Engelse

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Engels.

Die Engelse (Engels: English of English people) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan Engeland wat Engels as moedertaal praat. Die Engelse identiteit is van vroeë Middeleeuse oorsprong, toe hulle in Oud-Engels as Angelcynn ("familie van die Engele") bekend was. Engeland is een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk en Engelse mense in Engeland is Britse burgers. Hul etnoniem is afgelei van die Angele, een van die Germaanse volke wat omtrent die 5de eeu n.C. na Groot-Brittanje migreer het.[9]

Engelse

Totale bevolking:ca. 75–100 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 37,6 miljoen in Vlag van Engeland Engeland en Vlag van Wallis Wallis[1]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 25–50 miljoen[2][3]
Vlag van Australië Australië 7,2 miljoen[4]
Vlag van Kanada Kanada 6,6 miljoen[5]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1,6 miljoen[6]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 44 000–282 000[7][8]

Taal:Engels
Geloofsoortuiging:Tradisioneel Anglikanisme, maar ook afgeskeidene en afvalliges, sowel as ander Protestante; ook Rooms-Katolieke; andere gelowe.
Verwante etniese groepe:Ander Germaanse volke; Bretonners, Iere, Skotte, Walliesers; Anglo-Afrikane; Anglo-Iere
Carl Spitzweg: Engländer in der Campagna
Waterverfskildery, omstreeks 1845. Alte Nationalgalerie, Berlyn

Histories gesien is die Engelse bevolking afstammelinge van 'n paar volke — die vroeë Keltiese Bretonners en die Germaanse stamme wat hulle in Brittanje as gevolg van die onttrekking van die Romeine gevestig het, insluitende die Angele, Sakse, Jute en Friese. Gesamentlik bekend as die Anglosakse, het hulle wat later as Engeland (van Oud-Engels Englaland) bekend geword het, saam met die latere Dene, Normandiërs en andere groepe gestig. Met die Acts of Union 1707 is die Koninkryk van Engeland deur die Koninkryk van Groot-Brittanje opgevolg.[10] Deur die jare heen het die Engelse gewoontes en identiteit redelik nou in lyn met die Britse gewoontes en identiteit in die algemeen geword.

Vandag het baie Engelse mense onlangse voorsate uit ander dele van die Verenigde Koninkryk, terwyl sommige ook afstammelinge van meer onlangse immigrante uit andere Europese lande en van die Britse Statebond is.

Die Engelse is die oorsprong van die Engelse taal, die Westminster-stelsel, die Gemenereg en talle groot sportsoorte soos krieket, sokker, rugby en tennis.[11] Hierdie en ander Engelse kulturele eienskappe het wêreldwyd versprei, deels as gevolg van die invloed en reikwydte van die voormalige Britse Ryk en deels as gevolg van migrasie.

Verwysingswysig

  1. (en) 2011 England and Wales census
  2. (en) 2010 ACS Ancestry estimates
  3. (en) US Census 1980
  4. (en) 2011 Australian Census
  5. (en) 2006 Canadian Census Geargiveer 23 Julie 2013 op Wayback Machine
  6. (en) Census 2011: Census in brief (PDF). Pretoria: Statistics South Africa. 2012. p. 26. ISBN 978-0-621-41388-5.
  7. (en) 2006 New Zealand census Geargiveer 19 Februarie 2008 op Wayback Machine
  8. (en) 1996 New Zealand census Geargiveer 19 Februarie 2008 op Wayback Machine
  9. "Online Etymology Dictionary" (in Engels). Etymonline.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2017. Besoek op 8 Julie 2011.
  10. (en) "Act of Union 1707". parliament.uk. Besoek op 26 Augustus 2010.[dooie skakel]
  11. (en) The fa 1863–2013.

Bronnewysig

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media