Evangelie volgens Nikodemus

(Aangestuur vanaf Evangelie van Nikodemus)

Die Evangelie volgens Nikodemus is 'n Nuwe Testamentiese apokriewe geskrif en bestaan uit twee dele: Die Handelinge van Pilatus en Christus se besoek aan die doderyk. Die twee dele het onafhanklik van mekaar ontstaan en is later bymekaargevoeg om een boek te vorm.

Groep wat Jesus in die graf lê. Die persoon links is Nikodemus.

Die eerste deel van die evangelie begin met 'n voorwoord deur iemand met die naam Ananias. Hy maak die stelling dat hy die oorspronklike Hebreeuse rekords ten opsigte van Jesus se dood wat deur Nikodemus geskryf is, in die hande gekry en dit in Grieks vertaal het. Dit is nie waar nie en die skrywers van albei boeke is onbekend, maar daar word aanvaar dat die eerste gedeelte voor die tweede gedeelte geskryf is. Die Handelinge van Pilatus is vermoedelik tussen 300 en 350 n.C. en Christus se besoek aan die doderyk tussen 450 en 550 n.C. geskryf. Eers het hierdie verhale 'n geweldige invloed op die latere kerkgeskiedenis gehad. Meer as 500 kopieë het daarvan behoue gebly in Grieks, Latyn, Siries, Aramees en Georgies. Die twee verhale in hierdie evangelie het egter geen geskiedkundige waarde nie.

Bronwysig

  • APOKRIEWE Ou en Nuwe Testament. Verlore boeke uit die Bybelse tyd. Jan van der Watt, Francois Tolmie. 2005. ISBN 1-77000-192-1
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media