Félix Guattari

Félix Guattari (Villeneuve-les-Sablons, 30 April 1930 - Cour-Cheverny, 29 Augustus 1992) was 'n Franse psigoanalis, sosiale filosoof en aktivis. Guattari was in die 1950's 'n student van die invloedryke psigoanalis Jacques Lacan en het vir die grootste deel van sy lewe in die eksperimentele psigiatriese kliniek La Borde gewerk. In die 1960's het hy egter Lacan se psigoanalitiese metode as 'n ortodokse godsdiens beskou.[1] Terselfdertyd het hy met die Franse Kommunistiese Party gebreek en betrokke geraak by verskeie radikale politieke, sosiale, aktivistiese en intellektuele groepe (insluitende die Trotskyistiese groep "Voie Communiste" en die F.G.E.R.I. (Fédération des groupes d’études et de recherches institutionnelles) en die se Recherches tydskrif. Hy het verskeie artikels gepubliseer wat sy terapeutiese / politieke / filosofiese idees verduidelik het.

Félix Guattari
Gebore30 April 1930
Villeneuve-les-Sablons
Oorlede29 Augustus 1992
Cour-Cheverny
BurgerskapFrans
VakgebiedPsigoanalise, politiek, ekologie, semiotiek
Instelling(s)La Borde psigiatriese kliniek
Alma materUniversiteit van Parys VIII
Bekend virAssemblage, wens-produksie, deterritorialisasie, ekosofie, skiso-analise
Beïnvloed deurSigmund Freud, Karl Marx, Friedrich Nietzsche, Jacques Lacan, Gilles Deleuze
Invloed opGilles Deleuze, Brian Massumi, Antonio Negri, Bryan Reynolds

Lewensloopwysig

Graf van Guattari in die Père-Lachaise-begraafplaas, Parys

Guattari is gebore in Villeneuve-les-Sablons, 'n werkersklas-voorstad van noordwes Parys, Frankryk. Hy is in die vroeë 1950's opgelei (en is geanaliseer deur) die psigoanalis Jacques Lacan. Daarna het hy die res van sy lewe in die eksperimentele psigiatriese kliniek van La Borde onder die leiding van Lacan se leerling, die psigiater Jean Oury, gewerk. La Borde was 'n plek vir gesprek onder baie studente van filosofie, sielkunde, etnologie en maatskaplike werk.

Kort ná die studente opstand van Parys in Mei 1968 het hy die filosoof Gilles Deleuze ontmoet met wie sy naam onlosmaaklik gekoppel sou word. In 1972 het hulle gesamentlik hul filosofiese besverkoper Anti-Oedipus gepubliseer, die eerste deel van die tweedelig-reeks Kapitalisme en Skisofrenie. Die sukses van hierdie boek het hulle twee van die mees prominente Franse intellektuele gemaak. Die samewerking het later drie boeke opgelewer: Kafka: pour une littérature mineure (1975), Mille Plateaus (1980, die tweede deel van kapitalisme en skisofrenie) en uiteindelik Qu'est-ce que la philosophie? (1991).

Guattari het nog altyd in die skaduwee van Deleuze gebly, alhoewel hy self en ander (insluitende Antonio Negri) 'n dosyn boeke en essays gelewer het, waaronder La révolution moléculaire (1977, 1980), Les années d'hiver: 1980-1985 ( 1986) en Chaosmose (1992). Guattari is in 1992 aan 'n hartaanval dood. Verskeie Guattari se boeke is postuum vertaal in Engels, waardeur sy eie werk daarin geslaag het om 'n wyer gehoor te bereik en die waardering vir sy deel in die samewerking met Deleuze het toegeneem. Aan Guattari word die eksplisiete politieke oriëntasie van hul boeke toegeskryf.

Verwysingswysig

  1. The Guattari Reader ed. by Gary Genosko (Oxford: Blackwell, 1996), bl. 9

Notaswysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media