FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 (Arabies: 1997 السعودية; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 12 tot 21 Desember 1997 in Saoedi-Arabië aangebied. Die was die eerste sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die vorige twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
1997 السعودية
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Datums 12 – 21 Desember
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 1 stad)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (1 titel)
Tweede plek Vlag van Australië Australië
Derde plek Flag of the Czech Republic Tsjeggië
Vierde plek Vlag van Uruguay Uruguay
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 52 (3.25 per wedstryd)
Bywoning 333 500 (20 844 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Brasilië Romário (7 doele)
Beste speler Vlag van Brasilië Denílson
1995
1999
Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Hoewel Duitsland, wenner van die Europese Sokkerkampioenskap 1996, nie deelgeneem het nie, is elke kontinentale konfederasie deur ’n sokkerspan verteenwoordig. Die wenner van die Sokker-Wêreldbeker, destyds Brasilië, kon vir die eerste keer meeding.

Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Australië met 6–0 in die eindstryd geklop en sodoende die eerste span geword wat die kontinentale beker (1997), die wêreldbeker (1994) en die konfederasiebeker agtereenvolgens ingepalm het. Tsjeggië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig. Dit was die eerste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die drie daaropvolgende 1999-, 2001- en 2003-toernooie ingespan, maar daarna weer geskrap.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het vir die eerste keer aan die konfederasiebeker deelgeneem maar hulle is reeds in die eerste rondte uitgeskakel.

Stadionwysig

Al die wedstryde is gespeel op dieselfde stadion:

Riaad
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 (Saoedi-Arabië)
Koning Fahd II-stadion
24°47′17.54″N 46°50′21.25″O / 24.7882056°N 46.8392361°O / 24.7882056; 46.8392361 (Koning Fahd II-stadion)
Kapasiteit: 67 000
Opening: 1987

Deelnemende spannewysig

Spanne wat aan die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 deelgeneem het:

   Groep A

   Groep B

SpanKonfederasieKwalifiseringDeelname
 Saoedi-ArabiëAFCGasheer en wenner van die AFC Asië-beker in 19963de
 BrasiliëCONMEBOLWenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 en tweede plek in die CONCACAF Goue-beker in 19961ste
 UruguayCONMEBOLWenner van die Copa América-beker in 19951ste
 Suid-AfrikaCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 19961ste
 AustraliëOFCWenner van die OCF Nasies-beker in 19961ste
 TsjeggiëUEFANaaswenner van die UEFA Europa-beker in 1996[1]1ste
 MeksikoCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 19962de
Verenigde Arabiese EmirateAFCWenner van die AFC Asië-beker in 19961ste

Formaatwysig

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 is oor agt dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 12 Desember 1997 op die Koning Fahd II-stadion in Riaad met ’n wedstryd tussen die gasheer Saoedi-Arabië en Brasilië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 21 Desember 1997 met die eindstryd tussen Brasilië en Australië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het.

Kalenderwysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Desember
Vr
12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Groep A222
Groep B222
Uitklopfase
Desember
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
21
Uitklopfase22
Legende

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek en eindstryd

Groepfasewysig

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfasewysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstrydewysig

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfasewysig

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep Awysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië321062+47
 Australië311132+14
 Meksiko310286+23
 Saoedi-Arabië310218–73

12 Desember 1997
16:15 AST
 Saoedi-Arabië0–3  BrasiliëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 80 000
Skeidsregter: Nikolai Lewnikof (Rusland)
Verslag 65' César Sampaio
73', 80' Romário

12 Desember 1997
19:00 AST
 Meksiko1–3  AustraliëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 15 000
Skeidsregter: Pirom Un-Prasert (Thailand)
Hernández 80' (straf)Verslag 45' Viduka
59' Aloisi
90' Mori

14 Desember 1997
17:50 AST
 Saoedi-Arabië0–5  MeksikoKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 15 000
Skeidsregter: Ian McLeod (Suid-Afrika)
Verslag 20', 62' Palencia
68', 76' Blanco
75' Luna

14 Desember 1997
20:00 AST
 Australië0–0  BrasiliëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 15 000
Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger)
Verslag

16 Desember 1997
17:50 AST
 Saoedi-Arabië1–0  AustraliëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 55 450
Skeidsregter: Javier Castrilli (Argentinië)
Al-Khilaiwi 40'Verslag

16 Desember 1997
20:00 AST
 Brasilië3–2  MeksikoKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Ian McLeod (Suid-Afrika)
Romário 41' (straf)
Denílson 61'
Júnior Baiano 66'
Verslag 51' Blanco
90' Ramírez

Groep Bwysig

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Uruguay330084+49
 Tsjeggië311195+44
 Verenigde Arabiese Emirate310228–63
 Suid-Afrika301257–21

13 Desember 1997
17:50 AST
 Verenigde Arabiese Emirate0–2  UruguayKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 13 000
Skeidsregter: Ramesh Ramdhan (Trinidad en Tobago)
Verslag 45+2' Olivera
90+2' Pacheco

13 Desember 1997
20:00 AST
 Suid-Afrika2–2  TsjeggiëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 7 500
Skeidsregter: Javier Castrilli (Argentinië)
Augustine 39'
Mkhalele 86'
Verslag 19', 40' Šmicer

15 Desember 1997
17:50 AST
 Verenigde Arabiese Emirate1–0  Suid-AfrikaKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 11 000
Skeidsregter: René Ortube (Bolivië)
H. Mubarak 5'Verslag

15 Desember 1997
20:00 AST
 Tsjeggië1–2  UruguayKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 9 000
Skeidsregter: Saad Mane (Koeweit)
Siegl 89'Verslag 26' Olivera
88' Zalayeta

17 Desember 1997
17:50 AST
 Verenigde Arabiese Emirate1–6  TsjeggiëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 8 000
Skeidsregter: René Ortube (Bolivië)
Al Talyani 78'Verslag 11' (e.d.) Obaid
22', 31' Nedvěd
42', 68', 71' Šmicer

17 Desember 1997
20:00 AST
 Uruguay4–3  Suid-AfrikaKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 8 000
Skeidsregter: Ramesh Ramdhan (Trinidad en Tobago)
Silva 12', 66'
Recoba 42'
Callejas 90'
Verslag 11' Radebe
69' Mkhalele
77' Ndlanya

Uitklopfasewysig

HalfeindrondeEindronde
19 Desember – Riaad
   Brasilië 2 
   Tsjeggië 0 
 
21 Desember – Riaad
     Brasilië 6
    Australië 0
Derde plek
19 Desember – Riaad21 Desember – Riaad
   Uruguay 0   Tsjeggië 1
   Australië 1    Uruguay 0

Halfeindrondtewysig


19 Desember 1997
15:15 AST
 Brasilië2–0  TsjeggiëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 28 000
Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger)
Romário 54'
Ronaldo 83'
Verslag

19 Desember 1997
19:00 AST
 Uruguay0–1 (e.t.)  AustraliëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 22 000
Skeidsregter: Nikolai Lewnikof (Rusland)
Verslag  92' Kewell

Klein finale (om die derde plek)wysig


21 Desember 1997
17:50 AST
 Tsjeggië1–0  UruguayKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 27 500
Skeidsregter: Lucien Bouchardeau (Niger)
Lasota 63'Verslag

Eindstrydwysig


21 Desember 1997
21:00 AST
 Brasilië6–0  AustraliëKoning Fahd II-stadion, Riaad
Toeskouers: 65 000
Skeidsregter: Pirom Un-Prasert (Thailand)
Ronaldo 15', 27', 59'
Romário 38', 53', 75' (straf)
Verslag


Sokker-Konfederasiebekerkampioen 1997
 Brasilië

FIFA se terugwerkende ranglyswysig

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[2] Die ranglys vir die 1997-toernooi is soos gevolg:

RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  BrasiliëA5410142+1213
2  AustraliëA521248−47
3  TsjeggiëB5212107+37
4  UruguayB530286+29
In die groepfase uitgeskakel
5  MeksikoA310286+23
6  Verenigde Arabiese EmirateB310228−63
7  Saoedi-ArabiëA310218−73
8  Suid-AfrikaB301257−21

Meeste doele aangetekenwysig

Meeste doele aangeteken:

RangSpelerDoele
1 Romário7
2 Vladimír Šmicer5
3 Ronaldo4
4 Cuauhtémoc Blanco3
5 Francisco Palencia2
Helman Mkhalele2
Pavel Nedvěd2
Darío Silva2
Nicolás Olivera2
10 John Aloisi1
Harry Kewell1
Damian Mori1
Mark Viduka1
Júnior Baiano1
César Sampaio1
Denílson1
RangSpelerDoele
10 Luis Hernández1
Braulio Luna1
Ramón Ramírez1
Mohammed al-Khilaiwi1
Brendan Augustine1
Pollen Ndlanya1
Lucas Radebe1
Horst Siegl1
Edvard Lasota1
Hassan Mubarak1
Adnan Al Talyani1
Christian Callejas1
Antonio Pacheco1
Álvaro Recoba1
Marcelo Zalayeta1
Mohamed ObaidED
Romário

Verwysingswysig

  1. Tsjeggië neem Duitsland se plek in as Europa se verteenwoordiger nadat Duitsland die uitnodiging van die hand wys.
  2. (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 27 Junie 2022.

Eksterne skakelswysig


FIFA Sokker-Konfederasiebeker

Saoedi-Arabië 1992Saoedi-Arabië 1995Saoedi-Arabië 1997Meksiko 1999Suid-Korea/Japan 2001Frankryk 2003Duitsland 2005Suid-Afrika 2009Brasilië 2013Rusland 20172021

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media