Engelse nasionale sokkerspan

Die Engelse nasionale sokkerspan het Engeland sedert die eerste internasionale wedstryd in 1872 in internasionale sokker verteenwoordig. Dit word beheer deur The Football Association (FA), die beheerliggaam vir sokker in Engeland, wat by UEFA geaffilieer is en onder die wêreldwye jurisdiksie van wêreldsokker se beheerliggaam FIFA val.[1][2] Engeland neem aan die drie groot internasionale toernooie deel waarom deur Europese nasies meegeding word: die FIFA Wêreldbeker, die UEFA Europese Kampioenskap en die UEFA Nasiesliga. Engeland se tuisveld is Wembley-stadion, Londen, en sy oefenhoofkwartier is St George's Park, Burton upon Trent.

Die doelwagter Peter Shilton is Engeland se speler met die meeste wedstryde (125).
Wayne Rooney is Engeland se voorste doelskieter met 53 doele.

Engeland is die gesamentlike oudste nasionale span in sokker. Dit het die wêreld se eerste internasionale sokkerwedstryd in 1872 teen Skotland gespeel. Die wedstryd het in Hamilton Crescent, Glasgow, die tuiste van die West of Scotland Cricket Club, plaasgevind. Engeland het as "tuiste van sokker" die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 aangebied en tydens die eindstryd Wes-Duitsland met 4–2 geklop.[3] Met 'n Britse televisie gehoorpiek van 32,30 miljoen is die eindstryd die mees gesiene televisie-gebeurtenis ooit in die Verenigde Koninkryk.[4] Tydens die UEFA Europa-beker 2020 het Engeland vir die eerste keer die eindstryd gehaal, maar hulle is deur Italië met 3–2 ná strafskoppe verslaan. Engeland se hoogste sokkerliga is die Premier League, gevolg deur die Football League Championship.

Engeland is een van agt nasies wat die Wêreldbeker gewen het.[5] Engeland het 16 keer vir die Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer. Hulle het die 1966 Wêreldbeker-eindstryd gewen, 'n toernooi wat hul ook aangebied het, en het in beide 1990 en 2018 vierde geëindig. Engeland het nog nooit die Europese Kampioenskap gewen nie, met sy beste vertoning tot dusver as naaswenners in 2020.

As 'n samestellende land van die Verenigde Koninkryk is Engeland nie 'n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee nie en neem dus nie aan die Olimpiese Spele deel nie.

Engeland is tans die enigste span wat die Wêreldbeker op seniorvlak gewen het, maar nie hul groot kontinentale titel nie, en die enigste nie-soewereine entiteit wat die Wêreldbeker gewen het.

Verwysingswysig

  1. "FA Handbook 2013–14" (PDF). TheFA.com. p. 621. Besoek op 2 Februarie 2014.
  2. "Written evidence submitted by Lord Triesman". Parliament.uk. Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2018. Besoek op 31 Augustus 2014.
  3. (en) "It is now' for England". FIFA.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2019. Besoek op 14 Februarie 2021.
  4. (en) "Tracking 30 years of TV's most watched programmes". BBC. 22 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019. Besoek op 14 Februarie 2021.
  5. "England win the world cup". 7 Junie 2020. Besoek op 27 Januarie 2021.

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media