Elton Jantjies

Elton Jantjies (gebore in Graaff-Reinet op 1 Augustus 1990) is 'n rugbyspeler wat vir die Goue Leeus in die Curriebeker speel en vir die Lions in Superrugby. Hy sluit in 2013 tydelik by die Stormers aan, weens die Lions se weglating uit Superrugby daardie jaar. Hy is ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2019.

Elton JantjiesSportportaal
Volle naamElton Thomas Jantjies
Geboortedatum1 Augustus 1990 (1990-08-01) (32 jaar oud)
GeboorteplekGraaff-Reinet, Suid-Afrika
Lengte1,76 m
Massa88 kg
SkoolHoërskool Florida
BeroepProfessionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Losskakel
Springbokno.819
Professionele / senior klubs
JareKlub / spanWeds(pte)
2014–2018
2022–
NTT Shining Arcs
NTT Red Hurricanes
35
0
(224)
(0)
korrek soos op 22 Mei 2022.
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
2010–2021Goue Leeus51(538)
korrek soos op 8 September 2021.
Superrugby
JareKlub / spanWeds(pte)
2011–
2013
Lions
Stormers
131
13
(1183)
(98)
korrek soos op 8 September 2021.
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
2010
2012–
Junior Bokke
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
5
45
(12)
(331)
korrek soos op 19 Julie 2022.

Curriebekerrugby

Jantjies het sy reputasie as sleutelspeler verwerf toe hy al vyf sy doelskoppe, asook 'n verdere tien strafskoppe suksesvol oorgeskop het in die 2011 Curriebeker-halfeindronde en in die eindstryd. Hy is aangewys as Speler van die wedstryd na die oorwinning van 42-16 oor die Haaie.

Springbokloopbaan

Elton Jantjies was ingesluit in the Springbokgroep vir die 2010 toer na Brittanje en Ierland;[1] en vir die inkomende toer teen Engeland in 2012.[2]

Jantjies het egter eers opgedraf vir die Springbokke op Loftus in die 75ste minuut van die toetswedstryd teen Australië om 18h45 (SA tyd) op 29 September 2012, toe hy Johan Goosen vervang het. Dit besorg aan hom die eer om die Springbokbaadjie te dra vir sy spel as losskakel in die laaste vyf minute van die toetswedstryd.

In Junie 2016, na Patrick Lambie beseer is, word hy egter die 'Bokke se nommer-een losskakel tydens die inkomende Ierse toer.

Toetsdrieë

DrieTeenstandersStadVeldKompetisieDatumUitslag
1  FrankrykDurban, Suid-AfrikaKings Park17 Junie 2017Wen 37–15
2  ArgentiniëSalta, ArgentiniëEstadio Padre Ernesto Martearena2017-Rugbykampioenskap26 Augustus 2017Wen 41–23

Verwysings

Eksterne skakels


Elton Jantjies

Elton Jantjies (gebore in Graaff-Reinet op 1 Augustus 1990) is \'n rugbyspeler wat vir die Goue Leeus in die Curriebeker speel en vir die Lions in Superrugby. Hy sluit in 2013 tydelik by die Stormers aan, weens die Lions se weglating uit Superrugby daardie jaar. Hy is ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2019.