Endokriene stelsel

(Aangestuur vanaf Endokriene klier)

Die endokriene stelsel is die versameling kliere van ’n organisme wat hormone direk in die bloedvatstelsel afskei sodat dit na afgeleë organe gestuur kan word. Die belangrikste endokriene kliere sluit in die pynappel-, skild-, byskild-, adrenalien- en pituïtêre kliere, die pankreas, eierstokke en testikels.

Endokriene stelsel
Inligting en eksterne bronne
Endokriene kliere in die menslike kop en nek, en hul hormone.
Endokriene kliere in die menslike kop en nek, en hul hormone.
Inligting
LatynSystema endocrinum
Eksterne bronne
FMA9668

Werkingwysig

Die endokriene stelsel verskil van die eksokriene stelsel, wat hormone deur buise na buite die liggaam afskei. Dit is ’n inligtingseinstelsel soos die senuweestelsel, maar die meganisme en uitwerking daarvan verskil. Die endokriene stelsel se uitwerking word stadig geïnisieer en is langdurig, van ’n paar uur tot weke. Die senuweestelsel, daarenteen, stuur inligting baie vinnig en die reaksies is gewoonlik kortdurig. In gewerweldes is die hipotalamus die sentrale beheersentrum van alle endokriene stelsels.

Spesiale kenmerke van endokriene kliere is gewoonlik hul buislose aard, hul vaatrykheid en die teenwoordigheid van intrasellulêre holtes of korreltjies waarin die hormone geberg word. In teenstelling hiermee is eksokriene kliere, soos spoeg- en sweetkliere, minder vaatryk en het hulle buise.

Benewens die gespesialiseerde endokriene organe wat hierbo genoem is, het baie ander organe wat deel van ander liggaamstelsels is, soos die lewer, niere en hart, sekondêre endokriene funksies. So skei die niere endokriene hormone soos eritropoiëtien en renien af.

Die woord "endokrien" kom van die Griekse woorde ἐνδο- endo-, "binne", en κρίνειν krinein, "om te skei".

Eksterne skakelswysig

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media