Eve Boswell

Eve Boswell (1922–1998) was ’n Suid-Afrikaanse sangeres wat in Hongarye gebore is. Sy en haar gesin kom in 1939 saam met die Boswell-sirkus na Suid-Afrika, en sy verander later haar van na Boswell. Ná ’n tydperk van werk in Engeland keer sy na Suid-Afrika terug en vestig haar in Durban. Van haar treffers sluit in "Sugarbush" (Suikerbossie), “Daar lê die ding" en "Mamma, ’k wil ’n man hê".[1]

Eve Boswell
Eve Boswell in 1964.
Agtergrondinligting
GeboortenaamEva Edith Keleti
Gebore11 Mei 1922
Boedapest, Hongarye
Sterf14 Augustus 1998
Durban
GenresTradisionele popmusiek
Beroep(e)Sangeres
InstrumenteStem
Jare aktief1950's

Lewensloopwysig

Eva Edith Keleti is op 11 Mei 1922 in Boedapest, Hongarye gebore. Haar ouers was professionele musikant wat wêreldwyd getoer het. Sy is in Switserland geskool en studeer klavier in Boedapest voordat sy by haar ouers as die Three Hugo begin toer. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog verlaat hulle Brittanje met die Boswell-sirkus. Sy trou en word as Eva Boswell 'n gewilde sang-ster in Suid-Afrika.[2]

In 1949 oorreed Geraldo (Gerald Bright) haar om na Brittanje terug te keer om in sy orkes te sing. Die groep is gereeld op BBC-radio gehoor. Boswell en Geraldo se paaie skei in 1952, waarna sy 'n solo-loopbaan begin. Sy behaal haar eerste treffer in dieselfde jaar met "Sugar Bush", wat sy deels in Afrikaans sing.

In 1956 behaal haar treffer "Pickin' a Chicken" ('n Suid-Afrikaanse wysie, met nuwe woorde) die negende plek op die VK se treffersparade. Haar veeleisende program van radiowerk en toere het tot verskeie ineenstorting gelei.

Sy keer in 1960 na Suid-Afrika terug, waar sy op 14 Augustus 1998 in Durban oorlede is. Sy was 76 jaar oud.

Verwysingswysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Obituary: Eve Boswell, besoek op 11 Maart 2017
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media