Ellen Johnson Sirleaf

(Aangestuur vanaf Ellen Johnson-Sirleaf)

Ellen Johnson Sirleaf (gebore 29 Oktober 1938) het as 24ste president van Liberië gedien, nadat sy ingehuldig is op 16 Januarie 2006. Haar oorwinning is amptelik bekendgemaak deur die Liberiese verkiesingskommissie op 23 November 2005, na die 2005-verkiesing. Sy is die eerste verkose vroulike president van 'n Afrikaland. Joseph Boakai het as haar adjunkpresident gedien.

Ellen Johnson Sirleaf
Ellen Johnson Sirleaf
Ellen Johnson Sirleaf in 2015

24ste President van Liberië
Ampstermyn
16 Januarie 2006 – 22 Januarie 2018
ViseJoseph Boakai
Voorafgegaan deurGyude Bryant
Opgevolg deurGeorge Weah

Persoonlike besonderhede
Gebore29 Oktober 1938 (1938-10-29) (85 jaar oud)
Monrovia, Liberië
Politieke partyEenheidsparty (tot 2018)
Onafhanklik (sedert 2018)
Eggenoot/-noteJames Sirleaf (geskei)
Kind(ers)4
Alma materMadison Business College
Universiteit van Colorado, Boulder
Harvard-universiteit
ReligieMetodis
Handtekening
ToekenningsNobelprys vir Vrede (2011)
Die Amerikaanse ambassadeur Donald E. Booth en Liberië se president Ellen Johnson Sirleaf op haar inhuldigingseremonie
Die Nobelprys vir Vrede-wenners van 2011 in Oslo: Jemen se Tawakkol Karman, die Liberiese Leymah Gbowee en Liberië se president Ellen Johnson Sirleaf (v.l.n.r.).

'n Gegradueerde van Harvard, Sirleaf het betrokke geraak in regering nadat sy die Assistent Minister van Finansies geword het in President William Tolbert se regering in 1979, nadat sy beskuldig is van diefstal van oor die 3 miljoen Amerikaanse dollars. Tydens haar veldtog vir die Senaat in 1985, het sy haar uitgespreek teen die militêre regime, en is gevonnis tot tien jaar gevangeniskap. Sy is egter vrygelaat na 'n kort periode, en het die land verlaat in ballingskap na Nairobi, Kenia en het teruggekeer in 1997 in die kapasiteit van 'n ekonoom, in diens van die Wêreldbank, en Citibank in Afrika.

Aanvanklik 'n ondersteuner van Charles Taylor se rebellie teen Sersant Samuel Doe, maar sy het later voortgegaan om hom te opponeer, en het as kandidaat gestaan in die 1997 presidensiële verkiesing. Sy kon slegs 10% van die stemme inwin, teen oor Taylor se 75%. Taylor het haar aangekla van hoogverraad. Sy het 'n veldtog geloods vir die verwydering van Taylor uit sy amp, en het 'n aktiewe en ondersteunende rol gespeel in die oorgangsregering, soos die land voorberei het vir die 2005 verkiesing. Met Taylor se uittrede het sy die leierskap van die Eenheidsparty oorgeneem.

In die eerste rondte van die 2005 verkiesing, het sy tweede gekom met 175 520 stemme, wat haar deurgesit het na die opvolgverkiesing wat plaasgevind het op 8 November. Sy het te staan gekom teen voormalige sokkerspeler George Weah. Op 11 November het die Nasionale Verkiesingskommissie van Liberië Sirleaf verklaar as President-Elect van Liberië. Op 23 November het hulle die besluit bevestig en het verklaar dat Sirleaf die verkiesing gewen het met amper 20% meer stemme as haar opponent. Onafhanklike-, internasionale-, streeks- en plaaslike- waarnemers het verklaar dat die verkiesing vry, regverdig en deursigtig was.

Me. Sirleaf is die moeder van vier seuns en het ses kleinkinders. In 2011 het Ellen Johnson Sirleaf saam met Leymah Gbowee en Tawakkol Karman die Nobelprys vir Vrede ontvang.[1]

In Desember 2021 het James Sirleaf, een van die seuns van Ellen Sirleaf, in sy woning in Liberië gesterf onder onbekende omstandighede.[2]

Verkiesingwysig

Opsomming van die uitslae van die verkiesing op 11 Oktober 2005 en 8 Novemberedit

Stemme 1ste rondte%Stemme 2de rondte%
Ellen Johnson-Sirleaf - Eenheidsparty192,32619.8478,52659.4
George Weah - Kongres vir Demokratiese Verandering275,26528.3327,04640.6
Charles Brumskine - Liberale Party135,09313.9--
Winston Tubman - Nasionale Demokratiese Party van Liberië89,6239.2--
Varney Sherman - Coalition for the Transformation of Liberia76,4037.8--
Roland Massaquoi - Nasionale Patriotiese Party40,3614.1--
Joseph Korto - Liberië Gelyke Regte Party31,8143.3--
Alhaji G.V. Kromah - All Liberia Coalition Party27,1412.8--
Togba-Nah Tipoteh - Alliansie vir Vrede en Demokrasie22,7662.3--
William V.S. Tubman, Jr. - Hervormde Verenigde Liberië Party15,1151.6--
John Morlu - Verenigde Demokratiese Alliansie12,0681.2--
Nathaniel Barnes - Liberian Destiny Party9,3251.0--
Margaret Tor-Thompson - Vryheid Alliansie Party van Liberië8,4180.9--
Joseph Woah-Tee - Arbeidersparty van Liberië5,9480.6--
Sekou Conneh - Progressiewe Demokratiese Party5,4990.6--
David Farhat - Vrye Demokratiese Party4,4970.5--
George Klay Kieh - Nuwe Ooreenkomsbeweging4,4760.5--
Armah Jallah - Nasionale Party van Liberië3,8370.4--
Robert Kpoto - Unie van Liberiese Demokrate3,8250.4--
George Kiadii - Nasionale Visie Party van Liberië3,6460.4--
Samuel Raymond Divine3,1880.3--
Alfred Reeves - Nasionale Reformasie Party3,1560.3--
Aantal Geldige Stemme973,790805,572
Ongeldige/Leë Stemme38,88320,144
Totale Stemme1,012,673825,716
Aantal kiesers (1,352,730 geregistreerde kiesers)74.9%61.0%

Posisies bekleewysig

  • 19721973: Assistent Minister van Finansies vir die Regering van Liberië
  • 1980 – c. 1985: Minister van Finansies vir die Regering van Liberië
  • 19821985: Adjunkpresident van die Afrika Streekskantoor van Citibank, Nairobi
  • 19861992: Adjunkpresident en lid van die Uitvoerende raad van Equator Bank, Washington, D.C.
  • 1992 – 1997: Direkteur van die VN Ontwikkelingsprogram Streeksburo vir Afrika
  • 1997: Standaardlid van die Eenheidsparty
  • 20042005: Voorsitter van die Kommissie vir goeie regering (Liberië)
  • 2005: Standaardlid van die Eenheidsparty; kandidaat vir President

Sirleaf was ook:

  • 'n Stigterslid van die "International Institute for Women in Political Leadership"
  • 'n Lid van die Adviseurende Raad van "Modern Africa Growth and Investment Company"
  • 'n Lid van die Finansieskomitee van "Modern Africa Fund Managers"
  • President van die "Liberian Bank for Development and Investment"
  • President van "Kormah Development and Investment Corporation"
  • Senior Leuningsbeampte vir die Wêreldbank
  • Adjunkpresident van Citibank

Publikasieswysig

  • From Disaster to Development (1991)
  • The Outlook for Commercial Bank Lending to Sub-Saharan Africa (1992)

Toekenningswysig

  • Ontvanger van die 1988 Franklin Delano Roosevelt Vryheid van Spraak Toekenning
  • Ralph Bunche Internasionale Leierskapstoekenning
  • Grand Commander Star of Africa Redemption of Liberia
  • Commandeur de l'Ordre du Togo (Commander of the Order of Togo)
  • Nobelprys vir Vrede in 2011

Verwysingswysig

  1. "The Nobel Peace Prize 2011" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.
  2. "Liberia: What Kills James Sirleaf?" (in Engels). All Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2021. Besoek op 25-12-2021. {{cite web}}: Gaan datum na in: |access-date= (hulp)CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)

Eksterne skakelswysig

Voorafgegaan deur
Gyude Bryant
President van Liberië
2005–2018
Opgevolg deur
George Weah
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladKategorie:Artikels met LCCN-identifiseerdersKategorie:Artikels met BNC-identifiseerdersKategorie:Artikels met MusicBrainz area-identifiseerdersKategorie:Artikels met CINII-identifiseerdersKategorie:Artikels met NKC-identifiseerdersKategorie:Artikels met Trove-identifiseerdersKategorie:Artikels met GND-identifiseerdersSpesiaal:Onlangse wysigingsKategorie:Artikels met BNE-identifiseerdersPaasfeesPornhubCarles PuigdemontAngkor WatRob HersovAfrikaansGrieksArmeniëJapanWestdenedam-rampDuitslandModule:ArgumentsRuslandGoogle MapsGoeie VrydagBaike: GebruikersportaalSeksposisieBaike: GeselshoekieSwangerskapSkildklierNieu-SeelandVerenigde KoninkrykSuid-AfrikaSeksAgorafobieGordelroosWiki BaikeT20I-wêreldbeker 2014Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaike: OmtrentFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022Baike: Nuus vir gebruikersCiceroKanadaBaike: HulpJaarKantons van SwitserlandVergelykings (taalkunde)NierversakingMesopotamiëHidroponikaBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse musikanteKolorektale kankerBloeddrukWit-DonderdagGalblaasGianna MichaelsOnderhandelinge om apartheid te beëindigBreinvliesontstekingMenstruasieBulgaryeMadison IvyGebruikerbespreking:RooiratelTrappe van vergelykingOekraïneSeksuele penetrasieAnrich HerbstPlae van EgipteCleopatra VIIMaagsweerJavaScriptBaike: Welkom nuwelingeHartversakingBernice WestHuisgenoot: Ware LewensdramasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)LewerCarike KeuzenkampAngina pectorisLêer:Flag of India.svgBorskankerGoogle TranslateIslamVolksrepubliek ChinaDuitse nasionale rugbyspanIndonesiëWarmlugballonPlanete in astrologieDikdermMenslike seksuele gedragFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHemelvaartsdagHartKolitisPtolemeusMaroela Media