Euklidiese meetkunde

Euklidiese meetkunde is 'n wiskundige teorie toegeskryf aan die Aleksandriese Griek Euklides, wie se werk Die Elemente die vroegste stelselmatige studie van meetkunde bevat wat bekend is. Alhoewel baie van die resultate reeds bekend was aan vroeëre wiskundiges, was Euklides die eerste om te wys hoe hierdie resultate pas in 'n omvattende deduktiewe en logiese stelsel.

Vir meer as tweeduisend jaar, was die byvoeglike naamwoord "Euklidiese" oorbodig, aangesien geen ander soort meetkunde nog ontdek was nie. Euklides se aksiomas was so intuïtief voor die hand liggend dat stellings wat daardeur bewys was, as absoluut waar beskou is. Vandag is daar egter vele modelle van nie-Euklidiese meetkunde bekend, waarvan die eerstes in die vroeë 19de eeu ontdek is. Dit word ook nie langer as vanselfsprekend aanvaar dat Euklidiese meetkunde fisiese ruimte beskryf nie. 'n Gevolg van Einstein se algemene relatiwiteitsteorie is dat Euklidiese ruimte 'n goeie benadering is tot die eienskappe van fisiese ruimte slegs indien die gravitasie-veld nie te sterk is nie.

Aksiomaswysig

Die parallel-postulaat

Euklidiese meetkunde is 'n aksiomatiese stelsel, waarin alle (ware) stellings afgelei word van 'n klein getal aksiomas of aannames. Aan die begin van Die Elemente stel Euklides vyf aksiomas voor. Op hierdie aksiomas word meetkunde van 'n plat vlak gebaseer in terme van konstruksies:

  1. Gegewe twee punte, is dit moontlik om 'n (unieke) reguit lyn te konstrueer wat deur beide punte loop
  2. 'n Reguitlynsegment kan (uniek) verleng word
  3. Enige punt kan dien as middelpunt van 'n sirkel, en enige (bekende) lengte mag dien as radius
  4. Alle regtehoeke is gelyk aan mekaar
  5. Die parallel-postulaat: Gegewe twee reguitlyne, en 'n snylyn wat beide lyne sny. As die som van die twee binnehoeke, gevorm deur die twee lyne en die snylyn, kleiner is as twee regtehoeke, dan sny die twee lyne mekaar aan daardie kant van die snylyn.

Verwysingswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media