van Engeland Bobby Charlton
1962
1970
Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Engeland het die trofee gewen nadat hulle Wes-Duitsland met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Engeland het daarmee die derde gasheer ná Uruguay in 1930 en Italië in 1934 geword om die toernooi te wen. Die eindstryd word veral vir die omstrede “Wembley-doel” onthou, wat deur Engelse ondersteuners as geldig beskou word, maar nie deur Duitse s’n nie. Daarbenewens is dit die eerste wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het; in 2003 sou nog die rugbywêreldbekertitel volg en in 2019 die krieketwêreldbekertitel. Portugal het in die derde en die Sowjetunie in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Brasilië is reeds in die groepfase uitgeskakel; die eerste keer wat hierdie lot ’n verdedigende kampioen toegeval het.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Korea en Portugal het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysingwysig

Engeland is op 22 Augustus 1960 in Rome deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966. Ander kandidaatlande was Spanje en Wes-Duitsland, maar Spanje het voor die stemming hulself onttrek.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966[2]
LandRondte 1
 Engeland34
 Wes-Duitsland27

Kwalifiseringwysig

Kaart van die Afrikalande wat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 geboikot het (in swart)

Die gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is nege vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika) en een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en CAF (Afrika) beslis.

31 Afrikalande het die toernooi weens FIFA se beslissing van 1964, waarvolgens die wenner van die Afrikakwalifisering teen die wenner van die Asiatiese kwalifisering vir net een plek moes speel, geboikot. Hulle was van mening dat die oorwinning in die Afrikakwalifisering op sigself goed genoeg vir ’n kwalifisering vir die Sokker-Wêreldbekertoernooi sou gewees het. ’n Ander rede vir hul boikot was die toelating van Suid-Afrika teen spyte dié land se opskorting van CAF in 1958 weens Apartheid. Suid-Afrika is daarna aan die kwalifiserende groep van Asië en Oseanië toegewys voordat dit weer in Oktober 1964 weens druk van ander Afrikalande opgeskort is. Ten spyte daarvan het die Afrikaspanne, nadat FIFA geweier het om die kwalifiserende formaat te verander, in elk geval besluit om uit die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi te onttrek totdat minstens een volledige plek aan Afrika toegeken sal word, iets wat in plek gestel is vanaf die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970.[3]

Kwalifiserende spannewysig

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Argentinië5de31962Naaswenner (1930)
 Brasilië8ste81962Kampioen (1958, 1962)
 Bulgarye2de21962Groepfase (1962)
 Chili4de21962Derde plek (1962)
 Engeland5de51962Kwarteindrondte (1954, 1962)
 Frankryk6de11958Derde plek (1958)
 Hongarye6de41962Naaswenner (1938, 1954)
 Italië6de21962Kampioen (1934, 1938)
 Meksiko6de51962Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958, 1962)
 Noord-Korea1ste1Debuut
 Portugal1ste1Debuut
 Sowjetunie3de31962Kwarteindrondte (1958, 1962)
 Spanje4de21962Vierde plek (1950)
 Switserland6de21962Kwarteindrondte (1934, 1938, 1958)
 Uruguay5de21962Kampioen (1930, 1950)
 Wes-Duitsland6de41962Kampioen (1954)

Stadionswysig

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

LondenBirmingham
Wembley-stadionWhite City-stadionVilla Park
51°33′20″N 0°16′47″W / 51.55556°N 0.27972°W / 51.55556; -0.27972 (Wembley-stadion)51°30′48.96″N 0°13′38.64″W / 51.5136000°N 0.2274000°W / 51.5136000; -0.2274000 (White City-stadion)52°30′33″N 1°53′5″W / 52.50917°N 1.88472°W / 52.50917; -1.88472 (Villa Park)
Kapasiteit: 98 600Kapasiteit: 76 567Kapasiteit: 52 000
Liverpool
Goodison Park
53°26′20″N 2°57′58″W / 53.43889°N 2.96611°W / 53.43889; -2.96611 (Goodison Park)
Kapasiteit: 50 151
Manchester
Old Trafford
53°27′47″N 2°17′29″W / 53.46306°N 2.29139°W / 53.46306; -2.29139 (Old Trafford)
Kapasiteit: 58 000
SheffieldSunderlandMiddlesbrough
Hillsborough-stadionRoker ParkAyresome Park
53°24′41″N 1°30′2″W / 53.41139°N 1.50056°W / 53.41139; -1.50056 (Hillsborough)54°54′52″N 1°23′18″W / 54.91444°N 1.38833°W / 54.91444; -1.38833 (Roker Park)54°33′51″N 1°14′49″W / 54.56417°N 1.24694°W / 54.56417; -1.24694 (Ayresome Park)
Kapasiteit: 42 730Kapasiteit: 40 310Kapasiteit: 40 000

Formaatwysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 is oor 20 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 11 Julie 1966 op die Wembley-stadion in Londen met ’n wedstryd tussen die gasheer Engeland en Uruguay afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 30 Julie met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Duitsland, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 ingespan.[5]

Kalenderwysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Julie
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Ma
18
Di
19
Wo
20
Groep 1111111
Groep 2111111
Groep 3111111
Groep 4111111
Uitklopfase
Julie
Do
21
Vr
22
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
Sa
30
Uitklopfase41111
Legende

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfasewysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfasewysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.

Wedstrydewysig

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 6 Januarie 1966 in die Royal Garden Hotel in Londen gehou.

Groepfasewysig

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Engeland321040+45
 Uruguay312021+14
 Meksiko302113–22
 Frankryk301225–31

11 Julie 1966
19:30
 Engeland0–0  UruguayWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 87 148
Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye)
Verslag

13 Julie 1966
19:30
 Frankryk1–1  MeksikoWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 69 237
Skeidsregter: Menachem Ashkenazi (Israel)
Hausser 62'Verslag 48' Borja

15 Julie 1966
19:30
 Uruguay2–1  FrankrykWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 45 662
Skeidsregter: Karol Galba (Tsjeggo-Slowakye)
Rocha 26'
Cortés 31'
Verslag 15' (straf) De Bourgoing

16 Julie 1966
15:00
 Engeland2–0  MeksikoWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 92 570
Skeidsregter: Concetto Lo Bello (Italië)
B. Charlton 37'
Hunt 75'
Verslag

19 Julie 1966
16:30
 Meksiko0–0  UruguayWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 61 112
Skeidsregter: Bertil Lööw (Swede)
Verslag

20 Julie 1966
19:30
 Engeland2–0  FrankrykWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 98 270
Skeidsregter: Arturo Yamasaki (Peru)
Hunt 38', 75'Verslag

Groep 2wysig

Wedstryd tussen Argentinië en Wes-Duitsland
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Wes-Duitsland321071+65
 Argentinië321041+35
 Spanje310245–12
 Switserland300319–80
  • Wes-Duitsland het bo Argentinië geëindig weens doelverhouding.

12 Julie 1966
19:30
 Wes-Duitsland5–0  SwitserlandHillsborough Stadium, Sheffield
Toeskouers: 36 000
Skeidsregter: Hugh Phillips (Skotland)
Held 16'
Haller 21', 77' (straf)
Beckenbauer 40', 52'
Verslag

13 Julie 1966
19:30
 Argentinië2–1  SpanjeVilla Park, Birmingham
Toeskouers: 48 000
Skeidsregter: Dimiter Rumentchef (Bulgarye)
Artime 65', 77'Verslag 67' Pirri

15 Julie 1966
19:30
 Spanje2–1  SwitserlandHillsborough Stadium, Sheffield
Toeskouers: 32 000
Skeidsregter: Tofik Bakhramof (Sowjetunie)
Sanchís 57'
Amancio 75'
Verslag 31' Quentin

16 Julie 1966
15:00
 Argentinië0–0  Wes-DuitslandVilla Park, Birmingham
Toeskouers: 51 000
Skeidsregter: Konstantin Zečević (Joego-Slawië)
Verslag

19 Julie 1966
19:30
 Argentinië2–0  SwitserlandHillsborough Stadium, Sheffield
Toeskouers: 32 000
Skeidsregter: Joaquim Campos (Portugal)
Artime 52'
Onega 79'
Verslag

20 Julie 1966
19:30
 Wes-Duitsland2–1  SpanjeVilla Park, Birmingham
Toeskouers: 51 000
Skeidsregter: Armando Marques (Brasilië)
Emmerich 39'
Seeler 84'
Verslag 23' Fusté

Groep 3wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Portugal330092+76
 Hongarye320175+24
 Brasilië310246–22
 Bulgarye300318–70

12 Julie 1966
19:30
 Brasilië2–0  BulgaryeGoodison Park, Liverpool
Toeskouers: 48 000
Skeidsregter: Kurt Tschenscher (Wes-Duitsland)
Pelé 15'
Garrincha 63'
Verslag

13 Julie 1966
19:30
 Portugal3–1  HongaryeOld Trafford, Manchester
Toeskouers: 37 000
Skeidsregter: Leo Callaghan (Wallis)
José Augusto 1', 67'
Torres 90'
Verslag 60' Bene

15 Julie 1966
19:30
 Hongarye3–1  BrasiliëGoodison Park, Liverpool
Toeskouers: 52 000
Skeidsregter: Ken Dagnall (Engeland)
Bene 2'
Farkas 64'
Mészöly 73' (straf)
Verslag 14' Tostão

16 Julie 1966
15:00
 Portugal3–0  BulgaryeOld Trafford, Manchester
Toeskouers: 26 000
Skeidsregter: José María Codesal (Uruguay)
Wutsof 17' (e.d.)
Eusébio 38'
Torres 81'
Verslag

19 Julie 1966
19:30
 Portugal3–1  BrasiliëGoodison Park, Liverpool
Toeskouers: 62 000
Skeidsregter: George McCabe (Engeland)
Simões 15'
Eusébio 27', 85'
Verslag 70' Rildo

20 Julie 1966
19:30
 Hongarye3–1  BulgaryeOld Trafford, Manchester
Toeskouers: 22 000
Skeidsregter: Roberto Goicoechea (Argentinië)
Dawidof 43' (e.d.)
Mészöly 45'
Bene 54'
Verslag 15' Asparuhof

Groep 4wysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Sowjetunie330061+56
 Noord-Korea311124–23
 Italië310222±02
 Chili301225–31

12 Julie 1966
19:30
 Sowjetunie3–0  Noord-KoreaAyresome Park, Middlesbrough
Toeskouers: 22 000
Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje)
Malofejew 31', 88'
Banisjefskij 33'
Verslag

13 Julie 1966
19:30
 Italië2–0  ChiliRoker Park, Sunderland
Toeskouers: 30 000
Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland)
Mazzola 8'
Barison 88'
Verslag

15 Julie 1966
19:30
 Chili1–1  Noord-KoreaAyresome Park, Middlesbrough
Toeskouers: 16 000
Skeidsregter: Ali Kandil (Verenigde Arabiese Republiek)
Marcos 26' (straf)Verslag 88' Pak Seung-zin

16 Julie 1966
15:00
 Sowjetunie1–0  ItaliëRoker Park, Sunderland
Toeskouers: 27 800
Skeidsregter: Rudolf Kreitlein (Wes-Duitsland)
Tsjislenko 57'Verslag

19 Julie 1966
19:30
 Noord-Korea1–0  ItaliëAyresome Park, Middlesbrough
Toeskouers: 18 000
Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk)
Pak Doo-Ik 42'Verslag

20 Julie 1966
19:30
 Sowjetunie2–1  ChiliRoker Park, Sunderland
Toeskouers: 22 000
Skeidsregter: John Adair (Noord-Ierland)
Porkoejan 28', 85'Verslag 32' Marcos

Uitklopfasewysig

Die kwarteindstryd tussen Engeland en Argentinië
KwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
          
23 Julie – Londen    
   Engeland 1
26 Julie – Londen
   Argentinië 0 
   Engeland 2
23 Julie – Liverpool
    Portugal 1 
   Portugal 5
30 Julie – Londen
   Noord-Korea 3 
   Engeland 4
23 Julie – Sheffield
    Wes-Duitsland 2
   Wes-Duitsland 4
25 Julie – Liverpool
   Uruguay 0 
   Wes-Duitsland 2Uitspeel om derde plek
23 Julie – Sunderland
    Sowjetunie 1 28 Julie – Londen
   Sowjetunie 2
    Portugal 2
   Hongarye 1 
   Sowjetunie 1

Kwarteindrondtewysig


23 Julie 1966
15:00
 Portugal5–3  Noord-KoreaGoodison Park, Liverpool
Toeskouers: 51 780
Skeidsregter: Menachem Ashkenazi (Israel)
Eusébio 27', 43' (straf), 56', 59' (straf)
José Augusto 80'
Verslag 1' Pak Seung-zin
22' Li Dong-Woon
25' Yang Seung-Kook

23 Julie 1966
15:00
 Wes-Duitsland4–0  UruguayHillsborough Stadium, Sheffield
Toeskouers: 34 000
Skeidsregter: Jim Finney (Engeland)
Haller 11', 83'
Beckenbauer 70'
Seeler 75'
Verslag

23 Julie 1966
15:00
 Sowjetunie2–1  HongaryeRoker Park, Sunderland
Toeskouers: 26 844
Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje)
Tsjislenko 5'
Porkoejan 46'
Verslag 57' Bene

23 Julie 1966
15:00
 Engeland1–0  ArgentiniëWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 90 000
Skeidsregter: Rudolf Kreitlein (Wes-Duitsland)
Hurst 78'Verslag

Halfeindrondtewysig


25 Julie 1966
19:30
 Wes-Duitsland2–1  SowjetunieGoodison Park, Liverpool
Toeskouers: 38 300
Skeidsregter: Concetto Lo Bello (Italië)
Haller 42'
Beckenbauer 67'
Verslag 88' Porkoejan

26 Julie 1966
19:30
 Engeland2–1  PortugalWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 95 000
Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk)
B. Charlton 30', 80'Verslag 82' (straf) Eusébio

Klein finale (om die derde plek)wysig


28 Julie 1966
19:30
 Portugal2–1  SowjetunieWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 88 000
Skeidsregter: Ken Dagnall (Engeland)
Eusébio 12' (straf)
Torres 89'
Verslag 43' Malofejew

Eindstrydwysig


30 Julie 1966
15:00
 Engeland4–2 (e.t.)  Wes-DuitslandWembley-stadion, Londen
Toeskouers: 98 000
Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland)
Hurst 18', 101', 120'
Peters 78'
Verslag 12' Haller
89' Weber


Sokkerwêreldkampioen 1966
 Engeland

FIFA se terugwerkende ranglyswysig

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1966-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Engeland
Koningin Elizabeth II oorhandig die Jules Rimet-trofee van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 aan die Engelse kaptein Bobby Moore
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  Engeland16510113+811
2  Wes-Duitsland26411156+99
3  Portugal36501178+910
4  Sowjetunie46402106+48
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  Argentinië2421142+25
6  Hongarye3420287+14
7  Uruguay1412125−34
8  Noord-Korea4411259−43
In die groepfase uitgeskakel
9  Italië4310222±02
10  Spanje2310245−12
11  Brasilië3310246−22
12  Meksiko1302113−22
13  Chili4301225−31
 Frankryk1301225−31
15  Bulgarye3300318−70
16  Switserland2300319−80

Meeste doele aangetekenwysig

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Eusébio9
2 Helmut Haller6
3 Franz Beckenbauer4
Ferenc Bene4
Geoff Hurst4
Walerij Porkoejan4
7 Luis Artime3
Eduard Malofejef3
José Augusto3
Jose Torres3
Bobby Charlton3
Roger Hunt3
RangSpelerDoele
13 Rubén Marcos2
Igor Tsjislenko2
Pak Seung-zin2
Kálmán Mészöly2
Uwe Seeler2
18 Lothar Emmerich1
Sigfried Held1
Wolfgang Weber1
René-Pierre Quentin1
Eusébio

Verwysingswysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2018. Besoek op 29 April 2018.
  2. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
  3. (en) "How Africa boycotted the 1966 World Cup". BBC. 11 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
  4. (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013.
  5. (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
  6. (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
  7. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.

Verdere leesstofwysig

Eksterne skakelswysig


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media